Posted on Leave a comment

AfriForum dagvaar polisie om vir onwettige grondgryp te betaal – Polisie het versuim om hul pligte tydens ’n grondgryp naby Onderstepoort in Pretoria, uit te voer

AfriForum dagvaar polisie om vir grondgryp te betaal - Polisie het versuim om hul pligte tydens ’n grondgryp naby Onderstepoort in Pretoria, uit te voer

Die verontregte eienaar van ’n plaas naby Onderstepoort in Pretoria het vandag in samewerking met AfriForum ’n dagvaarding uitgereik teen Bheki Cele, minister van polisie, om die kostes en uitgawes verbonde aan ’n dringende uitsettingsaansoek in 2018 te verhaal. Die polisie het versuim om hul pligte tydens ’n grondgryp wat op die perseel plaasgevind het, uit te voer.

Die polisie het in Augustus verlede jaar geweier om dr. Motodi Maserumule by te staan om betreders te arresteer wat sy grond wederregtelik betree en begin het om strukture op te rig.

Dr. Maserumule het AfriForum genader en ’n dringende hofbevel bekom wat gelas het dat die betreders verwyder word, en dat die polisie die balju daarmee behulpsaam moet wees. Dr. Maserumule en AfriForum het die Rooimiere ’n mandaat gegee om die betreders en strukture te help verwyder.

“AfriForum raak betrokke by sake soos hierdie om toe te sien dat die polisie gedwing word om hulle werk te doen. Ons hoop dat hierdie eis as afskrikmiddel sal dien sou die polisie in die toekoms huiwer om hul grondwetlike mandaat uit te voer. AfriForum sal hierdie litigasieproses deursien ten einde die gemeenskap daarop attent te maak dat die wetstoepassingsowerhede se laksheid nie ongesiens verby gaan nie. Hierdie dagvaarding sal dien as ’n swaard oor die kop van instansies wat deur die Grondwet getaak word om burgers teen misdaad te beskerm. Hulle moet hul mandaat uitvoer of die gevolge dra,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Die dagvaarding is op die minister beteken. Hy het die geleentheid om ’n verweer teen die eis te opper al dan nie. Dan sal die proses gevolg word totdat ’n regter ’n beslissing hieroor kan maak.

“In die dagvaarding word daar verder versoek dat die minister ook die regskostes verbonde aan hierdie aksie moet betaal. Indien hy dus ’n poging aanwend om ’n power verweerskrif te liasseer, en die eis slaag, sal dit ’n duur oefening vir die polisie wees. AfriForum glo dat die polisie aan die einde van dié aksie twee keer sal dink voordat hulle hul plig weier,” sluit Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum, af.

AfriForum
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.


Posted on Leave a comment

Bejaardes lê ure vasgebind na plaasaanvallers inreek by hul plaashuis naby Pretoria

Bejaardes lê ure vasgebind na plaasaanvallers inreek by hul plaashuis

’n Egpaar van in hul 80’s moes heelaand vasgebind lê terwyl rowers hul plaashuis geplunder het.

James (84) en Lenie Leask (87) van Boekenhoutskloofdrift, tussen Pretoria en Cullinan, kon eers Maandagoggend om 07:00 hulp ontbied toe hul werkers ingekom het.

André van Heerden van die Cullinan-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sê die egpaar is nie seker presies wanneer die aanvallers Sondagaand die huis ingekom het nie, maar hulle het wakker geword toe ’n flitslig in hul oë geskyn word.

Dit is onbekend of die rowers gewapen was, maar daar was vermoedelik drie van hulle.

Hulle het die diefwering voor een van die vensters afgeknip, waarna hulle die slapende Leasks in hul slaapkamer verras het.

“Die slagoffers is met elektriese koorde vasgebind en die kamerdeur is van buite af gesluit. Daarna het die rowers deur die hele huis, byna elke laai en kas, gegrawe.

“Hulle het van die drank in die huis gedrink en elektroniese toerusting, soos selfone, ’n televisie en skootrekenaars in die Leask-egpaar se silwer BMW en Ford Courier-bakkie gelaai,” sê Van Heerden.

Die aanvallers is eers net voor ligdag met die voertuie en buit daar weg.

Toe dit stil word in die huis, het Lenie haarself losgewikkel gekry, maar omdat hulle in die kamer toegesluit was en hul fone geroof is, kon die egpaar eers hulp ontbied toe die werkers hulle aanmeld.

“James se gewrigte was effens geswel van die vasbind en Lenie het merke van toe sy vermoedelik tydens die loswoel van die bed afgeval het, maar verder is hulle nie beseer nie,” sê Van Heerden.

Daarna het die rowers deur die hele huis, byna elke laai en kas, gegrawe.

Die polisie op Cullinan en die egpaar se kinders is dadelik ontbied.

Die GPF het ook gereël vir berading vir die egpaar en Lenie is later Maandag hospitaal toe geneem om seker te maak sy is ongedeerd, terwyl die polisie se forensiese kundiges en honde-eenheid die toneel gefynkam het.

Die geroofde bakkie is later verlate in Rietgat, Soshanguve, noord van Pretoria, gevind maar die BMW is steeds soek.

Netwerk 24
Hierdie verslag weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK nuus nie


Posted on Leave a comment

Pretoria FM maak planne bekend om nuwe Afrikaanse-musiek toekenningsgeleentheid te loods

Pretoria FM maak planne bekend om nuwe Afrikaanse-musiek toekenningsgeleentheid te loods

Die Afrikaanse gemeenskapstasie, Pretoria FM, het pas planne bekendgemaak om ‘n nuwe Afrikaanse-musiek toekenningsgeleentheid van stapel te stuur.

Die uitvoerende Hoof van Pretoria FM, Mnr Hennie Koortzen het in ‘n verklaring gesê die radiostasie het groot waardering vir die werk van alle Afrikaanse liedjieskrywers en sangers, wat deurgaans werk van hoë gehalte lewer en wil verseker dat hulle die nodige erkenning in die musiekbedryf ontvang.

“Ons is verder van mening dat sulke toekennings in alle opsigte deursigtig en geloofwaardig moet wees en dat die gehalte van musiek en lirieke die enigste kriteria moet wees waarop beoordeling moet geskied”, het Koortzen bygevoeg.

Pretoria FM kondig dus met trots aan dat die stasie se bestuur besluit het om ‘n splinternuwe glansgeleentheid te skep waartydens Afrikaanse musiek en kunstenaars van gehalte, beloon kan word vir die bydrae wat hulle tot musiek en die kunste in sy geheel lewer.

Die nuwe toekenningsgeleentheid beloof om ‘n skouspel van hoogstaande gehalte te wees en sal tydens die tweede helfte van die jaar in Pretoria in samewerking met belangrike rolspelers in die bedryf aangebied word.

Meer besonderhede, soos die naam van die nuwe toekenningsgeleentheid, die beoordelaars en kategorieë, sal binnekort in die media en op sosiale platforms bekend gemaak sal word.

Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van Pretoria.ws nie.


Posted on Leave a comment

Gekaapte Radio Pretoria val uit die bus tydens Liberty Toekennings

Gekaapte Radio Pretoria val uit die bus tydens Liberty Toekennings

Met die “Liberty Toekennings” vir radiostasies het die gekaapte Radio Pretoria, wat Pretoria FM geword het, totaal uit die bus geval wat ’n paar dinge bewys.

Ten eerste is dit nie meer ’n volksgerigte radiostasie nie, daarvan getuig die swak reaksie om vir die patetiese draadloos te stem.

Dan is dit verstaanbaar, want die misleiding (volgens luisteraars), asof dit ’n Afrikaanse sender is, word nie deur mense geglo nie, want te veel Engels op hulle kamtige “koerant” en die sieklike gebruik om die sender te oordonder met volksvreemde musiek, het die getroue luisteraars van weleer verjaag.

Die slegte aanbieding van onkundige omroepers het die seel op alles gesit, en daarom is geen afdeling of kategorie aan die ellendige stasie toegeken as wenners nie – want wie stem vir verloorders.

Die radiostasie se agteruitgang het begin toe Buys en sy meelopers die radio gekaap het, en daarna begin het om die eens gewilde radiostasies in die grond in te bestuur met hulle benaderings wat weg is van volks-gerigtheid omdat hulle kamma net Afrikaans wil wes (met Engelse musiek).

Die opvallende is dat die personeel wat aanhoudend gepleit het dat mense op die internet vir hulle stasie moet stem, nou swyg soos die graf, want hulle het kwalik in aanmerking gekom vir ’n moontlike wn.

Miskien sal die stasie nou nog verder na links beweeg in ’n wanhoopspoging om stemme te werf vir ’n volgende rondte.

Gelukkig is daar ander maniere om musiek en inligting te bekom as om met die patetiese radio opgeskeep te sit.

L C de Klerk
Deur: Die Vryburger
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.


Posted on Leave a comment

Tshwane Total Shutdown: Protest movement hits Pretoria

The Tshwane Total Shutdown protest movement gripped Pretoria on Thursday morning, resulting in major traffic disruptions and an increased police presence.

Total Shutdown action – first witnessed in the Western Cape and more recently in Alexandra, Johannesburg – is a protest movement designed to disrupt daily routine in an attempt to bring attention to a wide array of socioeconomic issues. The protests usually involve the barricading of major roadways and mass marches.

Disruption in Tshwane erupted in the early hours of Thursday morning, following anonymous threats and flyer-drops earlier in the week. The African National Congress (ANC), which openly supported the protests in Alexandra, have distanced themselves from the Tshwane Total Shutdown. ANC regional chairperson, Dr Kgosi Maepa, said:

“I’ve heard people are going to organise a shutdown. We are not against it because there is no service delivery in Hammanskraal.”

The exact cause of the discontent in Tshwane is, by all accounts, multifaceted. Inadequate service delivery forms the foundation for uprising with local taxi operators bolstering offensive. Taxi organisations, in the northern and western townships of Pretoria, have rebelled against the City’s management.

On Tuesday, Stinkwater Eersterust Taxi Association (SETA) and Ga-Rankuwa, Soshanguve, Hammanskraal Taxi Association (GSHTA) held a picket outside the Tshwane house, demanding that a memorandum on permits be accepted and approved by the powers that be. It’s alleged that this coincides with the Tshwane Total Shutdown experienced on Thursday.

According to reports from Pretoria residents, the suburbs of Mokopane and Shoshanguve remained inaccessible shortly after daybreak. Protesters have barricaded streets with burning debris, rubble and boulders, causing massive traffic delays in the area.

Tshwane traffic authorities have urged motorists travelling in the area to exercise extreme caution.

The protests precede the State of the City Address which is due to take place in Pretoria from 9:00 onward. Traffic is due to be disrupted in the vicinity of Church Square and Paul Kruger Street. Road closures are expected to be in place until midday.

The South African
This report does not necessarily reflect the opinion of SA news.


Posted on Leave a comment

Pretoria beplan aktivering van ou kragsentrales as plan B indien Eskom nie aan die aanvraag van elektrisiteit kan voorsien

Pretoria beplan aktivering van ou kragsentrales as plan B indien Eskom nie aan die aanvraag van elektrisiteit kan voorsien

Die Stadsraad van Pretoria is glo besig om die twee ou kragsentrales van die stad op te gradeer en weer in werking te stel in die lig van die onsekerheid oor kraglewering deur Eskom.

Een kragsentrale in die westelike deel van die stad en die Rooiwal kragstasie beskik oor die gesamentlike potensiaal om 1,000 MW krag te lewer as hulle opgradeer word.

Die twee aanlegte is aanvanklik opgerig om met antrasiet te werk, maar omdat die uitvoer prys daarvan baie goed is, het dit meer voordeel ingehou as wat dit met elektrisiteit opwekking is.

Die omskakeling na steenkool kan bekostigbaar wees, maar inwoners sê die opgradering moet ook die versekering bied dat lugbesoedeling nie die stad onleefbaar maak nie.

Deur: Die Vryburger
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.


Posted on Leave a comment

Die myn wat die wêreld se grootste diamant gelewer het, het nou weer ’n groot blinke uitgehaal – Nog ’n knewel van ’n diamant gevind by Cullinan

Die myn wat die wêreld se grootste diamant gelewer het, het nou weer ’n groot blinke gelewer - Nog ’n knewel van ’n diamant gevind by Cullinan

Cullinan, die klein dorpie oos van Pretoria is gewoonlik net in die nuus as daar nog ’n knewel van ’n diamant gevind is soos wat nou weer die geval is.

Die myn, wat die wêreld se grootste diamant gelewer het, het nou weer ’n groot blinke gelewer – bykans ’n eeu nadat die opspraakwekkende diamant gevind is wat tans in besit van die koninklike forste huis van Brittanje is.

Die Petra myn se jongste fonds het sy aandele op die beurs laat spring met 7% tot die vreugde van sy eienaars in ’n tyd wat die diamantbedryf maar ’n minder goeie tyd deurmaak.

Volgens die Petra Diamonds se webtuiste is die diamant ’n tipe D kleur en 425.19 karaat, wat een van die groter diamante is wat die wêreld tot dusvêr opgelewer het.

Die wêreld se grootste diamant is ook uit Cullinan afkomstig, en met 1,055.89 karaat, is die pragstuk die eiendom van die Koninklike Huis van Koningin Elizabeth in Engeland.

Deur: Die Vryburger


Posted on Leave a comment

Wanneer jy die nodige aandag wil verkry van mense en instansies, trek net jou klere uit – Vrou betoog in skrapse klere voor Uniegebou omdat Unisa en die polisie haar mishandel

Wanneer jy die nodige aandag wil verkry van mense en instansies, trek net jou klere uit - Vrou betoog in skrapse klere voor Uniegebou omdat Unisa en die polisie haar mishandel

’n Skraps geklede vrou wat voor die Uniegebou in Pretoria betoog het, is Woensdagoggend in hegtenis geneem.

Gugu Ncube sê sy het betoog omdat Unisa en die polisie haar mishandel het.

Haar baas by ’n sentrum wat voorheen deur Unisa geborg is, het volgens haar gevra vir seks as sy haar werk wil behou. Sy sê bewerings dat sy bedank het, is vals.

“Ek wil hê Unisa se bestuur moet my bedankingsbrief wat hulle beweer ek geskryf het, aan die hele land, die Thuma-stigting, die kommissie vir geslagsgelykheid en ander belanghebbendes wys.”

Volgens haar het sy in haar broekie en ’n klein toppie betoog omdat sy “niks meer het om te beskerm nie”.

“Naaktheid is ’n teken dat ek van my waardigheid ontneem is. My waardigheid is weg.”

Gugu Ncube

Gugu Ncube betoog voor die Uniegebou voordat die polisie haar in hegtenis geneem het.

Ncube wil hê pres. Cyril Ramaphosa moet kennis neem van die beweerde mishandeling.

Volgens haar is sy deur die polisie mishandel toe sy haar baas gaan aankla het.

“Ek het eerstehands gesien hoe ’n kommissaris omkoopgeld aanvaar om my te diskrediteer. Ek het korrupte polisiebeamptes gesien wat my prosedureel verkeerd in hegtenis geneem het omdat my mishandelaar geld het om hulle te betaal. Ek sal gehoor word.”

Unisa sê Ncube se bewerings is verkeerd.

“Dit is jammer dat me. Ncube aanhou om Unisa te betrek by haar dispuut met die Unisa Sentrum vir Vroeëkinderonderwys (UCECE) en daarmee ons naam beswadder. Ons vra dat sy nie die universiteit se naam sal gebruik in haar persoonlike saak met UCECE nie.”

Die universiteit het die sentrum voorheen geborg, maar die borgskap laat vaar.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van Sunnyside se polisie, bevestig Ncube is in hegtenis geneem.

“Ons is uitgeroep na die Uniegebou waar ’n kaal vrou gestaan het. Sy sal waarskynlik van openbare onwelvoeglikheid aangekla word.”

Deur: Netwerk
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.


Posted on Leave a comment

Polisie se misdaad rekord styg – Twee Metropolisie lede van Pretoria op heterdaad betrap met ’n gesteelde voertuig in hul besit

Polisie se misdaad rekord is aan die styg - Twee Metropolisie lede van Pretoria op heterdaad betrap met ’n gesteelde voertuig in hul besit

Twee lede van die Pretoriase Metro Polisie is in hegtenis geneem nadat ‘n gesteelde voertuig in hul besit gevind is.

Die voertuig wat in Eldoraigne gesteel is, is opgemerk by ‘n woning in Philip Nel Park. Die eienaar van die huis, ‘n vroulike lid van die Metropolisie is gearresteer en na verdere ondersoek is nog twee verdagtes aangekeer. Die een is getroud met die vroulike konstabel en word tans opgelei deur die Metro Polisie.

Dit blyk dat die polisie se misdaad rekord aan die styg is as gelet word op die groot aantal voorvalle waarby beamptes betrokke was in die afgelope maande.

Deur: Die Vryburger
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.


Posted on Leave a comment

Stadsraad van Pretoria gaan in die volgende 4 maande 13,000 voorafbetaalde kragmeters vervang na bevind is dat PEU Capital Partners se meters nie geldig is

Stadsraad van Pretoria gaan in die volgende 4 maande 13,000 voorafbetaalde kragmeters vervang na bevind is dat PEU Capital Partners se meters nie geldig is

Die stadsraad van Pretoria wil die omstrede elektriese meters vervang, en daarvoor het hulle glo vier maande tyd om 13,000 te vervang.

Die 13,000 vooruitbetaal meters moet ingevolge ’n hofbeslissing vervang word omdat die meter met ’n ongeldige kontrak ingesit is en glo ook onwettige toestelle is.

Talle werkers moet nou deur sekere gebiede se geboue beweeg om te kyk of die meters in die geboue wettig is, aangesien die PEU Capital Partners se meters nie geldig is nie.

Dit beteken glo dat die multi-miljard se daaglikse betalings wat die stad aan PEU maak in terme van die kontrak, word as onbekostigbaar beskou en sal ook tot ’n einde kom.

Daar bestaan onduidelikheid wie verantwoordelik gehou word vir die koste om die meters te vervang, en of dit maar weer die onskuldige verbruiker is watt moet opdok.

Deur: Die Vryburger
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.