Posted on Leave a comment

Onteiende Grond Wat Sonder Vergoeding Gesteel Word, Sal Teruggegee Word en ANC & EFF Kamerade Sal Verantwoording Daarvoor Moet Staan – Boere-Afrikanervolksraad

Die voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad en leier van die HNP, mnr Andries Breytenbach, sê in ‘n dokument aan die Parlementêre ad hoc-komitee wat gemoeid is met die wysiging van artikel 25 van die Suid-Afrikaanse grondwet, ten einde onteiening van die burgery se eiendom, sonder vergoeding moontlik te maak, dat onteiening van eiendom sonder vergoeding ‘n kriminele daad van diefstal is.

Mnr Breytenbach het in ‘n skerp bewoorde voorlegging aan die Parlementêre komitee geskryf dat die wysiging van artikel 25 immoreel, illegitiem en die misbruik van mag is. Hy sê in sy voorlegging dat die voorgestelde wetgewing om artikel 25 van die huidige grondwet te wysig en enige poging om onteiening sonder vergoeding te “wettig”, in sy geheel verwerp word.

Die Afrikanervolk sal sodanige wetgewing nie as legitieme wetgewing erken nie, en sal met die middele tot hulle beskikking hulle teen die
diefstal van hulle eiendom verweer en sal nie die eienaarskap of besitreg van persone of instansies aan wie sodanig gesteelde eiendom gegee of verkoop word, erken nie.

Mnr Breytenbach sê wanneer die geleentheid en omstandighede daarvoor ontstaan, sal die ontneming van sulke eiendom omgekeer word en sal die eiendom aan hul regmatige eienaars teruggegee word. Die koste van sodanig omkering en skade deur die regmatige eienaars deur sodanige ontneming gely, sal van diegene wat daarvoor verantwoordelik was en/of daaraan meegedoen het, verhaal word.

Lede van ʼn wetgewende vergadering wat sodanige wetgewing ondersteun, en die president wat dit goedkeur, sal, wanneer die geleentheid en omstandighede hulle daartoe leen, kollektief en individueel voor die gereg tot verantwoording geroep word, sê mnr Breytenbach.

Mnr Breytenbach se volledige verklaring in Engels kan hier afgelaai word:

Commentary of the Volksraad (BAV)

Solank hul nie wit is nie" – Wit rassisme in SA regering onthul

Lees ook: Grond onteiening skok onthulling! ANC-regime publiseer skyn wetsontwerp oor onteiening sonder vergoeding


 

Posted on Leave a comment

Grond onteiening skok onthulling! ANC-regime publiseer skyn wetsontwerp oor onteiening sonder vergoeding

Die leier van die Afrikaner Selfbeskikking Party het sterk tevelde getrek teen die ANC oor die regering se koers met grond onteiening.

Die skokkende onthulling is in die afgelope naweek in die media gemaak dat die ANC bloot ʼn skyn-wetsontwerp oor onteiening sonder vergoeding vir openbare kommentaar gepubliseer het. Die media het openbaar dat Dr Mathole Motshekga van die ANC erken het dat die ANC hierdie skyn-wetsontwerp gepubliseer het sodat dit nie te veel teenkanting veroorsaak voordat die ware wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê word nie.

In terme van die ware wetsontwerp sal die howe volgens Motshekga geen bevoegdheid hê om oor die wettigheid van die ANC se beoogde onteienings sonder vergoeding te beslis nie.

Motshekga het verklaar dat die hofproses na die mening van die ANC te lank duur en dat die ANC-regering as verkose regering die finale seggenskap oor onteienings sonder vergoeding moet hê.

Die hele begrip van onteiening sonder vergoeding wat die ANC beoog, is reeds in die gepubliseerde wetsontwerp onwettig in terme van die Volkereg ten spyte van die klousule daarin wat die bepaling van die wettigheid van nul vergoeding vir onteiening in die hande van die howe laat. Hierdie verskuilde wetsontwerp is insgelyks ʼn regsvergryp teen die Volkereg.

Die Afrikaner Selfbeskikking Party sal hierdie onwettige strategie van die ANC, en die onwettige onteiening sonder vergoeding, in welke gedaante ookal, teenstaan met alle middele tot sy beskikking.