Posted on Leave a comment

Enorme water krisis op hande – Groter Pretoria gebied, wat verskeie swart woongebiede, insluitend plakkerskampe in die omgewing staar ’n water krisis in die gesig

Die Pretoria munisipaliteit doen ’n beroep op inwoners om water spaarsaam te gebruik om enorme krisis af te weer.

Die opgaartenks van die stad het gevaarlik lae vlakke bereik weens ’n groot aanvraag tydens die hittegolf wat nou etlike dae duur.

Volgens die owerheid se Twitter boodskap, wat slegs sowat 60% van die inwoners bereik, word ’n dringende beroep op inwoners gemaak om nie water te mors nie.

Sekere gebiede ondervind reeds water toevoer onderbrekings, maar die munisipaliteit slaag nie daarin om doeltreffend te kommunikeer met alle inwoners nie, en het ook nie ’n deeglike plan van aksie om oortreders wat water kwistig gebruik, met paslike maatreëls te beboet nie.

Die Garsfontein opgaartenk wat die grootste en sentrale verspreidingspunt is, se watervlak het drasties gesak weens ’n groot aanvraag.

Die Garsfontein opgaartenk sukkel om die 45% vlak te behou, en was seeds benede die 40% vlak omdat aanvraag by die Koedoesnek en Elarduspark tenks die ongekende groot aanvraag voortduur.


 

Posted on Leave a comment

AfriForum begin met regstappe teen onwettige tariefverhogings vir Pretorianers wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het

Inwoners van Pretoria en die groter metro sal moet saamstaan teen die onwettige tariefverhogings wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het.

Om dié onwettige optrede om te draai, het AfriForum gister hofstukke op die metroraad en Nersa beteken nadat dié munisipaliteit sedert die begin van die maand voortgegaan het om onwettige elektrisiteitverhogings sonder Nersa se goedkeuring te implementeer.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria, hou die Tshwane-metro vol dat hulle die uitvoerende gesag is en daarom die verhoogde tarief sonder die nodige goedkeuring van Nersa mag implementeer. “Kragtens die wet is die Tshwane-metro nie by magte om die tarief te implementeer nie en ons sal teen dié onbillikheid optree. Aangesien nóg Nersa nóg die Tshwane-metro op enige van AfriForum se skrywes gereageer het, is daar geen ander remedie as om die dringende hof te nader nie,” sê Grobbelaar.

Kragtens artikel 14 van die Elektrisiteitsreguleringswet (wet no. 4 van 2006) mag die munisipaliteit nie sonder Nersa se goedkeuring ’n verhoogde elektrisiteitstarief implementeer nie.

Grobbelaar sê ook dat talle inwoners reeds by AfriForum om hulp kom aanklop het omdat hulle ’n basiese tarief van R56 moes betaal en ook heelwat minder eenhede as die vorige maand gekry het. Inwoners het ook hul kommer oor dié verhoging – wat boonop tot groot verwarring gelei het – op sosiale media uitgespreek.

Daar was aanvanklik groot onsekerheid rondom die tariefverhogings vir Tshwane. AfriForum het die vergaderings in Pretoria bygewoon waar Nersa die metro gekap het en gemaan het om sy huis in orde te kry nadat dit geblyk het daar onder meer ’n gebrekkige openbare deelnameproses oor tariefverhogings was.

Nersa het die tariefverhoging vir munisipaliteite op 13% vasgestel en verhogings wat Tshwane voorgestel het, het vroeër geblyk bo die riglyn te wees.

Intussen het Abel Tau, burgermeesterskomiteelid vir nutsdienste, aangevoer dat die metroraad weer na sy voorgestelde tariewe gekyk het en dat dit nou binne die Nersa riglyn val. Die metro het aanvanklik ’n 12%-verhoging aanvaar en dit het geblyk dat ’n verdere R200 per maand vir enige meter of vir krag gebruik of nie gebruik nie op verbruikers se rekeninge sou verskyn. Dit is die bedrag wat Pretorianers woedend gemaak het en dit is toe na R56 verlaag.

Die VF Plus in die Tshwane-raad het hom van enige onwettige optrede deur die metro oor tariefstygings gedistansieer en gesê die metro moet oop kaarte met inwoners speel.

Volgens die party is daar ’n enorme kommunikasiegaping tussen die metro en inwoners. Die VF Plus is nie gekant teen kragverhogings nie, maar sê dit moet binne Nersa se riglyne wees.

AfriForum doen ’n beroep op die inwoners van Pretoria om die petisie te teken en AfriForum in die saak by te staan. Klik hier om die petisie te onderteken.

-ForumNuus
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.


Posted on Leave a comment

EFF-lede betoog voor tehuis vir bejaardes in Pretoria se middestad

EFF-lede betoog voor tehuis vir bejaardes in Pretoria se middestad

’n Inwoner van 80 jaar van ’n tehuis vir bejaardes in Pretoria se middestad moes Woensdag saam met ander inspring om te verseker dat almal van Huis Davidtsz middagete kry, nadat EFF-lede die werkers van die tehuis verhoed het om hul werk te doen.

Hannes van Vuuren (80) sê hy moes inspring om te help.

Cobus Kruger, ’n veiligheidswag by die tehuis, het ook borde kos aangedra en nadat die bejaardes geëet het, weer die tafels in die eetsaal opgeruim.

Net soos Kruger het Leona Gouws, ’n sekretaresse by Huis Davidtsz, ook gehelp met die voorbereiding van die kos en die opruiming. Haar ma, Amanda Steyn, het ook oral waar sy kon, gehelp nadat sy die oggend gehoor het EFF-lede betoog voor die tehuis. Haar ma en Gouws se ouma, Fransie van der Westhuizen, woon al vyf jaar daar. Sy ly aan demensie.

Sy en van die ander inwoners was salig onbewus van die EFF se betoging buite.

Ander het dit wel gehoor, maar nie geweet waaroor dit gaan nie. Sommige inwoners het verward by hul kamervensters uitgeloer.

“Ek weet nie wat aangaan nie, maar dit sal nie help om só aan te gaan nie,” sê Elizabeth Lombard (88).

Lombard kon die geraas deur haar kamervenster hoor, maar sy sukkel om te loop en kon dus nie gaan kyk wat aangaan nie.

Haar buurvrou, Cora du Plessis (70), sê die geraas het haar senuweeagtig gemaak.

Schalk Venter, nog ’n inwoner, sê die betoging buite skeel hom min.

“Ek is nie bang nie. Dit irriteer my net. Dis amper soos ’n breinspoeling,” het hy die dreunsang van die betogers beskryf.

Hoewel daar ’n groot polisieteenwoordigheid was, het die betoging vreedsaam geskied.

Daar was sowat 20 EFF-lede met hul kenmerkende rooi klere aan of barette op die kop, terwyl die werknemers van Huis Davidtsz onder dwang buite gesit het.

“Ons het nou genoeg gehad. Ons soek ons geld,” sê Martha Morake, wat al vir agt jaar as skoonmaker in die tehuis werk.

Morake het ook as die betogende groep se woordvoerder opgetree.

“Niks werk hier nie. Daar is te min personeellede. Ek het nog nooit ’n kontrak geteken nie. Ons is nie by die Werkloosheidsversekeringsfonds geregistreer nie.”

Volgens Morake verdien sy R1 800 per maand.

Ephenia Madira, ’n verpleegster wat al 14 jaar daar werk, sê haar salaris is ’n skamele R2 800.

“Hoe kan ons met dié peanuts lewe? Ons werk behoorlik. Ons wil behoorlik betaal word ook. Daar is saans geen skoonmakers nie. Die verpleegsters moet dan skoonmaak ook.”

Cobus Kruger, ’n veiligheidswag by Huis Davidtsz, het ook ingespring om kos te help uitdeel aan die inwoners.Foto: Deaan Vivier

Leonora Strydom, bestuurder van die tehuis, sê Huis Davidtsz is ’n welsynsorganisasie wat net gedeeltelik deur die staat gesubsidieer word.

“Ons inkomste is dus beperk. Die bejaardes in ons sorg kry net ’n Sassa-pensioen. Ons sukkel om ’n bestaan te maak soos dit is.”

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, wat later daar opgedaag het, sê metropolisielede is kort nadat hulle by die tehuis aangekom het, onttrek.

“Daar was geen geweld nie. Ons het dié lede toe onttrek.”

Volgens hom het van die werknemers uiteindelik ná onderhandelings met prokureurs en EFF-lede in beginsel ingestem om weer te werk, mits hulle nuwe kontrakte sal ontvang.

Deur: Netwerk 24


Posted on Leave a comment

Pretoria stadsraad melk inwoners dmv munisipale rekenings – het seker weer dringend geld nodig

Pretoria stadsraad melk inwoners - het seker weer dringend geld nodig

Alles dui daarop dat die stadsraad van Pretoria weer dringend geld nodig het en die maklikste manier om dit te gryp is van sy inwoners.

Die metode word ook soms deur van die selfoonmaatskappye gebruik as hulle skielik hulle kontantvloei wil aanvul. ʼn Sekere maand se rekening word doodeenvoudig verhoog en dan word die geld later terug gegee deur die rekening afwaarts reg te stel. Intussen is die rente wat so op miljoene se geld van iemand anders verdien word ʼn handige bron van inkomste.

Verskeie inwoners van Pretoria is geskok oor hulle nuutste elektrisiteitsrekening. ʼn Rekening wat voorheen gemiddeld R1 000 per maand was is skielik R2 500. Die stadsraad lees die rekeninge van inwoners slegs elke vier maande en maak tussenin van beramings gebruik. ʼn Tipiese geval van die nuutste rekening van ʼn inwoner wat van R1 038 na R2 550 gestyg het is soos volg: Die rekening is in Junie gelees en was R1 038; die volgende drie maande sal dus beramings wees met die volgende beramings vir Julie, Augustus en September. Augustus is skielik opgejaag na R2 550 terwyl dit slegs ʼn beraming is.

Deur: Die Vryburger