Posted on Leave a comment

Wanneer Korrupsie Dodelik Word! PRASA Stuur Op Treinongeluk Af Sonder Remstelle in Voorraad! Suid-Afrika Word ‘n Treinramp!

#TheAfricanWay – Is jy seker dat jy op daardie trein wil klim? Die bestuur by PRASA het al die geld geplunder, selfs vir treinremme, en skarrel nou rond in ou dromme op soek na ou tweedehandse onderdele om te gebruik!

‘n Amptelike inspeksie deur die Spoorveiligheidsreguleerder (Rail Safety Regulator RSR) by die Braamfontein-onderhoudsperseel van PRASA, het bevind dat hulle nie ‘n enkele treinremstel in voorraad het nie, en dat dit nie verslete remonderdele op PRASA-treine kan vervang nie. Hierdie bevinding deur die spoorveiligheidsreguleerder is amptelik aan Prasa gekommunikeer in ‘n brief wat op 22 Januarie aan hulle gerig is.

Prasa is beveel om aan die RSR ‘n bewys te lewer dat hy van plan is om die tekort aan remblokstelle op te los, en Prasa is ook beveel om versekering en bewys te lewer dat alle remblokke in treine veilig kan werk. Dit is baie twyfelagtig dat Prasa hieraan sal voldoen, omdat daar wyd berig is dat Prasa heeltemal bankrot is met ‘n leë bankrekening.

Luidens die brief moes PRASA by Dinsdag, 4 Februarie, voldoen het aan die eisbrief van die RSR. Die DA het intussen ook inligting ontvang dat Prasa-werktuigkundiges in ou dromme rondkrap vir remstelle om verslete remstelle in treine te vervang. Chris Hunsinger van die DA, het gesê dat die gebruik van tweedehandse onderdele ‘n werklike bedreiging vir pendelaars inhou, wat Prasa-dienste gebruik. Die DA wil hê Prasa moet in die openbaar ‘n plan aankondig om genoeg remstelle vir sy treine aan te skaf.

PRASA Website

Die webwerf van PRASA dui aan dat daar geen beheerraad is nie
Geen senior bestuur benoem nie. Hulle het geplunder, geplunder en skip gespring!

 

Lees ook: ANC-beheerde entiteit, Prasa onder administrasie geplaas – SAL, PRASA en wie is volgende?


 

Posted on Leave a comment

Slagpale in Pretoria gesluit ná bakterie in vleismonsters gevind word

Slagpale in Pretoria gesluit ná bakterie in vleismonsters gevind word

Die Gautengse department van Gesondheid het ‘n slagpale in Pretoria gesluit na vleismonsters van dié slagpale positief getoets het vir die Listeriose bakterie. Die slagpale mag nie enige produkte verkoop tot hulle aan die vereistes van die departement voldoen nie. Dit sluit in dat die bron van die organisme bepaal word, ontsmetting van die perseel plaasvind en monsters van die werksoppervlaktes en water voor en na ontsmetting gedoen word.

Vroeër vanjaar het die Nasionale Departement van Gesondheid ‘n uitbraak van Listeriose aangekondig na ten minste 365 gevalle van dié toestand en 28 sterfgevalle aangemeld is.

Die departement van Gesondheid het die afgelope tyd hard gewerk om die bron van die uitbraak vas te stel. Na ‘n pasiënt onlangs met die toestand gediagnoseer is, kon die department die bron van die besmette vleis na die betrokke slagpale in Pretoria naspoor.

Die Gautengse Department van Gesondheid het ook monsters ook aan die “National Institute for communicalble Diseases (NICD)” gestuur vir verdere ontleding en analise.

Die department het ook inwoners van Pretoria gevra om hul volle samewerking vir amptenare van die department terwyl verdere ondersoeke in die gemeenskapps gedoen word.

Lees meer hieronder oor Listeriose

Wat is Listeriose?
Listeriose is ‘n ernstige en potensieël dodelike infeksie wat deur die Listeria bakterie veroorsaak word. Hierdie bakterie word veral gevind in grond en besmette water, pluimvee en kudde diere en kan dus daarom in ongepasteuriseerde melk en vleisprodukte voorkom. Dit kan ook deur rou groente en vrugte wat besmet is versprei word.
Die infeksie het tipies gastro-intestinale klagtes soos naarheid, braking, diarree, buikpyn. Dit kan ook “griep-agtige” simptome soos lyfseer en koors veroorsaak.

Is dit gevaarlik?
Listeria infeksie is potensieël dodelik in ouer mense en jong kinders en babas, mense met ingekorte immuunsisteme (soos byvoorbeeld HIV positiewe mense) en swanger vroue. In die meeste gesonde mense is listeria infeksie self beperkend en is daar geen ernstige komplikasies nie behalwe vir ongemak en glad nie lekker voel nie. Dít gesê, moet die toestand nie ligtelik opgeneem word nie! As jy wel simptome ervaar, is dit belangrik om tóg ondersoek te word aangesien die infeksie vinnig kan versprei en ernstige gevolge kan hê.

Waarvoor moet jy op die uitkyk wees?
Simptome kan vinnig ontstaan – binne 9 tot 48 uur na infeksie, maar dit kan selfs tot 30 dae neem voor simptome verskyn. Tipies is die volgende teenwoordig: koors, diarree, naarheid en braking, buikongemak,erge lyfseer. Kyk ook uit vir nekstyfheid en verwarring. Baie mense kan selfs die simptome met lugweginfeksie simptome verwar.

Hoe word dit gediagnoseer?
Indien jou dokter ‘n sterk vermoede het dat jy moontlik listeria-infeksie kan hê, sal hy/sy sekere bloedtoetse aanvra om vir die teenwoordigheid van die organisme te soek, en om dit te bevestig.
(Let wel, hierdie toetse word nie gewoonlik roetine-weg aangevra nie.)

Kan dit behandel word?
In die meeste gevalle is die toestand self-beperkend en is slegs ondersteunende behandeling nodig. Genoegsame vloeistofinname, en kosse soos brood, rys, piesang en appels kan die diarree onder beheer hou. Behandeling sal deur jou dokter begin word indien dit nodig is. In meer ernstige gevalle, swanger vroue, ouer mense en kinders asook mense wat moontlik komplikasies van die infeksie het, word antibiotika gebruik om die infeksie te behandel. Onthou, as jy simptome ervaar is dit belangrik dat jou dokter jou ondersoek.

Hoekom is dit gevaarlik?
Listeria infeksie kan ernstige nagevolge soos breinvliesontsteking, hartspierinfeksie, septisemie (ernstige bloedstroom infeksie) hê. In swanger vroue kan dit voortydse kraam en selfs miskrame veroorsaak. Met erge diarree kan ontwatering volg. Veral kinders ontwater vinnnig. Dit is daarom belangrik om notisie te neem van simptome en vroegtydig daarna te laat kyk.

Is daar iets wat mens kan doen om dit te voorkom?
Goeie higiëne is altyd die beste begin punt- veral handwas. Kook alle voedsels deeglik, en was alle groente en vrugte behoorlik af voor jy dit eet. Gebruik gepasteuriseerde produkte. Hou gaar en rou vleise in verskillende houers en maak seker voedsel en water kom van betroubare bronne.

Dit is belangrik om vroegtydig op te tree as jy moontlike infeksie vermoed. Hou veral kinders dop. As jy twyfel, besoek jou dokter of naaste hospitaal. Dit is ook belangrik om te onthou dat, al het jy baie van of al die simptome, dit nie noodwendig Listeriose is nie! Daarom is dit belangrik om jou dokter te besoek as jy siek voel.

Hierdie inligting is slegs vir opvoedkundige doeleindes en moet glad nie gebruik word om self-diagnose te maak nie. Besoek jou dokter vir diagnose en raad.


Posted on Leave a comment

Pretoria hijacking hotspots identified

Pretoria hijacking hotspots identified

With people getting ready for the upcoming holiday season, it is natural to be slightly more relaxed at this time of the year.

Relaxation mode, however, might be the worst thing to do while behind the wheel during the holiday and festive season.

Hijackings, common as they are, tend to happen more frequently during the festive season.

Motorists in and around the city are required to be more vigilant at all times to avoid becoming a statistic.

It is also advisable for motorists to familiarise themselves with hijacking hotspots.

Compiled by the SAPS, various tracking companies and the South African crime intelligence bureau, Pro-ActiveSA made an all-in-one list of hijacking hotspot areas.

Pro-ActiveSA said: “It will provide the reader with a visual overview of areas to be most aware of.”

Areas and streets prone to hijacking occurrences include:

– Es’kia Mphahlele Drive

– Paul Kruger Street

– R55

– Burnett Street

– Delfi Avenue and Garsfontein Road

– Stormvoel Road traffic lights

– Watermeyer Street traffic lights

– Nelson Mandela Drive

– Simon Vermooten Road and Lynnwood Road

– Lynnwood Road and Solomon Mahlangu Drive

– Justice Mahomed Street (Walker Street)

– Duncan Street

– Lynnwood Road and University Road

– Rigel Avenue and N1 off-ramp

– Pretoria Street and Simon Vermooten Road

– Simon Vermooten Road and Furrow Road

– Lynnwood Road and N1 off-ramp

– Solomon Mahlangu Drive and N4 off-ramp

– Solomon Mahlangu and R21 highway

– Atterbury Road and N1 off-ramp

– Pretorius Street traffic lights

– Francis Baard Street and Festival Street

Hereby we at SA-News give recognition to the author of this article Keitumetse Maako from Pretoria East Rekord.


 

Posted on Leave a comment

Elektriese heinings: Hoe veilig is hulle werklik?

Meeste mense steun swaar op hul elektriese heinings vir veiligheid en vertrou dit blindelings as ‘n “ondeurdringbare” linie, en met reg ook so. Maar hierdie spesifieke item is telkemale, weens verskeie faktore ter sprake, nie aangewese om goeie beskerming te bied teen huisbewoners nie! Mense moet hulle dus nie blindstaar teen ‘n elektriese heining vir “totale” beskerming nie en dit net in samewerking met ander items inspan as toegangsbeheermiddel teen betreders en inbrekers. Hier is ‘n paar redes daarvoor en wenke daaromtrent:

  1. Elektriese heinings is ‘n taamlike duur item om aan te skaf (en ook in stand te hou)
  2. Elektriese heinings verg baie instandhouding en sorg, veral as dit aanvanklik swak ge-installeer is. Bossies, takke en blare wat daarmee kontak maak, affekteer die werking daarvan negatief
  3. Hierdie goed word meestal ondergeskik ge-installeer deur onbevoegde werkers met min Tegniese kennis, ondervinding of opleiding tot hul beskikking
  4. Dieselfde met ‘doen-dit-self’ stelsels: Heel goeie produkte, maar die installasie deur Jan-Alleman met talle foute in, laat dit gevolglik oop vir eindelose wanwerkings/falings en/of maklike sabotasie of oorkom-taktieke deur kriminele
  5. Maklike oorkom-tegnieke, sluit in rubbermatjies of komberse, en ook die oorskuif van rubber- of plastiek tuinslang om die kontakalarm te omseil en oor te klim. Ook tou en selfs skoenveters om parte in die stelsel af te trek of af te buig en openinge te laat waardeur/waaroor hulle dan klim
  6. Swak installasies lei tot talle probleme en vals alarms en eienaars raak naderhand moeg daarvoor en skakel die hele ding af!
  7. Beurtkrag dreineer die battery/e en beskadig dit sodoende (‘deep-cycling’) waarvoor dit nie ontwerp is nie. Foutiewe batterye lei tot probleme, vals alarms en eindelose “fout”-kondisies op die paneel/sleutelbord
  8. Dit raak nou algemeen (en hoog-mode) binne “Sekuriteitskomplekse” dat die hekwagte/nagwagte die Sirene van heinings afskakel/isoleer sodat hul kriminele vriende kan oorklim en misdaad, gewoonlik gewapende rooftogte, kan pleeg!
  9. Gebruik maatskappye met bewese getuigskrifte en personeel met goeie, praktiese ondervinding, om jou installasie vir jou te doen. Onthou: Groot Maatskappye met “flashy” advertensies is nie noodwendig die beste/regte ene nie!
  10. Elektriese heinings moet ALMAL aan een of ander alarm-sirene gekoppel word om huisbewoners onmiddelik te waarsku! Geen uitsonderings is aanvaarbaar nie! Ideale stelsels is waar dit ook aan jou Reaksiemaatskappy geskakel word, of selfs ‘n SMS-Kommunikator eenheid wat jou vroegtydige waarskuwing kan gee wanneer jy uitstedig is
  11. Gebruik ALTYD jou elektriese heining in samewerking met goed soos lemmetjiesdraad, buite-beams en CCTV-kameras
  12. Hou areas onder die heining skoon van gras/bossies (sien foto) en enige nabygeleë struike/bome gereeld gesnoei om enige “aard”-foute, alarms en/of skade aan die stelsel te vermy
  13. Inspekteer stelsels weekliks vir algemene foute/probleme en ondersoek diesulke heinings deeglik op ‘n 3-maandelikse grondslag vir los hegstukke (“brackets”), stukkende isolators, drade wat begin slap hang, gekorrodeerde of los elektriese konnektors, enige moontlike aardfoute, reën, stof en insekskade, effektiewe batterywerking, ens, ens, ens…

Opsomming: Elektriese heinings is uiters nodig in die stryd teen misdaad, maar moet reg ge-installeer en ook goed onderhou word om hoogs effektief te kan werk. Ongelukkig is dit ‘n taamlike aanvanklike uitgawe, en het ook maandelikse kostes, maar kan en sal genoegsame beskerming verleen indien dit aan bostaande vereistes voldoen.

p1 p2 p3 p4 p5 p6

 


Posted on Leave a comment

Wenke om jou woning te beveilig teen indringers

Die grensmure, omheining en hekke rondom ʼn huis bied ʼn versperring teen ongewenste besoekers en inbrake.  Hieronder is ʼn paar doeltreffende wenke om jou huis se versperrings na te gaan en in stand te hou.

Wenke om jou woning te beveilig teen indringers

Ondersoek die omheining

Spuit die aluminiumheining elke jaar af en vee dit skoon af met ʼn lap.
Laat enige swak of stukkende plekke in die heining herstel, want dit is ʼn sagte teiken vir indringers.
Heinings en hekke is ook die ideale habitat vir bye en perdebye om nes te maak. Termiete vernietig houtheinings, maak dit moeilik om heinings te herstel en hou ʼn bedreiging vir ʼn huis in. Kry professionele hulp om alle swerms en neste uit heinings en hekke te verwyder. Wend insekdoder op die grond onder die heining aan om infestering te voorkom.

Ondersoek die mure

Soek sagte plekke in die mure. Dit kan die gevolg van waterlekplekke of vogtigheid wees en kan die mure laat bars. Kry professionele advies as dit lyk of daar waterskade in die mure kan wees.
Kyk of mure oorhel – dit kan op gevaarlike strukturele gebreke dui. Ontbrekende dagha en stene kan ook ʼn aanduiding van strukturele gebreke wees. Kry professionele hulp om sulke gebreke te herstel.
Plakpapier en verf wat afdop, kan die pleister van ʼn muur beskadig. Vervang die plakpapier of verf die muur weer om seker te maak die pleister bly in ʼn goeie toestand.

Ondersoek die hekke

Maak seker dat alle sluittoestelle aan die hek behoorlik werk en dat daar nie daarmee gepeuter is nie. Moenie toegang tot hierdie hekke verleen aan enigiemand wat dit nie regtig nodig het nie.
Maak seker die skarniere aan die hekke is behoorlik geolie en in goeie werkende toestand.
Maak seker daar is geen obstruksies wat voorkom dat die hek oop- of toemaak nie.

Ondersoek elektriese heinings

Oppas vir bome of ander plante wat aan die elektriese heining raak. Indringers kan dit gebruik om oor die heining te klim.
Ondersoek die heining vir swak of stukkende plekke en vir enige soort toestel aan die heining wat jy nie voorheen daar gesien het nie.
Toets die funksionering en aktivering van die alarm elke maand.
Maak seker die heining het die korrekte elektriese spanning en werk soos dit hoort. As daar nie ʼn elektriese stroom is nie, is dit maklik om deur die elektriese heining te kom.
ʼn Instandhoudingsplan vir ʼn elektriese heining is redelik bekostigbaar en sal verseker dat die heining in goeie werkende toestand is. Professionele persone sal elke jaar sorg vir instandhouding, herstelwerk en toetsing van die heining.

Voldoening van elektriese heinings

Enige nuwe, opgegradeerde of herstelde elektriese heining en enige instandhouding en herstel van bestaande elektriese heinings moet voldoen aan die nuwe wetgewing oor elektriese heinings wat op 1 Oktober 2012 in werking getree het.
Dit moet gesertifiseer word met ʼn Electric Fence System Certificate of Compliance (EFC). Dit is soortgelyk aan die Electrical Certificate of Compliance (ECOC) wat die veiligheid van elektriese installasies in huise verifieer.
Vir alle eiendomme wat na 1 Oktober 2012 oorgedra word en met ʼn elektriese grensveiligheidsheining omhein is, moet ʼn EFC en ’n toetssertifikaat wat hoogstens twee jaar oud is, verskaf word.
ʼn EFC moet uitgereik word deur ʼn geakkrediteerde elektrisiën wat by die Departement van Arbeid geregistreer is.
Bestaande stelsels, sonder ʼn EFC, moet herinspekteer en opgegradeer word as dit nie aan die vereistes voldoen nie, of anders moet dit verwyder word.

Bron:  Solidariteit


Posted on Leave a comment

Crucial tips to improve safety when residing on a farm

Security advisor Henk Boshoff says that farmers should avoid becoming soft targets for potential farm attackers. He spoke to Gerhard Uys about making a farm and its surrounding communities safer.

Crucial tips to improve safety when residing on

In South Africa, being a farmer is more than twice as dangerous as being a police officer, and a farmer or farmworker is almost four times more likely to be murdered than the average South African.

Henk Boshoff, who lives on a farm near Standerton, Mpumalanga, and his partner Mark Wilson, who works from the Strand in the Western Cape, are partners in a security company, Community Assets Tactical Security (CATS).

They advise farmers on how to approach farm and community security, and put them in contact with those who can implement security infrastructure at the best prices.

The area in which Henk lives was known for high crime rates, but after the community organised itself, this rate dropped drastically.

“Farmers and farming communities are soft targets. They must become hard targets. To achieve this, the entire community must be involved,” he stresses.

A criminal’s primary advantage is the element of surprise, and this needs to be taken away. To achieve this, Henk suggests creating circles of defence that extend from the farmhouse to the community. The house, yard, farm, neighbours, community and communication structures such as radios and WhatsApp groups all have to be considered and systematically addressed.

“But the first thing that needs to change is one’s mindset,” says Henk.

Four mental states of preparedness

He explains that there are four mental phases to being prepared: green, yellow, orange and red. In the ‘green’ mindset, you are relaxed and calm, as nothing is likely to go wrong. Yellow is being aware of what’s happening in the immediate environment. Orange is expecting something to happen. And red is when an incident is occurring. As a farmer, you should always be in the orange state, and keep your eyes open.

Orange is expecting something to happen. And red is when an incident is occurring. As a farmer, you should always be in the orange state, and keep your eyes open.

“Be aware of your surroundings when you enter or exit a premises,” says Henk. Unfortunately, this is the new reality that rural dwellers have to accept. “Farmers often think that an attack may happen to their neighbour’s farm, but not on their own.”

The stereotypical roles of men and women should also be done away with, he adds. Women on farms should not see security as solely men’s responsibility.

Make the home your first priority, stresses Henk; 70% of farm attacks take place here. If you cannot secure the entire house, at least secure the sleeping quarters.

Kobus Visser of the Agri SA policy committee on rural safety agrees. A sturdy security gate that separates the living area from bedrooms is a must, he says. Criminals often break in at a point far away from the bedroom area, and a security gate will give you time to protect yourself or activate a panic button.

Keep a small dog inside the house to act as an alarm, suggests Henk, and keep your larger dogs indoors at night or if you go out. Dogs that are kept outside can easily be poisoned. If this happens, a farm attack is likely to be imminent.

The next ‘circle’ is perimeter security. Install movement-activated lights that shine outwards from the house. “If you hear something outside, keep lights inside switched off, as you can then see movement outside, but someone outside can’t see inside,” explains Henk.

Sound the alarm and stay inside

A Bonnox fence is just as strong as the cheapest wire cutter, he adds. Equally, an electric fence is only effective if it’s connected to an alarm system. An alarm that makes a noise “gives home dwellers a chance to react and means that criminals are unsure of what’s waiting for them. No criminal wants to be caught,” says Kobus.

He also emphasises that all security gates should be kept locked. “We often arrive on farms to find all doors and windows open.”

Never go outside if you suspect there are intruders on your property. “Contact your neighbours and the police, and ask those who are trained to come and determine if there’s reason for concern,” says Henk.

It’s also important that those who respond to such calls should not become impatient or ill-tempered if the ‘emergency’ turns out to be a false alarm, he adds.

The next ‘circle’ involves the community. Develop a good relationship with your neighbours, Henk urges, and schedule training days with them.

“Decide beforehand what you would do in an emergency. Start with your immediate neighbours and make the circle bigger from there,” he suggests.

Every member of the team should have a set responsibility. “Someone who blocks roads, a first-aider, a small group trained to enter the farm premises, and so on.”

If neighbours see strangers in the area, especially those who ask questions, they should report it.

A good relationship with farmworkers is integral to good security. “Tell workers and community members there’s a reward for those who help stop theft or attacks,” says Henk. Reassure them that an informant’s identity will stay secret, and keep your word: pay a reward when it’s due.

Technology is playing an increasing role in preventing crime, and WhatsApp groups should form an integral part of security as communication is key in an emergency. “You can reach an entire community in one message,” Henk points out.

He adds that every farm security team should have a drone with on-board camera. This would enable members to enter an area after or during an attack without necessarily endangering themselves or others.

Building up a good rapport with the police
Another must is a relationship of trust with the SAPS. If police officers know you, they will be more likely to come to your assistance faster, says Henk. Invite officers to farmer’s days and gatherings, but do not confront police about issues at such gatherings. Rather ask their advice on crime-related matters.

Projects such as the White/Blue Light initiatives in the Free State, where police and the public work together, are very effective, he adds.

Firearms: be sensible

Turning to the issue of guns, Henk says that although people sometimes get uneasy broaching this subject, firearms play an important role in self-defence for those living in remote rural areas.

“The modern criminal has changed and is often a proficient shot,” says Henk. “In many cases, the police have lost gunfights with criminals.

“And one has to remember that a violent criminal does not have the same moral code as the average person on the street. They take their ‘work’ seriously.”

His advice? Wear your handgun out of sight; no one should be aware that you own one. And if you are ever unfortunate enough to be in a situation where you have no other choice but to shoot an attacker in self-defence, you will face criminal charges.

“Let your lawyer handle any affidavit that you need to write. You will also appear in court and the state prosecutor will decide whether the case will be prosecuted or not.

“Know that you need to ask yourself what a reasonable person would have done in such a situation. That’s what the law looks at,” says Henk.

Source: Farmers Weekly


Posted on Leave a comment

Pretend to be a skelm and secure your home against burglars

According to the UK’s Home Office Statistics, home owners are twice as likely to be burgled within 12 months of moving homes.

“In South Africa, it is more than likely that this is true as home owners are unfamiliar with the ‘weak’ spots in their home security,” says Mary-Jane Lefevre; call centre manager at ooba (formerly MortgageSA).

Pretend to be a skelm; and secure your home against burglars

“Safety will always be a priority in South Africa,” says Lefevre. “Securing your home should be one of the first things you do when you move into a new home.”

When moving into a new home ‘act like a skelm’ suggests Lefevre.

“Carefully case out your new home as a potential target,” says Lefevre. “Try all the access points such as gates, windows, doors and even the roof to see if there are any potential entries.”

The most valuable asset a burglar has is time, so any preventative measure installed to delay his entrance is beneficial.

“Tidy up your garden,” says Lefevre. “Having a tidy, trim garden will make it more difficult for anyone to hide effectively.”

Home owners can also consider using solar lights to light up garden dark spots.

“These are cheap, and don’t run off electricity,” says Lefevre. “Bright sensor lights can also light up large areas if they detect movement.”

Anything that makes a noise is advantageous. Install a good sensor alarm and test it regularly and have it linked to a

Outside beams and electric fences are also effective security measures. However check with your security company what will happen in the event of load shedding. Burglars can take advantage of load shedding times as these are published in advance in the press.

“Go and meet the new neighbours,” suggests Lefevre. “Offer to watch their place in return for them keeping an eye on yours and report any suspicious activity. It may also be an idea to motivate a security guard for your street; if everyone participates it need not be a costly exercise.”

It is very important to not only secure your home but also be aware of your surroundings when entering and leaving your home.

“Home owners should be aware that many of these burglaries are opportunistic,” comments Lefevre. “Although you may be relaxing at home always ensure that the entrances are secured, never open the door without checking the person’s identity first and don’t take it for granted that the person at the door is who they say they are.”

Even if your door has a safety chain on it, don’t open it if you are not sure of who is there. It is very easy to use force to open a door that is on a safety chain.”

Ensure that you check with the previous owners if there are keys which may be with other parties,” suggests Lefevre. “Better still, change the locks, this way you can be sure that no one else has the keys and always keep your car and house keys with you in your bedroom at night.”

Having a secure home will not only protect you and your family but will also add value to your home. South Africans are security conscious and a property that appears to be unsecure will immediately be perceived as less valuable.

“One of the first questions potential buyers ask is ‘is the property secure’.” Prevention is vital in the fight against crime,” says Lefevre. “Securing your home is crucial for your own peace of mind and the future safety of you and your family.”


 

Posted on Leave a comment

WEES WAKKER, WEES PARAAT, WEES REG: DIE KORT EN DIE LANK VAN PLAASVEILIGHEID

Plaasveiligheid is jou eie verantwoordelikheid en geen beskermingsmaatreëls is ‘n waarborg dat jy nie ‘n slagoffer van ‘n ernstige geweldsmisdaad sal word nie. Maak seker dat jy ‘n plan het van wat om te doen as daar ‘n insident op jou plaas sou wees, ‘n onwettige grondbesetting of betreding sou plaasvind of as daar dalk enige ander wetsoortreding op jou plaas sou wees – soos byvoorbeeld die jag van wild met honde.

WEES WAKKER, WEES PARAAT, WEES REG: DIE KORT EN DIE LANK VAN PLAASVEILIGHEID

Beskermingsmaatreëls gaan jou nie vrywaar van ‘n insident nie, maar gaan die booswigte vertraag en jou waarsku om jouself voor te berei op dit wat kan volg.

Wees ten alle tye waaksaam en paraat. As daar iets is wat nie reg lyk nie of uit plek is, dan is daar gewoonlik fout. Wees op die uitkyk.
Besin oor hoe jy gaan optree indien jy ‘n slagoffer van ‘n ernstige geweldsmisdaad sou word. Gaan jy vries, weghardloop of terugslaan? Oefen om kalm te bly, die situasie reg te lees en die regte optrede dienooreenkomstig te neem. Wees kreatief om die booswigte uit te oorlê. Verstaan ook hoe ‘n booswig behoort op te tree.
Moenie probeer braaf wees nie – kry hulp.

Begin weer omgee vir mekaar en veral vir die mense rondom jou. Kom in ‘n roetine om veral jou bure op ‘n sekere tyd te kontak. As daar nie antwoord is nie, maak dadelik werk daarvan om uit te vind of alles reg is. Indien jy weggaan, stel jou vriende en bure in kennis en vra dat hulle ‘n oog oor jou belange sal hou. Net so moet jy ook weer jou bure en vriende help as hulle weg is.

Jou naaste bure is vir jou ‘n bate en kan help dat jy oorleef as daar probleme ontstaan. Sorg dat jy hulle ken en dat hulle jou familie, huis- en tuinwerkers ook ken. As die bure jou werf en huisopset ken, sal dit help as hulp benodig word. Sorg dat die bure se telefoonnommer op jou selfoon is en dat daar dalk ‘n WhatsApp-groep is waar baie mense vinnig gekontak kan word. As daar snelskakels op jou foon is, maak seker oor die volgorde van die nommers. Die eerste nommer wat jy bel, moet kan reageer as daar probleme is.

Jou eie plaaswerkers kan jou ook van baie inligting voorsien. Behou goeie betrekkinge met hulle en sorg dat jy luister as hulle praat. Sorg ook dat hulle weet hulle kan op jou staatmaak as daar probleme by hulle is, maar netso moet jy seker wees dat hulle jou sal kom help as jy in die moeilikheid is. Maak seker dat die arbeiders jou sal inlig as daar verdagte mense op die plaas of in die omgewing rondbeweeg.

Indien vreemdelinge sonder afspraak opdaag, moet daar ‘n protokol in plek wees oor hoe die mense hanteer moet word. Sorg dat die res van die familie en die huis- en tuinwerkers ook weet hoe hulle hanteer moet word.

Moet nooit vir enige vreemdelinge sommer die hek of deure oopmaak nie. Sonder dat die nodige identifikasie vertoon word en sonder dat die identifikasie geverifieer is, moet daar nie vir die mense toegang tot die perseel of huis gegee word nie. Soveel te meer nie saans nie. Daar is soms instansies wat jou ongenooid besoek, soos byvoorbeeld Eskom. Weet hoe om hulle te identifiseer en te hanteer. Maak seker dat hulle voertuie reg gemerk is en gaan verseker hul identifikasiedokumente na. Probeer so ver as moontlik sorg dat besoekers ‘n afspraak maak voor hulle jou kom besoek.

Indien daar aksieplanne in plek is, moet dit op ‘n gereelde basis geoefen word. Laat die bure weet wat gedoen gaan word en oefen ook saam met die gemeenskap om die oorhoofse veiligheidsplan glad te kan laat werk. Oefen ook om jou skietkuns en selfverdediging in plek te hou.

Moenie net uitgaan as die honde begin blaf nie. Kyk eers by die vensters uit – miskien wag die booswigte vir jou buite die deur. Net so ook as iemand klop. Kyk eers deur die loergaatjie en hou die veiligheidsdeur gesluit as die deur oopgemaak word.
Daar behoort aan die volgende aandag gegee te word om jou eie veiligheid te verseker:

Met goeie en betroubare inligting kan en kon baie ernstige  voorkom word. As daar verdagte persone of voertuie opgemerk word, lig die omgewing en veral die Polisie in en hou rekord van hul bewegings. Weet hoe om verdagtes te benader. Onthou hulle kan gewapen wees en wil dalk iemand leed aandoen. Gebruik die tegnologie tot jou beskikking en neem foto’s van hulle en van die voertuie.
Probeer om jou huis en belangrike punte met ‘n goeie heining te omring. Vir sigbaarheid is ‘n heining beter as ‘n muur. Die heining hoef nie noodwendig geëlektrifiseerd te wees nie, maar moet jou eie honde binne hou.

Diere is ‘n goeie afskrikmiddel en kan jou vroegtydig waarsku. Dink aan honde binne die huis, asook honde wat buite bly. Onthou ook dat honde oud word en met ouderdom neem hul effektiwiteit af. ‘n Kombinasie van beide honde en ganse is ‘n goeie metode om jou vroegtydig te waarsku.

WEES WAKKER, WEES PARAAT, WEES REG: DIE KORT EN DIE LANK VAN PLAASVEILIGHEID
Die hekke in die heining moet ten alle tye gesluit bly. Maak ook seker dat jy nie jou lewe in gevaar stel deur die hek oop te maak of te sluit nie. ‘n Sekuriteitskamera by die hek en ‘n elektriese hek sal baie help om jou te beveilig.
Digte bosse is ‘n goeie plek waar booswigte kan wegkruip. Sorg dat daar nie sulke plekke is nie en let veral daarvoor op in die tuin. Maak ook seker dat die area rondom die hekke, plaasafdraaie en T-aansluitings oop en skoon gesny is, sodat daar nie wegkruipplek is nie.

Maak seker dat die alarmstelsel en veiligheidsligte in ‘n werkende toestand is. Maak seker dat die veiligheidsligte weg van die huis af in die oë van die booswigte sal skyn. Sodoende sal dit vir die booswigte moeilik wees om te sien wat in die huis aan die gang is.
By die huis en kantoor se deure moet daar altyd veiligheidshekke wees en die hekke moet gesluit bly. Oorweeg die aanbring van toeslaanslotte om die hek mee te sluit. Vensters moet ook deur effektiewe diefwering beskerm word.
‘n Veiligheidshek in die huis wat die leefarea en slaapkamers skei, is belangrik en moet in die nag gesluit word. Beplan egter ook ‘n ontsnaproete vir as daar dalk ‘n brand in die huis is wat die ingange versper.
Die slaapkamers moet verkieslik met ‘n brandblusser en ‘n noodkommunikasiestelsel toegerus wees. ‘n Versteekte radio of gelaaide ander selfoon is ‘n baie goeie alternatief.
As jy oor ‘n vuurwapen beskik, maak seker dat jy weet hoe om die wapen te gebruik en wanneer om dit te doen. Sorg dat jy die wapen in geval van nood maklik kan bekom. Maak seker dat die ander lede van die familie ook weet waar die wapens is en hoe dit gebruik moet word.
Bêre ander wapens op strategiese plekke om jouself mee te kan verdedig. ‘n Mes op ‘n strategiese plek mag dalk handig te pas kom. Dink kreatief.
Maak seker dat jy beheer oor jou motorvoertuigsleutels het. Bêre dit verkieslik op ‘n plek wat gesluit kan word of so nie, bêre dit op meer as een plek in die huis. Moet verkieslik nie die sleutel en sy spaarsleutel op dieselfde plek bêre nie. As daar ‘n probleem is, sal die booswigte eers die sleutels moet soek voor hulle met jou voertuie kan vlug.
Booswigte gebruik gewoonlik die plaas se eie gereedskap om toegang tot die huis te verkry. Maak seker dat die store en gereedskapkamers in die aande gesluit is. Maak seker dat veral die hoeksnyers en snyvlamme agter slot en grendel in hul eie kaste gebêre word. Moenie die gereedskapkamer of -kas se sleutel bo-op die deur se kosyn bêre nie – dit is die eerste plek waar die booswigte soek.
In die geval van ‘n ernstige geweldsinsident, is die kans baie goed dat iemand kan seerkry. Sorg dat jy weet hoe om noodhulp toe te pas en sorg dat daar ‘n toegeruste noodhulpkas beskikbaar is. Die noodhulpkissie moet verkieslik in die kamergedeelte van die huis gebêre word.
Roetine kan maklik teen jou gebruik word. As jy altyd ‘n sekere roetine volg, kan booswigte dit teen jou gebruik. Stop jy altyd op dieselfde plek as jy van die dorp af kom? Booswigte kan jou maklik hier inwag. Maak seker dat daar meer as een plek is waar jy stop. Moenie dink as jy van die kerk af kom dat jy vrygestel is van ‘n moontlike geweldsinsident nie. Inteendeel, jy is gewoonlik dan ‘n sagte teiken.
Jou plaaswerkers moet weet dat jy nie kontant op die werf het nie. Hulle moet ook verkieslik elektronies betaal word en slegs in uiterste gevalle moet kontant hanteer word. Probeer die verkoop van veral vee aan die publiek vanaf jou plaas tot die minimum te beperk.
Leer jouself om op fyn detail te konsentreer. Lê daar nie dalk ‘n leë koeldrankblikkie rond nie of is daar nie dalk sigaretstompies by die hek nie? Hierdie kan tekens wees dat moeilikheid dalk op pad is. Indien jou honde vergiftig is, maak dadelik ander planne, byvoorbeeld deur ganse te kry en skerp die ander veiligheidsmaatreëls baie op. Berei jouself voor, want daar kan dalk moeilikheid kom.
Weet wat is jou regte.

Dit is vir jou as produsent belangrik om aan die regte kant van die wet te bly. Vergewis jouself wanneer geskiet mag word, wanneer iemand gearresteer mag word, hoe die gearresteerde behandel moet word en wat alles as bewyse beskerm moet word. Dit help jou niks dat jy die booswig vang, maar hy kom vry op tegniese punte nie. Nog erger: Jy word dalk ook gearresteer omdat jy die wet oortree het.
Weet ook wie jy nie toegang tot die plaas mag weier nie. Reël met die betrokke instansies dat hulle altyd met jou as eienaar ‘n afspraak sal maak oor waar en wanneer hulle jou en jou werkers sal kom besoek. In die laatmiddag en aande moet jy uiters versigtig wees.
Die aanbring van plaasprotokolborde (kennisgewings) is ook aan te beveel ten einde toegangsbeheer te vergemaklik. Dit is egter belangrik dat daar reëls op jou eiendom van toepassing is en dat jou werknemers en hul besoekers kennis dra van die inhoud van hierdie reëls.
Plaasveiligheid is en sal altyd jou verantwoordelikheid bly. Dit is per slot van rekening jy wat die spit gaan afbyt. Maak moeite daarmee, oefen dit in en pas die planne aan. Al die georganiseerde landbou-organisasies en plaaslike Polisiekantore het ‘n volledige sekuriteitsplan. Kontak hulle gerus vir meer inligting.


 

Posted on Leave a comment

Moet nie uit jou huis uitgelok word nie. Kry help van buite.

Wees Paraat. Moet vir geen rede uit jou huis uitgelok word nie. Kry help van buite.

Stede / dorpe / plase / plotte – dieselfde beginsels geld oral:

■ Moenie uitgaan na jou “krag-box” om te kyk wat aangaan as jou krag afgaan nie – kry eers hulp van buite af in !!
■ Moenie uitgaan om te kyk hoekom loop daar water uit jou krane of in jou tuin nie – die krane kan nie vanself oopgaan nie – kry eers hulp van buite af in !!
■ Moenie uitgaan as iemand om “hulp roep” of “gewond” by jou huis aankom nie – bel die nodige nood-eenhede soos polisie, ambulans, ens !!
■ Moet ook nie goedsmoeds vir die “polisie” oopmaak nie .. kontak jou naaste polisiestasie en bevestig eers alle details !!
■ Moenie uitstorm as jou voertuig(e) se alarm afgaan nie – daar moet ‘n (moontlik gevaarlike) rede wees daarvoor !!
■ Moenie uitstorm om te kyk hoekom jou honde dringend en aanhoudend blaf nie – daar moet ‘n (gevaarlike) rede wees daarvoor !!
■ Moenie gaan kyk hoekom “huil daar ‘n baba” by jou kamervenster of by jou hek nie – die “Suster Theresa-gevoel” kan jou lewe kos !!
■ Moenie uitgaan as klein hondjies op jou stoep of by jou voordeur neergesit word nie. Bel dan eerder jou Buurtwag, CPF of DBV om uit te kom asb. Lyk my dis die nuwe Modus Operandi deesdae. Kriminele sit klein hondjies saans naby jou huis se deure en wag vir jou om uit te kom. MOENIE daarvoor val nie!
■ Moenie reageer op “hulproep” van jou werkers in die nag nie – maak ‘n alternatiewe reeling met hulle – in mediese noodgeval byvoorbeeld, kan hulle jou bel en jy kan ambulans reel !!
■ Moenie vir “verkoops foefies” of “herstelwerk foefies” of “opname truuks” of “werk soek truuks ”val nie – as hulle nie met jou ‘n afspraak kan maak nie, dan mag hulle jou nie te siene kry nie !!
■ Moet GEEN vreemdes by of naby jou huis toelaat nie (dag of nag) .. hanteer dit altyd as ‘n moontlike roof / plaasaanval as daar vreemdes per voertuig of voet aankom – roep onmiddelik hulp van buite af in voordat hulle naby jou kom !!
■ Reel al hierdie nood-drils ook met jou bure rondom jou – praat met mekaar, al is dit 3-uur in die nag en help mekaar so beskerm teen al hierdie slinkse truuks !!
■ Kry AL die nooddienste, SAPS, CPF, Buurtwag, Plaaswag, ens. se noodnommers op julle selfone en roep ALTYD EERS hulp van BUITE af in om jou eiendom te beveilig VOOR jy self uitstorm !!
■ Ons is geregtig op privaatheid en ‘n “veilige spasie” om ons – moenie dat daardie regte binnegedring word nie – handhaaf dit baie streng !!
■ Vertrou ALTYD jou “6e sintuig”, die “stemmetjie” wat jou waarsku of “daardie gevoel” – dis gewoonlik reg !!
Ons veiligheid begin by ons.