Die uittog uit Suid-Afrika is nie net blankes wat vlug nie, soos die hoofstroommedia wil hê mense moet glo. Selfs nie-blanke liberale soos die Vise-kanselier van die Universiteit van Witwatersrand, Adam Habib, het sy bedanking uit Wits aangekondig, en gesê hy verlaat ook Suid-Afrika om hulle in Engeland te gaan vestig, waar hy sonder sy BEE kruk oor die weg sal moet kom.
Van die redes wat hy genoem het, is die skokkende ervarings wat hy moes deurmaak van ouers van studente wat “aanbied om iets vir hom te doen” as hy hul kinders in die mediese skool laat opgeneem word, en vir hulle sorg na hul kind opgeneem is.
Hy het ook gewaarsku dat die wetteloosheid hom ongemaklik gemaak het, en dat linkse ekstremiste sowel as konserwatiewe elemente hom vernietig, hoewel ons nie seker is watter “regse” elemente die universiteite ontwrig het nie?
Hy sê die was slegs enkele voorbeelde van die ervarings wat hy by Wits gehad het, en in sy sewe jaar diens aan die universiteit moes hy dikwels baie onaangename sake in ag neem. Dit is nie verbasend nie, aangesien die universiteite heenkome geword het vir burgerlike onrus en gewelddadige politisering deur marxistiese en ver linkse elemente in die samelewing.
Hy sê egter die span onder hom het sterk gestaan en nie voldoen aan die vele versoeke en eise wat hulle ontvang het nie, en dat hulle eerder die integriteit van die universiteit verdedig het.
Soos gewoonlik is dit nie nuut vir liberale om uit ‘n land te vlug sodra hul liberalisme dit vernietig het nie. Baie swart Suid-Afrikaners eis ook asiel in die Weste, nadat hulle SA effektief vernietig het.
Lees ook: Nuwe statistieke wys dat Suid-Afrikaners na Nieu-Seeland as vlugtelinge probeer emigreer