Posted on Leave a comment

Rustenburg man besig om die SA Sh*thole te vlug na Kanada, word verskeie kere deur swart inbreker geskiet!

‘n Onskuldige man op die punt om na Kanada te emigreer is verskeie kere tydens ‘n huisinval in Rustenburg geskiet. George Spalding (54), wat binnekort na Kanada sou emigreer, word nou in die ICU van die provinsiale hospitaal van Rustenburg behandel nadat hy Donderdagoggend minstens vier keer deur ‘n swart inbreker in sy huis in Cashan, Rustenburg, geskiet is.

Die voorval het tussen 0300-0400 plaasgevind toe Spalding aan die slaap was, toe hy ‘n geluid hoor wat hom wakker maak. Toe hy die deur van sy slaapkamer oopmaak, word hy ‘n paar keer deur die swart inbreker geskiet, wat van die gang af geskiet het. Die indringer het toe met ‘n skootrekenaar gevlug.

Die skieter het toegang tot die huis gekry deur ‘n venster te breek en die diefwering oop te dwing. Spalding het in sy motor geklim en straat toe gery en ‘n geraas met die toeter van sy motor gemaak, maar niemand in due buurt wou uitkom nie. Die gewonde Spalding het daarna etlike kilometers na die huis van vriende gery waar hy weer op sy motor se horing gedruk het. Gelukkig het mense daar, ook sy vriend, uit hul huise gekom en hulp ingeroep en Spalding gehelp om na die hospitaal toe te kom.

Die polisie ondersoek, maar daar is nog geen arrestasie gemaak nie.

George Spalding

Lees ook: Plaasaanval: huisroof, poging tot moord, Waterpoort – 2020 nog nie eers in volle gang, maar wit Suid-Afrikaners word reeds geslag en aangeval deur wrede barbare


 

Posted on Leave a comment

Bejaardes lê ure vasgebind na plaasaanvallers inreek by hul plaashuis naby Pretoria

Bejaardes lê ure vasgebind na plaasaanvallers inreek by hul plaashuis

’n Egpaar van in hul 80’s moes heelaand vasgebind lê terwyl rowers hul plaashuis geplunder het.

James (84) en Lenie Leask (87) van Boekenhoutskloofdrift, tussen Pretoria en Cullinan, kon eers Maandagoggend om 07:00 hulp ontbied toe hul werkers ingekom het.

André van Heerden van die Cullinan-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sê die egpaar is nie seker presies wanneer die aanvallers Sondagaand die huis ingekom het nie, maar hulle het wakker geword toe ’n flitslig in hul oë geskyn word.

Dit is onbekend of die rowers gewapen was, maar daar was vermoedelik drie van hulle.

Hulle het die diefwering voor een van die vensters afgeknip, waarna hulle die slapende Leasks in hul slaapkamer verras het.

“Die slagoffers is met elektriese koorde vasgebind en die kamerdeur is van buite af gesluit. Daarna het die rowers deur die hele huis, byna elke laai en kas, gegrawe.

“Hulle het van die drank in die huis gedrink en elektroniese toerusting, soos selfone, ’n televisie en skootrekenaars in die Leask-egpaar se silwer BMW en Ford Courier-bakkie gelaai,” sê Van Heerden.

Die aanvallers is eers net voor ligdag met die voertuie en buit daar weg.

Toe dit stil word in die huis, het Lenie haarself losgewikkel gekry, maar omdat hulle in die kamer toegesluit was en hul fone geroof is, kon die egpaar eers hulp ontbied toe die werkers hulle aanmeld.

“James se gewrigte was effens geswel van die vasbind en Lenie het merke van toe sy vermoedelik tydens die loswoel van die bed afgeval het, maar verder is hulle nie beseer nie,” sê Van Heerden.

Daarna het die rowers deur die hele huis, byna elke laai en kas, gegrawe.

Die polisie op Cullinan en die egpaar se kinders is dadelik ontbied.

Die GPF het ook gereël vir berading vir die egpaar en Lenie is later Maandag hospitaal toe geneem om seker te maak sy is ongedeerd, terwyl die polisie se forensiese kundiges en honde-eenheid die toneel gefynkam het.

Die geroofde bakkie is later verlate in Rietgat, Soshanguve, noord van Pretoria, gevind maar die BMW is steeds soek.

Netwerk 24
Hierdie verslag weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK nuus nie