In Suid-Afrika lei stadige geregtigheid tot geen geregtigheid: Die plaasmoordverhoor van 7 swart beskuldigdes het nog nie sedert 2017 begin nie, weens die vertragings taktieke van die beskuldigdes, bygestaan deur die Regshulpraad. Sewe plaasmoordenaars in ‘n plaasmoord saak en ‘n poging tot moord saak, in die Kleinfontein-omgewing in Noordwes, speel die stelsel en sleep die saak eindeloos uit, met die hulp van die Regshulpraad.
Die beskuldigdes is in aanhouding vir poging tot moord van die boer, Hennie Eksteen, op 29 Junie 2017 wat op sy plaas geskiet is, en die moord van die boer Dries Botha, wat buite sy huis oorval is, toe hy ‘n alarmstelsel by sy skaapkraal gaan aktiveer het op Dinsdag 4 Julie 2017 om 20:00. Hy het ‘n paar dae later in die hospitaal aan sy wonde beswyk.
Daar word vermoed dat vyf skote op Dries Botha afgevuur is, en hy het drie skietwonde in die bolyf en ‘n skoot in die arm opgedoen, terwyl sy vrou in die huis was. Sy het haarself in die badkamer toegesluit en hul bure om hulp geroep nadat sy haar man buite hoor skree het. Botha het teruggeveg en sy aanvallers het van die toneel gevlug sonder om iets te steel. Albei voorvalle het in dieselfde omgewing plaasgevind.
Die sake is voorheen verskeie kere uitgestel nadat die raad vir regshulp nuwe advokate moes aanstel, vir die rekening van belastingbetalers natuurlik, nadat die beskuldigdes mekaar begin beskuldig het. Twee van die beskuldigdes het in Desember 2018 uit die Hartbeestpoort-polisieselle ontsnap, maar hulle is later weer in hegtenis geneem. Uiteindelik het die landdros die sake tot 4de, 17de en 20ste Februarie uitgestel vir verhoor, maar op 4 Februarie het slegs een prokureur van die Regshulpraad opgedaag.
Die saak is toe tot 17 Februarie uitgestel, maar toe het adv. Naas de Jager, wat 4 van die beskuldigdes verteenwoordig, aangekondig dat hy onttrek, omdat een van die beskuldigdes, Caiphus Shilenge, voortdurend sy storie verander. Die landdros in die saak het die saak weer uitgestel tot tyd en wyl die hoof van die Regshulpraad in Noordwes, voor die hof verskyn om die situasie te verduidelik.
Dit is onseker wanneer die saak nou verhoor sal word, aangesien die hoof van die Regshulpraad in die provinsie voor die hof moet verskyn, voordat daar oor enige iets beslis kan word.
Lees ook: Plaasaanval: Gesin van 8 wreedaardig aangerand deur 6 barbare, Deelpan in Noordwes-provinsie