Familie, vriende en ‘n groeiende groep besorgde ondersteuners van Ashley Oosthuizen (22), ‘n jong Suid-Afrikaanse meisie, wat twee jaar gelede lewenslank in ‘n Thaise tronk toegesluit was, doen ‘n beroep op die ANC-regering in SA om dringend aandag aan haar saak te gee. Oosthuizen se familie vrees ook dat hulle haar nou min sal kan kontak, nadat sy onlangs na ‘n nuwe tronk verskuif is. Haar ouers het glo in Desember verlede jaar laas met haar gepraat.
Oosthuizen is op 8 Oktober 2020 op dwelmverwante aanklagte gearresteer nadat sy ‘n pakkie by haar werkplek ontvang het en daarvoor geteken het, al was dit nie aan Oosthuizen adresseer nie, maar aan die voormalige eienaar van die “Hot in the Biscuit“-restaurant in Koh Samui, waar sy was as drywer gewerk het. Die restaurant het ten tyde van die voorval aan haar destydse kêrel behoort, wat op sosiale media as Triss Nepps (Tristan Nettles) bekend gestaan het.
Oosthuizen is op die toneel in hegtenis geneem, skuldig bevind op aanklag van internasionale dwelmhandel en die doodstraf is opgelê. Haar vonnis is egter daarna tot lewenslange tronkstraf omgeskakel. Sy en haar geliefdes beweer sy is onskuldig en het geen kennis gehad van die inhoud van die pakkie, wat na bewering van die VK gestuur is nie. Lizelle Martin, Ashley se regsverteenwoordiger, het verlede November ‘n appèl in die hof gebring wat eers oor 18 maande aangehoor sal word.
Haar vorige werkgewer en voormalige-kêrel, Tristan Nettles, het sedertdien op verskeie platforms en aan Lizelle Martin erken dat hy verantwoordelik is vir die misdaad. ’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is in Thailand uitgereik, hoewel hy glo reeds uit die land gevlug het. Nepps is na bewering ‘n gewoontemisdadiger met ‘n lang kriminele rekord, terwyl jong Oosthuizen geen vorige oortredings gehad het nie en eers na Thailand gereis het kort nadat sy haar matriek aan Hoërskool Outeniqua voltooi het.
Skokkend genoeg is die jeugwerkloosheid in Suid-Afrika amptelik meer as 60%, dit gekombineer met die ANC-regime se rassistiese SEB-beleid wat wit Suid-Afrikaners uitsluit van enige regeringswerk, tenders of toelaes, en van tersiêre opleiding, maak dit nie ongewoon dat ‘n jong, onervare, dog desperate Ashley Oosthuizen na Thailand gereis het om te werk en geld te spaar vir verdere studies, en om uiteindelik ‘n beter lewe vir haarself te skep.
Gegewe die Sosialistiese ANC-regering se belyning met Sosialistiese en Kommunistiese regimes soos Kuba en China, het Suid-Afrikaanse paspoorthouers ook ‘n beperkte stel lande waarheen hulle kan reis om werk te soek, so daar is ‘n redelike mate van desperaatheid onder wit Suid-Afrikaners in die buiteland, ook bekend as SAFFA’s.
Ashley het aanvanklik saam met haar hoërskoolliefde na Thailand gereis, maar nadat die verhouding verbrokkel het, het sy naïef of desperaat genoeg ’n verhouding met Tristan Nettles begin. Verskeie pleidooie is die afgelope paar maande vir haar vrylating gemaak, wat op sosiale media gedeel is, maar Martin sê hulle het geen ondersteuning van die Suid-Afrikaanse ANC-regering en ambassade in Thailand gekry nie, en dat geen SA regeringsverteenwoordiger Oosthuizen besoek nog gekontak het.
Die ANC se departement van internasionale betrekkinge en samewerking (DIRCO) het beweer dat hulle bewus is van Oosthuizen se arrestasie in Thailand, en dat die departement en ambassade “standaardbystand” aan die gesin verskaf. DIRCO beweer ook dat hulle nie in ‘n posisie is om by enige regsgedinge in ‘n ander land in te meng, of om in te gryp nie.
Lees ook: Belgie se George Floyd: Basketbalbaan in Belgie Herdoop na ‘n Islamitiese Dwelmsmous!