Posted on Leave a comment

ANC Versteek Hul Misdade Weg Agter Apartheid, Wat NIE ‘n Misdaad Teen Die Mensdom Was Nie, Soos Die Kommunistiese Sowjet Unie Propaganda by die VN Beweer Het!

Slim Vang Toe Sy Baas. Na ‘n vernederende ervaring tydens die SONA Staatsrede, waar verraaier F.W. De Klerk, Nobelpryswenner, en sy tweede vrou Elita, lelik uitgejou is deur sy eie geliefkoosde swartes, het hy onverwags dié keer terug geslaan en Apartheid verdedig, glo dit of nie. Dalk werk openbare vernedering wel op so mens, wat Volk en Vaderland uitverkoop het vir ‘n pot lensiesop, en die valse morele hoër grond?

Weereens het SA se swart meerderheid dit reggekry om die kollig van hulself en hul misdade en stroping van SA weg te skyf, en om die arme dooie Apartheids perd weer te looi! Gedurende die SONA Staatsrede het die EFF-leier, Julius Malema, onder andere gesê die voormalige president De Klerk se hande drup ‘met bloed’. Die EFF het beweer – nog voordat Cyril Ramaphosa met sy toespraak kon begin – dat die hande van De Klerk “met bloed drup”, insluitend die bloed van diegene wat in 1992 in die Boipatong-stad geslag is.

Die EFF party het ook beweer dat De Klerk, ‘n week tevore in ‘n onderhoud, gesê het dat apartheid nie ‘n “misdaad teen die mensdom” is nie en dat hy op die basis, onmiddellik uit die kamer verwyder moet word. Daardie eis is later deur speaker Thandi Modise van die hand gewys. Die voormalige president en leier van die destydse Nasionale Party (NP), wat volgende maand 84 jaar oud word, het in die openbare galery gesit terwyl hy die skouspel van die EFF onder in die kamer gesien en gehoor het.

Daarna, het die De Klerk-stigting, op Vrydag 14 Februarie, ‘n verklaring vrygestel na aanleiding van die wyse waarop die Economic Freedom Fighters (EFF), die voormalige president Donderdag by die jaarlikse Staatsrede (SONA) geboelie het. Dit was slegs in engels beskikbaar.

Die stigting, wat in 1999 gestig is om die sake waarvoor De Klerk tydens sy presidentskap gewerk het, te bevorder, het gesê dat wat by SONA plaasgevind het, was ‘n golf ná golf van giftige aanvalle deur Julius Malema en EFF-parlementslede in hul handelsmerk rooi oorpakke.

De Klerk, die laaste president van Suid-Afrika tydens apartheid (1989 tot 1994), het volgens die stigting, “herhaaldelik erkenning gegee aan die ernstige ongeregtighede wat onder apartheid gepleeg is, en by ‘n aantal kere opreg verskoning gevra vir diegene wat onder vorige regerings gely het.”

Die verklaring het gesê die beledigings “was meer as leë woorde; hy het sy hele presidentskap toegewy aan die afskaffing van apartheid en die onderhandeling van ‘n nuwe Grondwet wat die regte van alle Suid-Afrikaners sou verskans, ongeag ras. Hy het toesig gehou oor die proses wat gelei het tot die herroeping van al die oorblywende apartheidswette” het hy bygevoeg. Maar hy het versuim om sy beroemde “Checks & Balances” te noem.

Snaaks, siende dat Malema ‘n paar jar terug self gesê het dit was beter onder Apartheid:

Malema - it was better under apartheid

 

Maar was apartheid ‘n misdaad teen die mensdom?

Die stigting het gesê dat die VN se Algemene Vergadering in November 1966 Apartheid as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar het – en in 1973 die Konvensie oor die Onderdrukking en Straf van die Misdaad van Apartheid aanvaar het.

“Beide die resolusie en die konvensie was politieke inisiatiewe van die Sowjetunie – wat self gruwelike misdade teen die mensdom gepleeg het, wat die dood van miljoene mense behels het,” lui die verklaring.

In 1976, toe die konvensie in werking getree het, was 23 van die 31 ondertekenaars, volgens Freedom House in New York “nie vry nie”.

“Ses was deels vry – en net twee was vry. Ironies genoeg is Apartheid Suid-Afrika geklassifiseer as ‘gedeeltelik vry’ – en het ‘n beter rekord van menseregte gehad as 27 van die ondertekenaars,” het hy bygevoeg.

Nie een van die groot kern demokrasieë is in die 109 state wat later by die Konvensie aangesluit het nie.

 

Volgens die afgevaardigde van die Verenigde State self:

“So goed as wat dit is, kan ons vanuit ‘n wettige oogpunt nie aanvaar dat Apartheid op hierdie manier ‘n misdaad teen die mensdom kan word nie. Misdade teen die mensdom is so ernstig van aard dat dit noukeurig uitgewerk en streng uitgelê moet word onder die bestaande internasionale reg … ”

“Die idee dat apartheid “‘n misdaad teen die mensdom” was, was en bly ‘n “agitprop”-projek wat deur die Sowjets en hul African National Congress (ANC) / Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SACP) se bondgenote geïnisieer is om wit Suid-Afrikaners te stigmatiseer deur hulle te verenig hulle met opregte misdade teen die mensdom – wat oor die algemeen totalitêre onderdrukking en die slagting van miljoene mense insluit, ”lui die stigting.

Luidens die verklaring is ongeveer 23,000 mense tussen 1960 en 1994 in Suid-Afrika se politieke geweld dood – van wie minder as 5,000 deur die veiligheidsmagte dood is. Die meeste van die res van die sterftes het voorgekom in die konflik tussen die Inkatha Freedom Party en die ANC – swart of swart geweld. Dit vergelyk met 500,000 moorde in die ANC se tyd. In Kenia het die Britte meer as 320,000 mense geïnterneer tydens die Mau-Mau-opstand en meer as duisend Mau-Mau-lede opgehang. In Algerië het die Franse meer as 140,000 mense doodgemaak in ‘n oorlog wat ongeveer 700 000 lewens geëis het. Nie een van hulle is as menseregte skendings genoem nie.

“Niks hiervan is bedoel om die ongeregtighede wat ongetwyfeld onder apartheid gepleeg is, af te kalk nie. Ons het egter ‘n gebalanseerde begrip van die verlede nodig – nie een wat gebaseer is op ‘n ‘simplistiese swart / wit, goeie / slegte raamwerk’ nie, maar op ‘n raamwerk wat die oneindige grys skakerings weerspieël wat die geskiedenis kenmerk,” het hy bygevoeg.

£Dit is op grond hiervan dat De Klerk blykbaar die omstrede opmerking gemaak het, asook is daar “geen bewyse gevind wat De Klerk by geweld impliseer nie,” sê die stigting

Soos meer en meer van blanke Suid Afrikaners wat Ja gestem het, leer dat die hele afskaffing van Apartheid, net deel van die Nuwe (of Liberale) Wêreld Orde komplot was, raak FW De Klerk se posisie meer en meer onhoudbaar, en moet ons begin vrae vra oor die narratief wat die hooofstroom media destyds vir ons gevoer het. Dit word meer en meer duidelik as mens kyk hoe dieselfde “anti-rassisme” wapen gebruik word om Europa oor te neem, om dit in een “EU Superstate” te forseer – nog ‘n multikulti nagmerrie. Die enige manier om ‘n dosyn nasies, soos in SA se geval, in een Staat te forseer, is deur hul identiteite, tale, kulture, tradisies, standaarde, morele, godsdiens en hele samelewing af te breek, op te meng en te verplaas met een wat “almal” aanvaar, naamlik materialisme en konsumerisme – waar die multinasionale maatskappye en organisasies al die profyt maak en mag het.

Maak nie saak wat jou ras is nie, jou kultuur is nou iPhones, Idols en Netflix. Dit is voordiehandliggend dat SA in 1994 ‘n proef konyn was vir wat nou in Europa en VSA aangaan, naamlik: “Die Kalergiplan”.

 

Kalergi Coudenhove Plan

 

Lees ook: Suid-Afrika: Sedert die afskaffing van apartheid is 1 000 000 mense verkrag, 500,000 gedood

Abominasie Kommie SA