Posted on Leave a comment

Talle woonbuurte in Pretoria dalk vandag sonder water

Talle woonbuurte in Pretoria dalk vandag sonder water

Die Tshwane-metro het gewaarsku dat talle woonbuurte in Pretoria Dinsdag moontlik sonder watertoevoer gaan wees.

Lindela Mashigo, woordvoerder van die metro, het gesê die metro se waterverskaffer, Rand Water, het die raad kennis gegee dat die Garsfontein-reservoir in die ooste van die stad afgeskakel gaan word vir beplande instandhoudingswerk.

“Watertoevoer sal van 09:00 tot omstreeks 23:00 afgeskakel wees om ʼn ou watermeter met ʼn moderne een te vervang. Voor dié tydperk sal die reservoir tot sy maksimum kapasiteit gevul wees om water aan die woonbuurte te voorsien, maar inwoners word egter versoek om water spaarsamig te gebruik om te verhoed dat dié water opgebruik word, anders sal dit tot wateronderbrekings lei,” het Mashigo gesê.

Die woonbuurte wat geraak sal word indien wateronderbrekings plaasvind, is Bergtuin, Colbyn, Derdepoort, East Lynne, Ekklesia, Jan Niemandpark, Kenley-kleinhoewes, Kilnerpark, Koedoespoort, Montana, Môregloed, Queenswood, Rietfontein, Rietondale, Villieria, Waverley, Waltloo, Eersterust, Meyerspark, Silverton, Val de Grace, Murrayfield, Lynnwood, Die Wilgers, Wapadrand, Equestria, Faerie Glen, Garsfontein, Pretoriuspark, Mamelodi, Samcorpark, La Montagne, Moreletapark, Elarduspark en Rietvalleirand.


Posted on Leave a comment

Onteiening sonder vergoeding word onder loep gebring by Sege

Grondkwessie by Sege bespreek by bekende restaurant in Pretoria

Die Studiegroep vir Eietydse geskiedenis, Sege, hou eerskomende Maandag, 26 Maart, sy maandelikse byeenkoms by ‘n bekende restaurant in Pretoria.

Die spreker wat tydens die middagete sal optree, is mnr. Louis Meintjes, president van TLU SA. Hy sal die huidige grondkwessie en die eise oor onteiening sonder vergoeding onder die loep neem, sy standpunt daaroor uiteensit en sê wat die boere se houding is daaroor.

Mense wat die byeenkoms wil bywoon, moet net hulle teenwoordigheid bevestig teen Vrydag 23 Maart voor 15:00, deur te skakel of ‘n boodskap te stuur na mev. Alda van de Graaf by tel. 082 681 2522.

Foto: mnr. Louis Meintjes, president van TLU SA

Deur: Die Vryburger


Posted on Leave a comment

EFF-lede betoog voor tehuis vir bejaardes in Pretoria se middestad

EFF-lede betoog voor tehuis vir bejaardes in Pretoria se middestad

’n Inwoner van 80 jaar van ’n tehuis vir bejaardes in Pretoria se middestad moes Woensdag saam met ander inspring om te verseker dat almal van Huis Davidtsz middagete kry, nadat EFF-lede die werkers van die tehuis verhoed het om hul werk te doen.

Hannes van Vuuren (80) sê hy moes inspring om te help.

Cobus Kruger, ’n veiligheidswag by die tehuis, het ook borde kos aangedra en nadat die bejaardes geëet het, weer die tafels in die eetsaal opgeruim.

Net soos Kruger het Leona Gouws, ’n sekretaresse by Huis Davidtsz, ook gehelp met die voorbereiding van die kos en die opruiming. Haar ma, Amanda Steyn, het ook oral waar sy kon, gehelp nadat sy die oggend gehoor het EFF-lede betoog voor die tehuis. Haar ma en Gouws se ouma, Fransie van der Westhuizen, woon al vyf jaar daar. Sy ly aan demensie.

Sy en van die ander inwoners was salig onbewus van die EFF se betoging buite.

Ander het dit wel gehoor, maar nie geweet waaroor dit gaan nie. Sommige inwoners het verward by hul kamervensters uitgeloer.

“Ek weet nie wat aangaan nie, maar dit sal nie help om só aan te gaan nie,” sê Elizabeth Lombard (88).

Lombard kon die geraas deur haar kamervenster hoor, maar sy sukkel om te loop en kon dus nie gaan kyk wat aangaan nie.

Haar buurvrou, Cora du Plessis (70), sê die geraas het haar senuweeagtig gemaak.

Schalk Venter, nog ’n inwoner, sê die betoging buite skeel hom min.

“Ek is nie bang nie. Dit irriteer my net. Dis amper soos ’n breinspoeling,” het hy die dreunsang van die betogers beskryf.

Hoewel daar ’n groot polisieteenwoordigheid was, het die betoging vreedsaam geskied.

Daar was sowat 20 EFF-lede met hul kenmerkende rooi klere aan of barette op die kop, terwyl die werknemers van Huis Davidtsz onder dwang buite gesit het.

“Ons het nou genoeg gehad. Ons soek ons geld,” sê Martha Morake, wat al vir agt jaar as skoonmaker in die tehuis werk.

Morake het ook as die betogende groep se woordvoerder opgetree.

“Niks werk hier nie. Daar is te min personeellede. Ek het nog nooit ’n kontrak geteken nie. Ons is nie by die Werkloosheidsversekeringsfonds geregistreer nie.”

Volgens Morake verdien sy R1 800 per maand.

Ephenia Madira, ’n verpleegster wat al 14 jaar daar werk, sê haar salaris is ’n skamele R2 800.

“Hoe kan ons met dié peanuts lewe? Ons werk behoorlik. Ons wil behoorlik betaal word ook. Daar is saans geen skoonmakers nie. Die verpleegsters moet dan skoonmaak ook.”

Cobus Kruger, ’n veiligheidswag by Huis Davidtsz, het ook ingespring om kos te help uitdeel aan die inwoners.Foto: Deaan Vivier

Leonora Strydom, bestuurder van die tehuis, sê Huis Davidtsz is ’n welsynsorganisasie wat net gedeeltelik deur die staat gesubsidieer word.

“Ons inkomste is dus beperk. Die bejaardes in ons sorg kry net ’n Sassa-pensioen. Ons sukkel om ’n bestaan te maak soos dit is.”

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, wat later daar opgedaag het, sê metropolisielede is kort nadat hulle by die tehuis aangekom het, onttrek.

“Daar was geen geweld nie. Ons het dié lede toe onttrek.”

Volgens hom het van die werknemers uiteindelik ná onderhandelings met prokureurs en EFF-lede in beginsel ingestem om weer te werk, mits hulle nuwe kontrakte sal ontvang.

Deur: Netwerk 24


Posted on Leave a comment

Die busse in die Tshwane-metro ry al weer nie

Die busse in die Tshwane-metro ry al weer nie

Selby Bokaba, woordvoerder van die metro, sê busbestuurders het Woensdag omstreeks 12:00 opgehou werk en alle hekke by al die busdepots gesluit om busse te verhinder om die depots te verlaat.

“Hulle weier om redes te verskaf waarom hulle staak.”

Die stakende busbestuurders is lede van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu).

“Ander busbestuurders van ander vakbonde soos Imatu (die Municipal and Allied Trade Union) wil werk, maar het uit vrees vir hul lewe ook nie vir werk opgedaag nie.”

Die metro sal dringend met die stakende werkers vergader om ’n oplossing te probeer vind om hul “onbekende griewe” te hanteer.

“Die bestuur van die metro meen onderhandelings is die beste en enigste oplossing om die griewe van die werknemers op te klaar, wat dit ook al mag wees.

“Ons vra ons buspendelaars om verskoning vir die ongerief wat hulle weens die staking ervaar. Ons doen ’n beroep op hulle om ander reisreëlings te tref. Ons sal hulle op die hoogte van sake hou.”

Dié busdiens is in die verlede verskeie kere weens arbeidsgeskille ontwrig.

Deur: Netwerk 24


Posted on Leave a comment

Gauteng MEC shuts down vehicle testing stations

Gauteng MEC shuts down vehicle testing stations

Two private vehicle testing stations in Soweto and Pretoria have been shut down due to alleged fraud and corruption.

Gauteng roads and transport MEC Ismail Vadi said on Monday: ”The Innovative Roadworthy Testing Station in Soweto, owned by Themba Nxumalo, and the Hercules Roadworthy Centre in Pretoria, jointly owned by Ahmed Suliman Ismail and Afzal Abramjee, were closed down on Friday after an investigation by the provincial roads and transport department.

”As part of the Gauteng government’s commitment to improving road safety and its zero tolerance approach towards fraud and corruption, registration certificates of these two testing stations were cancelled on 1 March.”

He said the closing of the testing stations came after an investigation by his department and law enforcement authorities. Three vehicle examiners and one cashier were arrested at the Innovative Roadworthy Testing Station in Soweto in October 2017.

”Similarly, a management representative and three examiners were arrested at the Hercules Roadworthy Centre in Pretoria in November and are facing charges of fraudulently issuing roadworthy certificates to vehicles that were not presented for testing,” Vadi said.

”Vehicles that are not roadworthy contribute to the high accident rates and fatalities on our roads. Testing stations that issue fraudulent roadworthy certificates are complicit in this regard.”

Hercules Roadworthy Centre in Pretoria is one of two that have had their registration certificates cancelled for issuing roadworthy certificates for vehicles that had not been presented for inspection.

African News Agency


Posted on Leave a comment

Transforming Pretoria’s heritage landscape continue

Transforming Pretoria's heritage landscape continue by dismantle the apartheid social structure

On Friday, Arts and Culture Minister Nathi Mthethwa gave a report-back on work being done to transform South Africa’s heritage landscape.

He noted it was necessary to continue to dismantle the apartheid social structure, including the removal of colonial and apartheid-era monuments and place names.

The process initiated by Mthethwa in 2015 was a response to incidents surrounding statues in public spaces, after the demand for the removal of a statue of Cecil John Rhodes at the University of Cape Town. It sparked a national debate over the transformation of the heritage landscape to foster a new national identity.

Among the resolutions taken was that there was a need to create civic awareness and national consciousness using shared symbols such as the flag and national anthem, while offensive names and other “symbols of hate” should be removed.

However, this did not mean every old name and statue had to be removed. Where such symbols reflected separate histories, an idea was mooted to create public spaces where they may be retained but grouped with others – such as heroes of the fight for justice and freedom – to offer a narrative of our shared history.

This approach has led to the decision to retain the bronze statue of Paul Kruger, which has stood on Church Square for more than 60 years, as part of the redevelopment currently underway with lawns, trees and benches, making it a more welcoming public space.

Residents can expect to see, as part of the plan, new statues in conversation with Kruger, starting with Kgosi Mampuru II, who was hanged at the former Pretoria prison in 1883 (the year Kruger became president of the South African Republic), and after whom the city prison was renamed in 2013.

The compromise position can be seen in Pretoria, where streets such as Hans Strijdom and Hendrik Verwoerd have been renamed; we have Steve Biko Hospital and Sefako Makgatho University; new monuments such as Freedom Park and the Living Women’s Monument.

The debate around symbols and names is by no means over, and we should continue to embrace change which can lead to dignity and social cohesion.


Posted on Leave a comment

Social media posts hamper Pretoria cash heist probe

Social media posts hamper Pretoria cash heist probe

False information on social media following a daring heist on the N4 on Friday was hampering investigations, police spokesperson Captain Mavela Masondo said on Monday.

He said some dishonest social media users were spreading misinformation that three suspects were later caught, shot and killed by the police.

He warned that some people were misleading the public by posting photographs on social media.

“Concerned citizens who sought justice need not be entertained by such reports, but work with the police to help catch the culprits.”

Masondo was speaking on the incident which happened last week in which nine men armed with rifles shot at a G4 Security vehicle, forcing it to stop, on the N4 between Ga-Rankuwa and the R80.

The suspects then overwhelmed three security officers out of the vehicle before using explosives to destroy the truck.

Masondo said the security officers were not harmed in the process and the private companies involved in the cash-in-transit heist were responsible for the provision of counselling for their staff.

An undisclosed amount of money was taken from the vehicle, and the police were determined to continue investigations until the suspects were arrested.

“The information being spread is misleading, considering that the suspects are still on the run; the police did not shoot and kill any people in relation to the heist.

“We need the public to help us catch the culprits by calling our offices to provide information and tips,” Masondo said.

While the police may not speak of ongoing investigations, it is believed that one of their leads was that the suspects were spotted fleeing in two Audi A4 vehicles.

Cash-in-transit heists remained one of the criminal activities targeted by former Minister of Police Fikile Mbalula.

Attackers are usually heavily armed and often travel in hijacked vehicles, which they later dump.

Anyone able to assist the police with their manhunt for the suspects should call 0860 10111.

The Star


Posted on Leave a comment

Passasiers val treindrywers met klippe aan by Koedoespoort-treinstasie in Pretoria

Passasiers val treindrywers met klippe aan by Koedoespoort-treinstasie in Pretoria

Ontstoke passasiers by die Koedoespoort-treinstasie in Pretoria het twee treindrywers van die United National Transport Union (Untu) aangeval en die bestuurskajuite met klippe bestook.

Dit volg nadat Metrorail-treine Woensdagoggend vertraag was.

Luidens ’n verklaring deur Untu, het albei “ervare” treindrywers gevrees vir hul lewe en die lewe van die twee studente wat saam met hulle in die kajuit was.

“Die passasiers het groot klippe voor die trein gepak en die trein met klippe gegooi. Die glas en klippe het op ons neergestort,” sê Kgaripane Mogashoa (42) in die verklaring.

Sy het die treinbeheerbeampte gebel en is gemagtig om met die roete voort te gaan.

Mogashoa was op pad van Pienaarspoort na Pretoria, maar moes noodgedwonge by ’n rooi sein stop.

Volgens Mogashoa was die student wat saam met haar was, histeries.

Die trein het veilig by die Pretoria-treinstasie aangekom.

Mogashoa en die student ontvang berading.

Sy was ook die treindrywer wat twee jaar gelede in Centurion deur woedende passasiers aan die brand gesteek is.

Luidens die verklaring was Francois Herselman (53) op pad na Pretoria-Noord toe sy bestuurskajuit ook by die Koedoespoort-stasie met klippe bestook is.

Die venster is stukkend, maar hy is nie beseer nie.

“Passasiers het gedreig om my en die student dood te maak. Dit was aaklig,” het Herselman in die verklaring gesê.

Hy was ook die treindrywer van die trein wat passasiers ’n paar maande gelede by die Koedoespoort-stasie probeer kaap het.

“Passasiers is uiters gewelddadig teenoor treinbemanning die afgelope paar maande,” sê Herselman, ’n oupa van vier kleinkinders.

Steve Harris, hoofsekretaris van Untu, eis dat Prasa drastiese veiligheidsmaatreëls op al die spoorlyne implementeer – dieselfde maatreëls wat op die “berugte sentrale lyn” in Kaapstad geïmplementeer is.

“Ongelukkig het Prasa en die polisiediens toegelaat dat die spoorlyne ’n oorlogsone word. Drastiese, duur maatreëls word landwyd benodig om wet en orde terug te bring vir ons passasiers wat van spoorweë gebruik maak,” sê Harris.

Deur: Netwerk 24


Posted on Leave a comment

Kopiereg-werkswinkel in Pretoria: 24 Februarie 2018

Kopiereg-werkswinkel in Pretoria: 24 Februarie 2018

Onthou die datum: Saterdag 24 Februarie 2018! Dit is die dag waarop ’n belangrike kopiereg-werkswinkel in Pretoria gehou sal word vir outeurs, kunstenaars, musikante, filmvervaardigers en die bedrywe wat in hul werk belê.

Die parlement hersien tans Suid-Afrika se kopieregwetgewing. Die Kopieregalliansie, ’n groepering van rolspelers in die skeppende bedrywe, is in reaksie op die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg gestig en is tans besig om openbare bewustheid oor relevante onderwerpe te skep. ’n Spesifieke fokus is die wyse waarop die wetsontwerp skrywers, kunstenaars, musikante, filmvervaardigers en die bedrywe wat in hul werk belê, sal beïnvloed.

Die parlementêre portefeuljekomitee beplan om in Maart beraadslaging oor die wetsontwerp te hervat. Die Kopieregalliansie reël ’n geleentheid op 24 Februarie 2018 in afwagting van hierdie vergaderings. Die geleentheid sal vanaf 14:00 tot ongeveer 18:00 by die Universiteit van Pretoria se Musaionteater plaasvind.

Die program sal bestaan uit ’n beleidsrede, gevolg deur vier segmente van 40 minute elk, met die geleentheid vir vrae uit die gehoor en met kunstenaarsoptredes tussenin. Die vier segmente sal fokus op:

die boekuitgewersbedryf
die musiekbedryf
die rolprentbedryf en
die regspraktyk.
Die Kopieregalliansie bestaan uit / word ondersteun deur die volgende verenigings en organisasies:

CAPASSO – Composers Authors and Publishers Association
DALRO – Dramatic Artistic and Literary Rights Organisation
MASA – Musicians Association of South Africa
PASA – Publishers Association of South Africa
RiSA – Recording Industry of South Africa
SAMPRA – South African Music Performers Rights Association
SAMRO – Southern African Music Rights Organisation
MPA SA – Music Publishers’ Association of South Africa
IBFC – Independent Black Filmmakers Collective (IBFC)
SAIIPL – The South African Institute of Intellectual Property Law
Die Kopieregalliansie beoog om die volgende partye na die geleentheid van 24 Februarie te nooi:

die Minister van Handel en Nywerheid, lede van die portefeuljekomitee en verteenwoordigers van die regering;
prominente persone binne die skeppende en uitvoerende kunsbedrywe;
verteenwoordigers van die Kopieregalliansie se lede-organisasies;
organisasies wat ander skeppende bedrywe verteenwoordig, soos skrywersverenigings; en
verteenwoordigers van die pers
’n Uitnodiging sal binnekort versprei word, maar hou asseblief die datum oop!


Posted on Leave a comment

Teetuin by die Sammy Marks-mu­seum moet deure sluit ná 25 jaar

Teetuin by die Sammy Marks-mu­seum moet deure sluit ná 25 jaar

Eers het die Pretoria Boeremark by die Pioniersmu­seum in die slag gebly, toe is dit Tant Miertjie se kombuisrestaurant by die Willem Prinsloo-museum wat sy deure moet sluit.

Nou is die nuutste slagoffer van Ditsong Museums van Suid-Afrika glo The Rose Garden-teetuin by die Sammy Marks-mu­seum, wat sy deure ná 25 suksesvolle jare moet sluit.

Volgens Werner Weinbeck (74), eienaar van die teetuin, is dit vir hom vreeslik hartseer om sy deure nou ná al die jare te sluit omdat Ditsong Museums glo besluit het om die teetuin op tender uit te sit.

Werner Weinbeck, eienaar van The Rose Garden-teetuin by die Sammy Marks-museum, moet sy gereelde klante nou ná 25 suksesvolle jare groet.

“Hierdie was my plek. Dis so mooi en rustig hier by die mu­seum. Ek het elke dag met ’n lied in my hart kom werk. Dis die einde van ’n baie goeie hoofstuk in my lewe. Ek is verpletter, maar ek het nie ’n ander keuse as om aan te beweeg nie,” sê Weinbeck.

Benewens die teetuin het Weinbeck ook baie eksklusiewe sesgang-etes in die museum aangebied.

“Die etes was gewild. Ek het ook piekniekmandjies gepak vir mense wat hier wou kom piekniek hou en het gereeld werksfunksies aangebied. Dit is nou als op ’n einde.”

Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, is dit wêreldwyd ontsettend moeilik om finansiering vir erfenisinstansies te kry en is dit hartseer dat suksesvolle mu­seums op hierdie manier skade berokken word.

“As iets soos ’n mark of restaurant by ’n museum is en dit werk, moet jy nie daaraan torring nie. Pretoria is nie soos Kaapstad wat jaarliks honderde duisende toeriste lok nie,” sê Bailey.

As daar suksesvolle markte of restaurante by ’n museum is wat voete lok, hoekom wil jy dan daaraan karring?

“Dit is op die ou end grotendeels tot nadeel van die museum. Hierdie mark en restaurante het baie voete na die museums gelok, wat ontsettend belangrik is vir die oorlewing en sinvolle bestaan van die museums,” sê Baily.

“Tenders is ook nie altyd ’n vreeslike deursigtige proses nie. Ons sal moet kyk hoe dit bestuur word. Ek hoop van harte dit word nie toegeken aan mense wat op die ou end nie die pyp kan rook nie.”

Volgens Johan van Wyk, organiseerder van die Pretoria Boeremark, het Ditsong Museums tot vandag toe nie vir hom terugvoering oor die tenderproses gegee nie.

Dít nadat Ditsong Museums verlede jaar besluit het om die huurkontrak met die Pretoria Boeremark ná 13 jaar te beëindig en om ’n tender uit te sit vir diensverskaffers om die perseel te huur.

“Hulle het my nie eens laat weet dat ek nie die tender gekry het nie. Al wat ek weet is dat die museum nou die R6 000 per week, die bedrag wat ek per week betaal het om die perseel te huur, verloor het.

“Ons is nou ses maande daar weg. Dit beteken die museum het sowat R144 000 aan huurinkomste verloor. Om nie eens te praat van al die mense wat weekliks die mark bygewoon het nie.

“Besoekers aan die mark het dan gesien dat dit ’n oulike perseel is en gereeld kinderpartytjies ens. by die museum kom aanbied oor naweke. Die partytjies het nou opgedroog en so ook die besoekers aan die museum. Doodeenvoudig omdat daar nie meer ’n trekpleister is wat besoekers daarheen lok nie,” sê Van Wyk.

Volgens Lemohang Zincume, woordvoerder van Ditsong Museums Suid-Afrika, was die rede om nuwe kontrakte toe te ken by die Willem Prinsloo-, Pioniers-, en Sammy Marks-museum om oop en mededingende kompetisie te bewerkstellig.

Die Boeremark se huurkontrak met Ditsong het in 2017 verstryk. Die kontrak was uit op tender, maar daar was ’n dispuut tydens die kontrakfase.

Die geleentheid moet ook ten voordeel van die ontwikkeling van klein-, middelslag en mikro-ondernemings (KMMO’s), vroue en gestremde mense wees.

“Die kontrak vir die huidige diensverskaffer by die Sammy Marks-museum het al op 1 Junie 2008 verstryk.

“Van daardie tydperk af het die diensverskaffer op ’n maand-tot-maand-grondslag gewerk. Ditsong is besig met ’n tenderproses,”sê Zincume.

Volgens haar is die huurkontrak van die diensverskaffer by die Willem Prinsloo-museum nie hernu nie, weens kontrakbreuk.

“Die kontrak was uit op tender, maar is weens ’n dispuut nie gefinaliseer nie. Die Boeremark se huurkontrak met Ditsong het in 2017 verstryk. Die kontrak was uit op tender, maar daar was ’n dispuut tydens die kontrakfase.

“Die kontrak sal weer op tender uitgesit word om ’n nuwe diensverskaffer aan te stel,” sê sy.

Foto: Werner Weinbeck, eienaar van The Rose Garden-teetuin by die Sammy Marks-museum, moet sy gereelde klante nou ná 25 suksesvolle jare groet.

Deur: Netwerk 24