Dit is ‘n wonder dat Potchefstroom steeds staan met die ope plundering by ‘n plaaslike swart munisipaliteit wat soos ‘n sindikaat van georganiseerde misdaad, deur die plaaslike ANC, met ‘n eie slush fonds bedryf word. Mnr Hans-Jurie Moolman, koukusleier van die DA in die JB Marks-munisipaliteit, het aan die lig gebring dat die JB Marks-munisipaliteit wat Potchefstroom en Ventersdorp uitmaak, ‘n ongelooflike bedrag van R53 miljoen sedert Julie verlede jaar aan amptenare van die munisipaliteit uitbetaal het vir oortyd.
Daar kan geen twyfel meer bestaan dat die plundering van die munisipaliteit deur die amptenare die eintlike doel van die munisipaliteit is, en nie die lewering van dienste nie, soos ‘n “protection racket”. Mnr. Moolman het aan Netwerk24 gesê dat die DA in die raad nou sal vra vir ‘n spesiale raadsvergadering om die aangeleentheid te bespreek, en hulle sal ook vra vir die verslag van die beweerde ondersoek, wat die JB Marks-munisipaliteit beweer dat hulle reeds in die middel van verlede jaar begin het.
Mnr. Moolman het onthul dat ‘n asemrowende bedrag van 383.574 totale ure sedert Julie verlede jaar tot Januarie 2020 as oortyd deur die munisipaliteit uitbetaal is. ‘n Mens wonder wat hierdie amptenare eintlik al hierdie ure gedoen het? ‘n Mens sou nie eens glo dat daar ‘n enkele uur gewerk word as jy na die staat van die stad kyk nie. Moolman het onthul dat die totale bedrag van oortyd wat uitbetaal is, presies R52,990,960 was. Hy het gesê dat toe die DA die syfers ontleed het, het dit duidelik geword dat sommige amptenare, bo hul normale werksure van 180 per maand, tot 288 oortydure per maand gewerk het! Ontleed die aantal ure en U sal sien dat hierdie amptenare slegs 8 uur uit die 24 uur per dag nie by die werk was nie. Dit is natuurlik fisies onmoontlik. Dit is plundering en dit is natuurlik buite beheer.
Mnr. Moolman het gesê dat die wetlik toegelate perk vir oortyd vir munisipale werkers 45 uur per week is. Moolman het ook gesê dat die DA in April 2019 ‘n brief aan die burgemeester, Kgotso Khumalo, geskryf het, sowel as die munisipale bestuurder, oor die oortydkwessie, maar hul brief is nooit beantwoord nie. Moolman het gesê toe die DA die saak van oortyd in ‘n daaropvolgende raadsvergadering verlede jaar aanhangig gemaak het, het die munisipale bestuurder erken dat daar ‘n probleem is en ‘n ondersoek belowe, maar daar is nooit weer van hierdie ondersoek gehoor nie, en dit is nou amper ‘n jaar later.
Nou ja, miskien het die man net vir Mnr. Moolman gelieg en ‘n ondersoek belowe toe hy duidelik geweet het dat hulle dit nie gaan doen nie en sodoende verantwoording doen? En hul bedrogspul gaan so goed! Die munisipale bestuurder was waarskynlik die eerste een in die tou by die voerbak vir oortyd. Intussen het die uitbetaalde oortyd van R2,5 miljoen in 2018 tot ‘n ongelooflike R8,9 miljoen verlede jaar gespring. Moolman het ook daarop gewys dat oortyd bereken word op 1,5 of dubbel die reeds hoë normale loon vir hierdie amptenare.
Ons het ook onlangs berig dat die JB Marks Munisipaliteit ‘n sluikfonds bedryf in die vorm van ‘n trust, geregistreer by ‘n plaaslike prokureur in Potchefstroom wat ‘n bedrag van R161,329 uitbetaal het sodat raadslede na Julie in Durban kon gaan. Die Valke ondersoek die reis in Durban in Julie en nog ‘n transaksie waar R1,7 miljoen na ‘n buite-rekening oorgeplaas is. Ons het ook berig dat die munisipaliteit se eie rekeninge toon dat ‘n bedrag van R 2,6 miljoen uitstaande is en verskuldig word deur dienende raadslede, wat op onwettige maniere daarmee aangegaan het. Tog is daar geen stappe teen die raadslede nie.
Die verslag van die Ouditeur-Generaal oor die munisipaliteit vir die jaar 2018/19 skets ‘n donker prentjie. Die syfers toon ‘n bedrag van R 2,1 miljard aan onreëlmatige uitgawes, R833 miljoen aan onwettige uitgawes en R76 miljoen aan verkwistende uitgawes (geen resultate is behaal nie). Die Ouditeur-generaal het ook bevind dat die munisipaliteit nie by verkrygingsprosedures gehou het nie en die uitgawes nie behoorlik dopgehou het nie, en hy het in sy laaste en vorige verslae genoem dat die munisipaliteit dit nooit ondersoek wanneer geld gemors, gesteel of onreëlmatig bestee word nie. Amptenare word ook nie ondersoek nie, al word klagtes daarteen ingedien weens finansiële onreëlmatighede.
Die plaaslike “burgermeester” Kgotso Khumalo, teen wie betogings in die strate gehou is wat vra vir sy bedanking, veg teen ‘n beslissing deur die Noordwes provinsiale regering om Potchefstroom onder administrasie te plaas, iets waarvoor belastingbetalersfondse natuurlik ook gebruik word. Die burgemeester, Kgotso Khumalo, het egter ‘n ‘afvaardiging’ van amptenare en raadslede in ‘n uitspattige reis na Swede gelei om na bewering hul vennootskap te versterk en die vordering met verskillende projekte te beoordeel. Durf ons vra of daar rekeninge op daardie reis gehou is en of alle geskenke verklaar is?