Posted on Leave a comment

Iets na aan die hart of baie om te sê? Laat SAUK Nuus en die gemeenskap weet!

SAUK Nuus is ‘n gemeenskaps platform wat die Boere Afrikaner gemeenskap dien. Die hoofstroom media verdoesel baie agter hul betaalmure en sekere stories ontvang geen dekking nie. Dit is dus baie belangrik dat ons ons eie onafhanklike platform het om als van belang te deel. Ons is nie verbonde aan SABC nie of enige organisasie, regering of geheime groep nie.

Stuur asb. enige stories, nuus, foto’s, video’s, klankgrepe, pers verklarings of gemeenskaps en welsyns aankondigings, wat julle dink van belang is vir ons gemeenskap, sodat ons dit met almal kan deel. Nuwe idees is ook welkom.

Ons benodig ook vrywilligers wat kan uithelp in enige hoedanigheid sodat ons ons gemeenskap sterk kan bou. Daar is baie om te doen! Ons wil ook graag streeks of provinsiale nuus en stories dek.

Stuur gerus info aan [email protected] of op ons webwerf by https://nuus.net/kontak-ons/ of @sauknuus op Twitter of op ons bakkiesblad se inbox op Faceboek.

Baie Dankie vir U ondersteuning dusver.

Don

Posted on Leave a comment

Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar! SAUK Dank U Vir U Ondersteuning en Vra Om Hulp in Die Nuwe Jaar

In die gees van Kersfees en samesyn en gemeenskap, wil ons graag vir al ons volgers, lesers, luisteraars en kykers ‘n Geseënde Kersfees toewens en hoop die samesyn met familie, vriende en volksgenote is vol vreugde en goeie herinneringe! Dankie vir U ondersteuning dusver en ons hoop om net te verbeter in die Nuwe Jaar, met U hulp.

Ons gaan voort met ons organiese groei strategie maar wil graag ons ondersteuners vra om meer betrokke te raak, en ons te help om die platform te word wat ons volkie so erg benodig. Die staat gee hope geld aan ander volke maar ons kry niks. Inderdaad ons ontvang geen fondse vanuit enige oord en dit gaan maar soms broekskeur hier, en ons is bewus ons diens het soms baie te wense, en dit is ook waarom ons om hulp vra.

Wat wil U hê die platform moet wees?

Een ding wat ons wel het, is volgers wat ryk aan ondervinding, wysheid, idees, geloof en lojaliteit is, en ons wil graag dié bron delg om die platform vir Afrikaans verder uit te bou.

Hoe wil U hê informasie, nuus en vermaak moet aan U uitgelewer word en wat verkies U om te ontvang? Sal U geïnteresseerd wees in ‘n daaglikse nuus bulletin video en/of radio? Verkies U plaaslike nuus? Wat nog?

Kan U bydra?

Ons vra ook dat enige vrywilligers ons asb. kontak indien hulle die platform en gemeenskap wil help – enige idees of bydraes is welkom want op die einde van die dag is die platform daar vir julle. Ons maak absoluut geen wins hieruit, inderdaad dit is die teenoorgestelde, maar dit is geld, tyd en werk wat ons gewillig opoffer met die doel om weer beheer oor ons erfenis en toekoms te behaal.

Indien U ‘n besigheid het wat Afrikaners as kliënte soek, het ons ook heelwat advertensie geleenthede.

Weereens baie dankie vir U ondersteuning.

Don en die SAUK span.
SAUK.co.za ¦ SAUKTV.com ¦ SAUKradio.com ¦ Wereldwyd.com ¦ Maatjie.com
(Ons is nie deel van SABC nie)