Posted on Leave a comment

Reeksmoordenaar los in Pretoria wat op haweloses teer – Lyk van 5de hawelose man in Pretoria gekry

Reeksmoordenaar los in Pretoria wat op haweloses teer - Lyk van 5de hawelose man in Pretoria gekry

Die polisie het Woensdag die lyk van ‘n vyfde hawelose slagoffer in Pretoria gekry nadat vier hawelose mans reeds die afgelope paar weke vermoor is.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê hulle het ‘n taakspan op die been gebring om die moorde te ondersoek nadat die vyfde lyk sowat 400 m van die Unisa-kampus in Muckleneuk gevind is.

“Die polisie kan bevestig dat minstens vyf lyke tot dusver gekry is. Die lyke is oor die bestek van twee tot drie weke gevind, in verskillende dele van Muckleneuk in die Pretoriase middestad.”

Peters sê die ondersoek is steeds aan die gang, maar die polisie kan reeds bevestig dat die vermoordes almal middeljarige, hawelose mans is, wat in die nag vermoor is.

Sy sê lt.genl. Elias Mawela, Gauteng se polisiehoof, het ‘n taakspan op die been gebring om die moorde te prioritiseer sodat hulle kan seker maak die skuldiges word so gou moontlik gevang.

Muckleneuk

‘n Bebloede kombers en blou handskoen lê in die Magnoliadalpark waar die lyke van twee mans vroeër gevind is. Foto: Felix Dlangamandla

Die polisie het ook ‘n beroep op private veiligheidsmaatskappye en lede van die publiek gedoen om te help om die skuldiges vas te trek.

Mawela sê hulle wil nie paniek onder die mense in Muckleneuk saai nie, maar hulle wil hê mense moet versigtig wees en hul oë oophou.

Dinsdagoggend het die Tshwane-metropolisie op die lyk van ’n vierde man op die hoek van Justice Mahomed- en Troyestraat in Sunnyside gekry.

Die lyk van die eerste man is op 25 Mei by die Mearspark-treinstasie in Sunnyside gekry. Nadat die lyke van die tweede en derde slagoffer op 8 en 9 Junie in Magnolia Dell, naby die treinstasie, gekry is, het die vraag ontstaan of ’n reeksmoordenaar in Pretoria hawelose mans vermoor.

Volgens kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, volg ondersoekbeamptes alle moontlike leidrade op om die moordenaar(s) vas te trek.

“Ek kan nie in die stadium sê dat dit die werk van ’n reeksmoordenaar is nie, maar die moontlikheid daarvan word wel ondersoek,” sê Mavimbela.

“Dinsdag se slagoffer is tussen 06:00 en 07:00 gevind. Die man het ’n besering aan die agterkant van sy kop gehad en ’n moorddossier is geopen. Die nadoodse ondersoek sal verder lig werp op wat tot die man se dood gelei het.”

Die identiteit van al die slagoffers moet nog deur die polisie vasgestel word.

Wayne Renkin, projekkoördineerder van die Tshwane Leadership Foundation (TLF) wat met hawelose mense in Pretoria werk, sê dat die jongste moorde op hawelose mans onrusbarend is.

“Haweloses in die stad is ongelooflik kwesbaar, veral mans en seuns wat nie soos die vroue toegang tot veilige huisvesting het nie. Nie net is hulle uitgelewer aan die natuur nie, maar ook aan menslike elemente. Ek dink dit is hoog tyd dat die regering ingryp en leë geboue tydelik vir haweloses oopstel.

Mckelneuk-moorde-nuut.jpg

“Solly Msimanga, vorige burgemeester van Tshwane, het belowe om na so ’n moontlikheid te kyk, maar daar het dadels van gekom,” sê Renkin.

Volgens hom is daar ongeveer 6 244 hawelose mense in Pretoria.

“Dit is gegrond op inligting van 2011 se sensus, maar ons dink dit is veel meer.”

Renkin wil hê die regering moet by die situasie ingryp.

“Alles lyk altyd op vergaderings mooi op papier, maar as die bereidwilligheid in die praktyk ontbreek, lei dit uiteindelik tot frustrasie, veral onder organisasies soos die TLF wat daagliks met talle haweloses werk en weet hoe groot die nood is. Hawelose mans in Pretoria word voor die voet deur iemand afgemaai. Die vraag is nou wat ons as ’n gemeenskap daaromtrent gaan doen.”

-Netwerk 24
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.

Posted on Leave a comment

Plans to move Parliament from Cape Town to Pretoria are back on the agenda

Plans to move Parliament from Cape Town to Pretoria are back on the agenda

Plans to move Parliament from Cape Town to Pretoria are back on the agenda.

National Assembly Speaker Baleka Mbete says that work on the study will start this month and that she expects a report in six months time.

A consulting firm has been contracted to carry out a feasibility study on the impact of its relocation.

National Assembly Speaker Baleka Mbete says that work on the study will start this month and that she expects a report in six months time.

She was speaking while tabling Parliament’s budget on Tuesday.

The decision to base Parliament in Cape Town dates back to the formation of the Union of South Africa in 1910, when the seat of government became Pretoria and Bloemfontein the judicial capital.

Mbete says consulting firm Pamoja (Pty) Ltd will carry out the latest study on the feasibility of moving Parliament to Pretoria.

Senior ANC MP Vincent Smith says the costs of two capitals can’t be justified.

The apartheid arrangement that arises from having the executive capital 1,000km away from the legislative capital has huge implications for the National Revenue Fund.

“Departmental officials and members of the executive are commuting between the two capitals at huge financial cost, sometimes for engagements that last less than four hours. This status quo can no longer be justified.”

“In light of this reality, I believe that our contribution as this Parliament towards directly saving costs in the long term must include advice to the next Parliament to embark on the programme of relocating this institution.”

It’s unclear what became of a report by a team of ministers tasked by former president Jacob Zuma to look into the matter. Studies in 1995, 1997 and 2011 all reportedly indicated that the cost of moving Parliament would be less, over the long term, than retaining the status quo.


Posted on Leave a comment

Boerenooiens staan dapper hul man deur aanvallers op ’n afstand te hou

Boerenooiens staan dapper hul man deur aanvallers op ’n afstand te hou

Hannelie Jacobs (59), haar dogter Suretha (29) en haar 81-jarige ma, Grietjie van Vuuren, het dapper hul man gestaan en daarin geslaag om die aanvallers op ‘n afstand te hou tot hulp opgedaag het.

Die drie vroue en vier kinders, waaronder ‘n ses-dae-oue baba, was alleen op die plaas in Krokodildrift-Wes toe drie aanvallers kort na 22:00 die vensters van die huis met klippe uitgegooi en die deure en veiligheidsdeure afgebreek het.

“Ek was in die kamer saam met een van die kinders toe die venster agter my in skerwe spat. Ek het gesê hy moet na sy ma toe hardloop. Daar was drie mans en die volgende oomblik het vensters oral in die huis gebreek en hulle het groot klippe na ons gegooi,” het Hannelie aan Kormorant vertel.

“Die rowers het die deur en veiligheidsdeur met ‘n pik oopgekap en in die huis ingekom. Hulle het die pik na Suretha en my ma gegooi. My dogter het gesê ek moet die kinders in die badkamer gaan toesluit. Ek het die kinders gegryp en gehardloop. Suretha het die pik in die hande gekry en die rowers daarmee gestorm. Hulle is uit die huis, maar het weer ingekom. My ma het hulle met pepergas gespuit en Suretha het hulle steeds met die pik gedreig.”

Hannelie het intussen die paniekknoppie gedruk en die vroue kon die rowers afweer tot Monitor Net sekuriteit op die toneel opgedaag het. “Hulp was binne vyf minute daar, maar dit het soos ure gevoel.”
Die verdagtes is deur die sekuriteitsbeamte verras en skote is afgevuur. Hulle het op vlug geslaan. Volgens Hannelie was een van die aanvallers in wit geklee en twee het blou oorpakke met glimstroke aangehad. Lede van die Brits gemeenskapspolisiëringsforum Sektor 1 was kort hierna op die toneel.

Niemand is tydens die aanval beseer nie.

“As dit nie vir Suretha was nie, was ons almal moontlik dood. Sy het ses dae gelede ‘n baba gehad, maar het vir ons almal baklei.”

Dit is nie die eerste keer dat dié dapper vrou haar ouers in ‘n plaasaanval beskerm nie. Die gesin is ‘n paar jaar gelede ook op die plaas aangeval. “Dié nag het ons nie die rowers hoor inkom nie en hulle het my pa in sy bed gekonfronteer. Suretha het hulle met ‘n mes verjaag.”

Die Brits polisie ondersoek die saak en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

(Erkenning aan: Kormorant)


Posted on Leave a comment

Slagpale in Pretoria gesluit ná bakterie in vleismonsters gevind word

Slagpale in Pretoria gesluit ná bakterie in vleismonsters gevind word

Die Gautengse department van Gesondheid het ‘n slagpale in Pretoria gesluit na vleismonsters van dié slagpale positief getoets het vir die Listeriose bakterie. Die slagpale mag nie enige produkte verkoop tot hulle aan die vereistes van die departement voldoen nie. Dit sluit in dat die bron van die organisme bepaal word, ontsmetting van die perseel plaasvind en monsters van die werksoppervlaktes en water voor en na ontsmetting gedoen word.

Vroeër vanjaar het die Nasionale Departement van Gesondheid ‘n uitbraak van Listeriose aangekondig na ten minste 365 gevalle van dié toestand en 28 sterfgevalle aangemeld is.

Die departement van Gesondheid het die afgelope tyd hard gewerk om die bron van die uitbraak vas te stel. Na ‘n pasiënt onlangs met die toestand gediagnoseer is, kon die department die bron van die besmette vleis na die betrokke slagpale in Pretoria naspoor.

Die Gautengse Department van Gesondheid het ook monsters ook aan die “National Institute for communicalble Diseases (NICD)” gestuur vir verdere ontleding en analise.

Die department het ook inwoners van Pretoria gevra om hul volle samewerking vir amptenare van die department terwyl verdere ondersoeke in die gemeenskapps gedoen word.

Lees meer hieronder oor Listeriose

Wat is Listeriose?
Listeriose is ‘n ernstige en potensieël dodelike infeksie wat deur die Listeria bakterie veroorsaak word. Hierdie bakterie word veral gevind in grond en besmette water, pluimvee en kudde diere en kan dus daarom in ongepasteuriseerde melk en vleisprodukte voorkom. Dit kan ook deur rou groente en vrugte wat besmet is versprei word.
Die infeksie het tipies gastro-intestinale klagtes soos naarheid, braking, diarree, buikpyn. Dit kan ook “griep-agtige” simptome soos lyfseer en koors veroorsaak.

Is dit gevaarlik?
Listeria infeksie is potensieël dodelik in ouer mense en jong kinders en babas, mense met ingekorte immuunsisteme (soos byvoorbeeld HIV positiewe mense) en swanger vroue. In die meeste gesonde mense is listeria infeksie self beperkend en is daar geen ernstige komplikasies nie behalwe vir ongemak en glad nie lekker voel nie. Dít gesê, moet die toestand nie ligtelik opgeneem word nie! As jy wel simptome ervaar, is dit belangrik om tóg ondersoek te word aangesien die infeksie vinnig kan versprei en ernstige gevolge kan hê.

Waarvoor moet jy op die uitkyk wees?
Simptome kan vinnig ontstaan – binne 9 tot 48 uur na infeksie, maar dit kan selfs tot 30 dae neem voor simptome verskyn. Tipies is die volgende teenwoordig: koors, diarree, naarheid en braking, buikongemak,erge lyfseer. Kyk ook uit vir nekstyfheid en verwarring. Baie mense kan selfs die simptome met lugweginfeksie simptome verwar.

Hoe word dit gediagnoseer?
Indien jou dokter ‘n sterk vermoede het dat jy moontlik listeria-infeksie kan hê, sal hy/sy sekere bloedtoetse aanvra om vir die teenwoordigheid van die organisme te soek, en om dit te bevestig.
(Let wel, hierdie toetse word nie gewoonlik roetine-weg aangevra nie.)

Kan dit behandel word?
In die meeste gevalle is die toestand self-beperkend en is slegs ondersteunende behandeling nodig. Genoegsame vloeistofinname, en kosse soos brood, rys, piesang en appels kan die diarree onder beheer hou. Behandeling sal deur jou dokter begin word indien dit nodig is. In meer ernstige gevalle, swanger vroue, ouer mense en kinders asook mense wat moontlik komplikasies van die infeksie het, word antibiotika gebruik om die infeksie te behandel. Onthou, as jy simptome ervaar is dit belangrik dat jou dokter jou ondersoek.

Hoekom is dit gevaarlik?
Listeria infeksie kan ernstige nagevolge soos breinvliesontsteking, hartspierinfeksie, septisemie (ernstige bloedstroom infeksie) hê. In swanger vroue kan dit voortydse kraam en selfs miskrame veroorsaak. Met erge diarree kan ontwatering volg. Veral kinders ontwater vinnnig. Dit is daarom belangrik om notisie te neem van simptome en vroegtydig daarna te laat kyk.

Is daar iets wat mens kan doen om dit te voorkom?
Goeie higiëne is altyd die beste begin punt- veral handwas. Kook alle voedsels deeglik, en was alle groente en vrugte behoorlik af voor jy dit eet. Gebruik gepasteuriseerde produkte. Hou gaar en rou vleise in verskillende houers en maak seker voedsel en water kom van betroubare bronne.

Dit is belangrik om vroegtydig op te tree as jy moontlike infeksie vermoed. Hou veral kinders dop. As jy twyfel, besoek jou dokter of naaste hospitaal. Dit is ook belangrik om te onthou dat, al het jy baie van of al die simptome, dit nie noodwendig Listeriose is nie! Daarom is dit belangrik om jou dokter te besoek as jy siek voel.

Hierdie inligting is slegs vir opvoedkundige doeleindes en moet glad nie gebruik word om self-diagnose te maak nie. Besoek jou dokter vir diagnose en raad.


Posted on Leave a comment

Beloning uitgereik om inligting te bekom oor plaasmoord te Donkerhoek, oos van Pretoria

Beloning uitgereik om inligting te bekom oor plaasmoord te Donkerhoek, oos van Pretoria

Sedert die moord op ‘n hoewe op Donkerhoek, oos van Pretoria, in 2015, was daar geen vordering in die ondersoek nie, wat daartoe gelei het dat ‘n beloning nou uitgereik word in ‘n poging om meer inligting te bekom.

Op 15 November 2015, nou twee jaar gelede, is die 32-jarige Gavin Wolfswinkel vermoor, en Lucky Sithome is ook in die aanval dood. Wolfswinkel sou ‘n maand later getrou het.

Die Boschkop polisiekantoor, wat die gebied bedien waar die moord gepleeg is, was al voorheen dikwels in omstredenheid gedompel omdat lede nie hulle werk doen nie of selfs openlik rassisties teen blanke klaers optree.

Chnay Coetzer, Wolfswinkelse suster, sê die gebrek aan vordering deur die polisie met die ondersoek, het hulle as familie laat besluit om ‘n private speurder aan te stel en ‘n beloning vir bruikbare inligting uit te loof.

Lede van die publiek wat enige inligting het, kan dit deurstuur aan Chnay Coetzer by 079 522 1210. Mense is welkom om anoniem hulle inligting te deel en alle inligting sal hoogs vertroulik hanteer word.

Foto: Die vermoorde mnr. Gavin Wolfswinkel


Posted on 1 Comment

Na drie dekades wil Gert van Rooyen se Seun saak heropen

Gert van Rooyen se Seun wil saak heropen

Na bykans drie dekades lig pedofiel Gert van Rooyen se seun vir die eerste keer die sluier oor wat hy beweer op die dag van Gert en sy houvrou Joey Haarhoff se dood gebeur het.

“Daar was nooit ‘n selfmoordpakt tussen my pa en Joey nie,” sê Gerhard in ’n video-opname wat op Facebook geplaas is.

Gerhard het ook nadoodse foto’s van sy pa en Joey op Facebook gelaai.

Hy het kenners uitgedaag om te bepaal dat die paartjie wel selfmoord gepleeg het.

Van Rooyen en Haarhoff het na bewering tienermeisies tussen 1988 en 1990 in Pretoria ontvoer.

In Januarie 1990 is die 16-jarige Joan Booysen ontvoer. Sy kon egter kort daarna uit die paartjie se huis in Pretoria ontsnap waarna sy die polisie op hul spoor gesit het.

Van Rooyen en Haarhoff het dae later op die vlug geslaan toe hulle die polisie voor hul huis in Capital Park gewaar het.

Hulle het in ‘n motor tot by die Apiesrivierbrug gejaag waar Van Rooyen glo eers Haarhoff en toe homself doodgeskiet het.

Gerhard sê: “Almal het maar hulle eie bedenkinge daaroor. Sommige spreek dit uit en ander kyk net, lees en maak hulle eie afleidings.”

Die selfmoord is nie al wat Gerhard in die opname bespreek nie.

“Soos ek reeds in 2004 gepoog het om voor die direkteur van openbare vervolging (DOV) dit te doen voordat die minister van minister van veiligheid en sekuriteit die saak onbepaald te laat uitstel,” vertel hy verder.

“My versoek was baie eenvoudig – verklaar my pa skuldig of onskuldig.

Niemand wou daardie roete volg nie wat baie vreemd is.”

Gerhard sê dat hy ook versoek het dat die saak teen sy pa nie laat vaar moet word nie, maar weer ondersoek moet word.

“Niemand het daardie roete gevolg nie. Al wanneer daar ondersoek ingestel word is wanneer daar iets in die media gesê word of as ’n sangoma of siener iets gesien het,” sê hy op die opname.

“So deur die jare is derduisende mannekrag en miljoene rande gemors op hierdie baie, baie hartseer en sensitiewe ondersoek wat nie net die kinders se familie se lewens raak nie, maar ook ons familie s’n.”

Gerhard sê dit blyk asof niemand meer aan die saak wil werk nie.

“Polisie offisiere het bedank, daar is nie meer ’n spesiale eenheid of ’n kinderbeskerming-eenheid in die polisie nie. My vraag bly staan: wie ondersoek nou eintlik hierdie saak,” sê hy.

“Is daar nie ’n eenheid wat met die ondersoek moet aangaan nie. Eintlik moet die saak ondersoek word. Die dossier het weggeraak asook die doodsondersoek van my pa en Joey. Die leêrs van die hofsaak is ook vermis – alles raak eenvoudig net weg.”

Gerhard vra dat die saak weer herondersoek word.

“Die probleem is net: Jy kan nie die saak in Suid-Afrika ondersoek nie. Die publiek en polisie het eending voor die oë – Gert van Rooyen. Hulle kyk heeltyd in hom vas,” vertel hy in sy opname.

“Kyk buite die boks. Julle weet nou hy is betrokke of nie betrokke, kom ons soek die kinders. Solank as wat dit aangaan solank sal die saak onopgelos bly.”

Hy stel voor dat buitelandse ondersoekers ingeroep word om te help.

“Maar hierdie speurders moet voorberei om nie in my pa vas te kyk nie, maar om vir die kinders te soek,” sê hy.

“Dis tyd dat die saak oopgevlek word en die regte mense verantwoordlikheid neem vir wat gebeur het.”

Deur: Pretoria Moot Rekord
Joernalis: Nie genoem in artikel