Posted on Leave a comment

Afriforum Verkondig Hul Weergawe Van Plaasmoord Statistieke Vir 2019, Met ‘n Toename Van 27% in Daaglikse Aanvalle! Verdedig en Beskerm Jouself – Die Swart Meerderheids Regime Sal Nie!

Terwyl die ANC-regime nog steeds ontken dat plaasaanvalle en plaasmoorde ‘n probleem is – wys statistiek ‘n toename in plaasaanvalle tussen 1999 en 2019. Afriforum het hul weergawe van die plaasaanval statistieke van 2019 vrygestel, wat as ‘n minimum geneem kan word, gegewe hul matige konserwatiewe benadering, en dit bevat slegs aanvalle wat aan hulle gerapporteer is. Nog steeds toon dit ‘n duidelike toename in die stadige oorlog en volksmoord op blankes en selfs plaaswerkers word geraak.

Die statistieke van Afriforum oor plaasmoorde en plaasaanvalle vir die 2019 jaar, toon dat plaasaanvalle vanaf 2011 jaarliks ​​toegeneem het met altesaam 552 plaasaanvalle wat in 2019 by Afriforum aangemeld is. Dit is ‘n toename van 27% vanaf die 433 plaasaanvalle wat in 2018 aangemeld is. Lorraine Claassen, ‘n ontleder by Afriforum, sê die meeste plaasmoorde was verlede jaar in die Vrystaat, altesaam 11.

Die getal plaasmoorde in die Vrystaat het die afgelope drie jaar aansienlik gestyg, maar steeds het 30% van die plaasaanvalle verlede jaar in Gauteng plaasgevind. Claasen verduidelik dat misdadigers in een nag veelvuldige kleinhoewes soos dié in Erasmia en Muldersdrift kan aanval omdat hulle naby mekaar is. Claasen sê dat 905 mense verlede jaar geraak is deur aanvalle op plase en kleinhoewes.

In 26% van die plaasaanvalle was daar ‘n definitiewe poging tot moord. Moorde is gepleeg in 9% van die plaasaanvalle en verkragting in 3% van die plaasaanvalle. Daar was gemiddeld 1,1 plaasmoorde per week en 1,5% plaasaanvalle per dag in 2019. Die gemiddelde aantal aanvallers per voorval was 3. Volgens Claasen was die meeste plaasaanvalle gedwonge toegang deur byvoorbeeld deure af te breek of diefwering te buig, en die meeste plaasaanvallers kom met ‘n voertuig (wat patrollies van landelike paaie noodsaaklik maak omdat die polisie dit nie doen nie).

Theo de Jager, hoof van die landbouliggaam Saai, sê in 26% van die gevalle was plaaswerkers ook die slagoffers van aanvalle. Ian Cameron van Afriforum wys daarop dat die statistieke wys dat dit duidelik is dat die Suid-Afrikaanse Polisie, en die regering nie in staat is, of nie wil, of albei, boere en plaaswerkers wil beskerm nie, en dat boere hulself sal moet verdedig (so begin asb. om jou vuurwapens te dra en hou dit byderhand, en nie altyd in ‘n kluis weggesteek waar die misdadigers dit sal neem as hulle jou in jou bed verras nie).

Net hierdie week is berig dat die liggame van 2 mans, 50 en 54 jaar oud, op ‘n kleinhoewe by Maclear in die Oos-Kaap gevind is. Hul hande was vasgebind en kele afgesny. Hul name is nie bekend gemaak nie.

 

Plaasmoorde

 

Lees ook: Die slag van wit boere duur voort – 15 plaasaanvalle 1 plaasmoord in die eerste 15 dae van Desember 2019


 

Posted on Leave a comment

Boerenooiens staan dapper hul man deur aanvallers op ’n afstand te hou

Boerenooiens staan dapper hul man deur aanvallers op ’n afstand te hou

Hannelie Jacobs (59), haar dogter Suretha (29) en haar 81-jarige ma, Grietjie van Vuuren, het dapper hul man gestaan en daarin geslaag om die aanvallers op ‘n afstand te hou tot hulp opgedaag het.

Die drie vroue en vier kinders, waaronder ‘n ses-dae-oue baba, was alleen op die plaas in Krokodildrift-Wes toe drie aanvallers kort na 22:00 die vensters van die huis met klippe uitgegooi en die deure en veiligheidsdeure afgebreek het.

“Ek was in die kamer saam met een van die kinders toe die venster agter my in skerwe spat. Ek het gesê hy moet na sy ma toe hardloop. Daar was drie mans en die volgende oomblik het vensters oral in die huis gebreek en hulle het groot klippe na ons gegooi,” het Hannelie aan Kormorant vertel.

“Die rowers het die deur en veiligheidsdeur met ‘n pik oopgekap en in die huis ingekom. Hulle het die pik na Suretha en my ma gegooi. My dogter het gesê ek moet die kinders in die badkamer gaan toesluit. Ek het die kinders gegryp en gehardloop. Suretha het die pik in die hande gekry en die rowers daarmee gestorm. Hulle is uit die huis, maar het weer ingekom. My ma het hulle met pepergas gespuit en Suretha het hulle steeds met die pik gedreig.”

Hannelie het intussen die paniekknoppie gedruk en die vroue kon die rowers afweer tot Monitor Net sekuriteit op die toneel opgedaag het. “Hulp was binne vyf minute daar, maar dit het soos ure gevoel.”
Die verdagtes is deur die sekuriteitsbeamte verras en skote is afgevuur. Hulle het op vlug geslaan. Volgens Hannelie was een van die aanvallers in wit geklee en twee het blou oorpakke met glimstroke aangehad. Lede van die Brits gemeenskapspolisiëringsforum Sektor 1 was kort hierna op die toneel.

Niemand is tydens die aanval beseer nie.

“As dit nie vir Suretha was nie, was ons almal moontlik dood. Sy het ses dae gelede ‘n baba gehad, maar het vir ons almal baklei.”

Dit is nie die eerste keer dat dié dapper vrou haar ouers in ‘n plaasaanval beskerm nie. Die gesin is ‘n paar jaar gelede ook op die plaas aangeval. “Dié nag het ons nie die rowers hoor inkom nie en hulle het my pa in sy bed gekonfronteer. Suretha het hulle met ‘n mes verjaag.”

Die Brits polisie ondersoek die saak en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

(Erkenning aan: Kormorant)


Posted on Leave a comment

Motorfietse brul teen Plaasaanvalle by Hartbeespoortdam

Motorfietse brull teen Plaasaanvalle by Hartbeespoortdam

Die lug om Hartbeespoortdam gaan op 16 September 2017 gevul word met die gebrul van motorfietse teen plaasaanvalle.

“Die Nasionale Motorfietsvereniging en sy assosiate gaan die dag fondse insamel om boere en plaaswerkers teen plaasaanvalle te help beskerm. Dié fondse sal tydens Agri SA se kongres in Oktober 2017 aan die Agri Securitas Trustfonds oorhandig word”, sê Ben Stander, voorsitter van die reëlingskomitee.

“Ons as motorfietsentoesiaste kan nie langer terugsit en toesien dat boere en plaaswerkers wat ‘n bate vir ons land is vermoor word, sonder dat ons iets daaraan doen nie. Daarom reël ons die pretdag by die Hartbeespoortdam vakansieoord om fondse in te samel vir die Trustfonds. Ons kan ons vereenselwig met die werk wat die Trustfonds doen om die boerderygemeenskap teen plaasaanvalle te help beskerm en is oortuig daarvan dat die Trustfonds die regte voertuig is om die fondse te ontvang”, sê Piet Jooste, lid van die reëlingskomitee.

Kiewiet Ferreira, waarnemende voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds sê dat, “die Trustfonds waardering het vir die welwillendheid van die motorfietsvereniging teenoor die boerderygemeenskap, om hulle by te staan om die huidige misdaadprobleem te help oorkom. Onlangse mediaberigte het weereens die geweld teenoor die boerderygemeenskap op die voorgrond geplaas en daarom is die trustees dankbaar vir die tyd wat professionele mense en lede van die publiek opoffer om boere in hierdie krisistydperk by te staan”.

Lede van die publiek en boere word genooi om te kom deel in die pret wat gedurende die dag aangebied sal word en die poging om fondse in te samel waardeur boere en plaaswerkers beskerm kan word. Daar sal hope vermaak, eet- en drinkgoed beskikbaar wees. Verskeie kunstenaars het hulle dienste gratis beskikbaar gestel om hulle deel by te dra tot die fondsinsamelingsprojek. Almal is welkom om die dag te kom ondersteun en hekke open reeds om 08:00.

Ter afsluiting sê Ben Stander, “dat dit nou lede van die publiek se tyd is om ‘n deel by te dra om ons boere en plaaswerkers te ondersteun, ons kan nie net aanhou praat oor die probleem, nou kan almal iets bydra. Jy kan nie die pretdag misloop nie, onthou dit is vir boere, plaaswerkers en families om hulle te help beskerm teen plaasgeweld. Ons vereenselwig ons ook met die doelstellings van die Agri Securitas Trustfonds en die werk wat hulle doen om die boerderygemeenskap te help beskerm”.