Posted on Leave a comment

FAK verwyder brondsbeeld van oudpres. Paul Kruger om te restoureer

FAK verwyder brondsbeeld van oudpres. Paul Kruger om te restoureer

Vandale het die graf van oudpres. Paul Kruger in die Heldeakker, Pretoria, geteiken en groot skade is aangerig deur die borsbeeld op sy graf te vernietig.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het Woensdagoggend verneem dat Kruger se graf beskadig is. Die FAK het ondersoek ingestel en bevestig die graf is op 11 Julie beskadig.

Die borsbeeld was in ’n stoorkamer by die Heldeakker-begraafplaas en die FAK het die nodige toestemming bekom om dit te verwyder om dit te herstel.

Die beeld is nou in veilige bewaring by die Voortrekkermonument.

FAK verwyder brondsbeeld van oudpres. Paul Kruger om te restoureer                           FAK verwyder brondsbeeld van oudpres. Paul Kruger om te restoureer

In 1995 het vandale ook Kruger se graf verniel en die oorspronklike marmerbeeld beskadig.

Luidens ’n verklaring van die FAK het die groot grafblad in die proses ook seergekry – die krake lê steeds oor die Nederlandse boodskap: “Gestorven in Ballingschap te Clarens, in Switzerland.”

Kruger is op 14 Julie 1904 in Clarens, Switserland, oorlede en op 16 Desember 1904 in die Heldeakker in Pretoria ter ruste gelê. Meer as 20 000 mense het die begrafnis bygewoon.

Die FAK was ook in samewerking met die Ou Presidensie Historiese Vereniging betrokke by die beveiliging van oudpres. J.H. Brand se familiekerkhof in Bloemfontein. Die afgelope naweek is die heining onthul tydens die 130ste herdenking van Brand se sterfdag op 14 Julie 1888.

“Skaars is een president se graf veilig, of ’n ander president se graf word verniel. Die manier waarop Afrikanererfenisse geteiken word, is kommerwekkend,” sê dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, in ’n verklaring.

“Ten spyte van die departement van kuns en kultuur se standpunt dat standbeelde en monumente nie beskadig moet word nie, ontbreek die politieke wil om die vandalisme van Afrikanererfenisse stop te sit. Dit plaas groter druk op kultuurorganisasies om met beperkte fondse self in te gryp om Afrikaners se geskiedkundige erfenis, soos die beeld en grafsteen, te herstel en te beveilig.”

Die Tshwane-metroraad is verantwoordelik vir die bestuur van die Heldeakker.

Lindela Mashigo, ’n woordvoerder van die Tshwane-metroraad, het by navraag gesê die metro is daarvan bewus dat Kruger se graf beskadig is.

“ ’n Indringer het toegang tot die terrein gekry deur die heining af te breek. Die stad beoog om die gebreekte dele van die heining reg te maak. Daarna sal die stad kyk na die herstel van die grafsteen in konsultasie met die nasionale departement van kuns en kultuur,” sê Mashigo.

Die geskiedkundige begraafplaas is die laaste rusplek van verskeie bekende figure, onder andere koningin Victoria se kleinseun, prins Christian Victor, Jopie Fourie, Andries Pretorius, genl. Louis Botha, Afrikaanse digters soos Eugène Marais en Jan F.E. Celliers, asook die voormalige eerste ministers H.F. Verwoerd en J.G. Strijdom.


Posted on Leave a comment

Plans to move Parliament from Cape Town to Pretoria are back on the agenda

Plans to move Parliament from Cape Town to Pretoria are back on the agenda

Plans to move Parliament from Cape Town to Pretoria are back on the agenda.

National Assembly Speaker Baleka Mbete says that work on the study will start this month and that she expects a report in six months time.

A consulting firm has been contracted to carry out a feasibility study on the impact of its relocation.

National Assembly Speaker Baleka Mbete says that work on the study will start this month and that she expects a report in six months time.

She was speaking while tabling Parliament’s budget on Tuesday.

The decision to base Parliament in Cape Town dates back to the formation of the Union of South Africa in 1910, when the seat of government became Pretoria and Bloemfontein the judicial capital.

Mbete says consulting firm Pamoja (Pty) Ltd will carry out the latest study on the feasibility of moving Parliament to Pretoria.

Senior ANC MP Vincent Smith says the costs of two capitals can’t be justified.

The apartheid arrangement that arises from having the executive capital 1,000km away from the legislative capital has huge implications for the National Revenue Fund.

“Departmental officials and members of the executive are commuting between the two capitals at huge financial cost, sometimes for engagements that last less than four hours. This status quo can no longer be justified.”

“In light of this reality, I believe that our contribution as this Parliament towards directly saving costs in the long term must include advice to the next Parliament to embark on the programme of relocating this institution.”

It’s unclear what became of a report by a team of ministers tasked by former president Jacob Zuma to look into the matter. Studies in 1995, 1997 and 2011 all reportedly indicated that the cost of moving Parliament would be less, over the long term, than retaining the status quo.


Posted on Leave a comment

EFF: As die Stad Tshwane nie die standbeeld van Paul Kruger van Kerkplein af verwyder nie,sal ons dit doen

EFF: As die Stad Tshwane nie die standbeeld van Paul Kruger van Kerkplein af verwyder nie,sal ons dit doen

“Ons doen ’n belangrike beroep op die Stad Tshwane, as hoofstad van die land, om Madikizela-Mandela te vereer. Sy het ’n enorme bydrae tot die land gelewer en word nie genoeg daarvoor vereer nie,” het Mabogoane Donderdag by navraag gesê.

Hy sê die EFF het die Tshwane-metro twee opsies gegee: Kruger se standbeeld word óf verskuif na ’n ander plek, of word heeltemal gesloop.

“Ons vra nog altyd dat die standbeeld verwyder word. Dit is ’n belediging vir swart mense. Indien die stad dit nie verwyder nie, sal ons dit self doen, ons het dit al voorheen gedoen.”

Mabogoane sê hulle het in die stadium nie ’n sperdatum vir die stad om die standbeeld te verwyder nie, maar hulle is ernstig oor die saak.

Hy sê dit is deel van die EFF se mandaat om ontslae te raak van alle simbole en standbeelde wat aan apartheid gekoppel is.

Intussen het die VF Plus in ’n verklaring gesê hy distansieer hom van die EFF se versoek dat die standbeeld van Kruger vervang moet word met dié van Madikizela-Mandela.

“ ’n Standbeeld van die voormalige presidentsvrou kan opgerig word, maar nie in die plek van die Kruger-standbeeld nie. Die EFF se argument dat Kruger ’n apartheidsikoon was, is nie korrek nie. Die ware feite is dat hy ’n vryheidstryder teen die Britse kolonialisme was,” lui dié verklaring.

Elke standbeeld moet egter op meriete oorweeg word. Gemeenskappe behoort sensitief te wees vir mekaar se simboliese ruimtes.

“Die VF Plus sal met ’n proses begin om die ware geskiedenis van Kruger bekend te maak, en sodoende wys waarom sy standbeeld Kerkplein hoort en daar moet bly.”

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), sê die FAK is in beginsel teen die skuif van standbeelde gekant.

“Elke standbeeld moet egter op meriete oorweeg word. Gemeenskappe behoort sensitief te wees vir mekaar se simboliese ruimtes.”

Langner sê die standbeeld van Kruger is al verskuif, van die Pretoriase treinstasie na Kerkplein in 1954. Hy sê egter die demografie van die Pretoriase middestad moet in dié geval ook in ag geneem word. “Dit kan nie ontken word dat die meerderheid inwoners van Pretoria se middestad eerder in aanvoeling met Madikizela-Mandela sal wees as met Kruger nie. Vanweë Kruger se betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog en omdat hy as 12-jarige seun die Groot Trek meegemaak het, kan die Voortrekkermonument as moontlike alternatief vir sy standbeeld dien indien die beeld wel verskuif moet word.”

Die Tshwane-metro kon nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

Netwerk 24


Posted on Leave a comment

Standbeeld van Paul Kruger gaan dalk vervang word met die van veroordeelde misdadiger, Winnie Mandela

As die EFF sy sin kry, gaan die standbeeld van ZAR president Paul Kruger, vervang word met die veroordeelde misdadiger, Winnie Mandela.

Nie te lank gelede nie het die EFF nog gedreig om die Kruger-standbeeld te vernietig, en het nou “amptelik” gevra dat die beeld gesloop moet word om vir Winnie Mandela plek te maak.

‘n EFF-raadslid, ene Moaferika Mabogoane, het Paul Kruger, in dieselfde asem as John Vorster en Hendrik Verwoerd, “rassistiese apartheidsleiers” en “donker figure van ons lelike verlede” genoem.

Die Vryburger


Posted on Leave a comment

Kleinfontein – Ons God, Ons Volk, Ons Land

Kleinfontein - Ons God, Ons Volk, Ons Land

Kleinfontein is ‘n nedersetting naby Pretoria, wat in 1992 deur Afrikaners as ‘n kulturele dorp gestig is.

Dei dorp is gestig deur afstammelinge van die oorspronklike Voortrekkers of Boere wat selfbeskikking gesoek het  in ‘n outonome Volkstaat. Die kriteria om in Kleinfontein te woon, is gebaseer op kulturele, taalkundige, tradisionele en godsdienstige oortuigings. Die inwoners van die dorp assosieer hulself met die Voortrekker-geskiedenis, die Bloedrivierverbond en ander “historiese feite wat verband hou met ons stryd om onafhanklikheid vir die Afrikaners.”

Vanaf 2012 het  Kleinfontein een van Suid-Afrika se oorblywende blanke alleen-nedersettings geword en is deur die Gautengse wetgewer as ‘n kulturele gemeenskap erken.

Die grond wat oos van Pretoria geleë is en vandag  as  Kleinfontein bekend  staan het in 1988 tydens die viering van die 150ste herdenking van die Groot Trek onder Afrikaneraktiviste se aandag gekom.  Die plaas het hul aandag getrek omrede dit as ’n  gedenk  plek van die Bittereinders en die terrein van die Slag van Diamond Hill, asook ‘n historiese Boeroors-begraafplaas dien.  Toe die plaas in 1992 te koop aangebied is, het ‘n groep 50 Afrikaners het die eiendom gekoop en het begin om aandeelhouers te werf om dit te ontwikkel.

Gedurende die jaar  1994 is voldoende aandeelhouers gewerf  om die lening te betaal en Kleinfontein kon toe begin dienste lewer. Die eerste twee permanente huise is in 1996 voltooi en die eerste twee families het permanente inwoners van Kleinfontein geword. In die daaropvolgende jare het Radio Pretoria sy uitsaai toring op Kleinfontein opgerig, is daar sportvelde aangelê, ‘n tuisgemaakte skool gestig en ‘n spaar- en kredietkoöperasie het ontstaan. ‘N Gemeenskapsaal, versorgingsentrum en aftreehuise het  gevolg en so ook die aanbouing van ‘n winkelsentrum met ‘n OTM .

Die ingang wat die dorp versier vertoon ‘n borsbeeld van Hendrik Verwoerd, wat as die “vader van apartheid” bekend staan.

Kleinfontein het uit sy nate begin bars vanaf 2013 waar die bevolking van Kleinfontein  gegroei het tot ongeveer 900 Afrikaners, waarvan ongeveer 650 inwoners en ongeveer 400 aandeelhouers is. Kleinfontein se gebied het gegroei van die oorspronklike 500 hektaar tot die huidige 860 hektaar, en strek net buite die N4-snelweg buite die Boschkop-pad.

Die Gautengse wetgewer het  Kleinfontein  gedurende November 2013 as ‘n kulturele gemeenskap erken, alhoewel die Stad van Pretoria nog steeds geweier  het om die dorp as ‘n afsonderlike ontwikkeling of ‘n formele dorp te verklaar.

Kleinfontein is gekritiseer vir sy beleid omrede Judeërs, Katolieke, nie-Afrikaanssprekendes en Swartes verbied  word om hulself in die gemeenskap te vestig. Protes optogte het in  Mei 2013 plaasgevind toe die gemeenskap die aansoek van ‘n swartman geweier het  wat  ‘n huis in die gemeenskap wou  koop. Die gemeenskap is ook gekritiseer deur die Suid-Afrikaanse regering om praktyke te betree wat eens gelei het tot ‘n “verdeelde Suid-Afrika. Inwoners van die gemeenskap verdedig hul praktyk deur aan te voer  dat hulle hul eie afsonderlike kulturele identiteit verdedig.

Indien jy ’n besoek wil aflê by Kleinfontein, die dorp is geleë  tussen Pretoria en Bronkhorstspruit . Dit lê net suid van die N4, net wes van die R515, ‘n paar kilometer suid van Rayton, op die Magaliesberg-bergreeks in die historiese terrein waar die Slag van Donkerhoek plaasgevind het tydens die Tweede Boer oorlog.


 

Posted on Leave a comment

Teetuin by die Sammy Marks-mu­seum moet deure sluit ná 25 jaar

Teetuin by die Sammy Marks-mu­seum moet deure sluit ná 25 jaar

Eers het die Pretoria Boeremark by die Pioniersmu­seum in die slag gebly, toe is dit Tant Miertjie se kombuisrestaurant by die Willem Prinsloo-museum wat sy deure moet sluit.

Nou is die nuutste slagoffer van Ditsong Museums van Suid-Afrika glo The Rose Garden-teetuin by die Sammy Marks-mu­seum, wat sy deure ná 25 suksesvolle jare moet sluit.

Volgens Werner Weinbeck (74), eienaar van die teetuin, is dit vir hom vreeslik hartseer om sy deure nou ná al die jare te sluit omdat Ditsong Museums glo besluit het om die teetuin op tender uit te sit.

Werner Weinbeck, eienaar van The Rose Garden-teetuin by die Sammy Marks-museum, moet sy gereelde klante nou ná 25 suksesvolle jare groet.

“Hierdie was my plek. Dis so mooi en rustig hier by die mu­seum. Ek het elke dag met ’n lied in my hart kom werk. Dis die einde van ’n baie goeie hoofstuk in my lewe. Ek is verpletter, maar ek het nie ’n ander keuse as om aan te beweeg nie,” sê Weinbeck.

Benewens die teetuin het Weinbeck ook baie eksklusiewe sesgang-etes in die museum aangebied.

“Die etes was gewild. Ek het ook piekniekmandjies gepak vir mense wat hier wou kom piekniek hou en het gereeld werksfunksies aangebied. Dit is nou als op ’n einde.”

Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, is dit wêreldwyd ontsettend moeilik om finansiering vir erfenisinstansies te kry en is dit hartseer dat suksesvolle mu­seums op hierdie manier skade berokken word.

“As iets soos ’n mark of restaurant by ’n museum is en dit werk, moet jy nie daaraan torring nie. Pretoria is nie soos Kaapstad wat jaarliks honderde duisende toeriste lok nie,” sê Bailey.

As daar suksesvolle markte of restaurante by ’n museum is wat voete lok, hoekom wil jy dan daaraan karring?

“Dit is op die ou end grotendeels tot nadeel van die museum. Hierdie mark en restaurante het baie voete na die museums gelok, wat ontsettend belangrik is vir die oorlewing en sinvolle bestaan van die museums,” sê Baily.

“Tenders is ook nie altyd ’n vreeslike deursigtige proses nie. Ons sal moet kyk hoe dit bestuur word. Ek hoop van harte dit word nie toegeken aan mense wat op die ou end nie die pyp kan rook nie.”

Volgens Johan van Wyk, organiseerder van die Pretoria Boeremark, het Ditsong Museums tot vandag toe nie vir hom terugvoering oor die tenderproses gegee nie.

Dít nadat Ditsong Museums verlede jaar besluit het om die huurkontrak met die Pretoria Boeremark ná 13 jaar te beëindig en om ’n tender uit te sit vir diensverskaffers om die perseel te huur.

“Hulle het my nie eens laat weet dat ek nie die tender gekry het nie. Al wat ek weet is dat die museum nou die R6 000 per week, die bedrag wat ek per week betaal het om die perseel te huur, verloor het.

“Ons is nou ses maande daar weg. Dit beteken die museum het sowat R144 000 aan huurinkomste verloor. Om nie eens te praat van al die mense wat weekliks die mark bygewoon het nie.

“Besoekers aan die mark het dan gesien dat dit ’n oulike perseel is en gereeld kinderpartytjies ens. by die museum kom aanbied oor naweke. Die partytjies het nou opgedroog en so ook die besoekers aan die museum. Doodeenvoudig omdat daar nie meer ’n trekpleister is wat besoekers daarheen lok nie,” sê Van Wyk.

Volgens Lemohang Zincume, woordvoerder van Ditsong Museums Suid-Afrika, was die rede om nuwe kontrakte toe te ken by die Willem Prinsloo-, Pioniers-, en Sammy Marks-museum om oop en mededingende kompetisie te bewerkstellig.

Die Boeremark se huurkontrak met Ditsong het in 2017 verstryk. Die kontrak was uit op tender, maar daar was ’n dispuut tydens die kontrakfase.

Die geleentheid moet ook ten voordeel van die ontwikkeling van klein-, middelslag en mikro-ondernemings (KMMO’s), vroue en gestremde mense wees.

“Die kontrak vir die huidige diensverskaffer by die Sammy Marks-museum het al op 1 Junie 2008 verstryk.

“Van daardie tydperk af het die diensverskaffer op ’n maand-tot-maand-grondslag gewerk. Ditsong is besig met ’n tenderproses,”sê Zincume.

Volgens haar is die huurkontrak van die diensverskaffer by die Willem Prinsloo-museum nie hernu nie, weens kontrakbreuk.

“Die kontrak was uit op tender, maar is weens ’n dispuut nie gefinaliseer nie. Die Boeremark se huurkontrak met Ditsong het in 2017 verstryk. Die kontrak was uit op tender, maar daar was ’n dispuut tydens die kontrakfase.

“Die kontrak sal weer op tender uitgesit word om ’n nuwe diensverskaffer aan te stel,” sê sy.

Foto: Werner Weinbeck, eienaar van The Rose Garden-teetuin by die Sammy Marks-museum, moet sy gereelde klante nou ná 25 suksesvolle jare groet.

Deur: Netwerk 24


Posted on Leave a comment

Oom Paul statue excluded from monument; EFF threat to topple it

Oom Paul statue excluded from monument; EFF threat to topple it

OOM Paul’s statue at Church Square is the subject of debate yet again, after the city council resolved to support a motion by the EFF that it be excluded from the Lalela Freedom of Expression Monument. However, there is still no mention of whether the statue will be removed or not.

The resolution was passed during a council sitting on Thursday.

It was opposed by the ANC, which said this would be “against the party policies on statues and heritage”.

Last year, mayor Solly Msimanga said Church Square would be transformed into a place of open-air entertainment, called the Lalela Freedom of Expression Monument. Work has already started at the historic site.

Msimanga said the Lalela project was aimed at bringing about vibrancy in public activities in the inner city.

At the time, he said the statue would remain in place as the inner city regeneration project changed the face of Church Square around it.

EFF councillor MoAfrika Mabogwane proposed that Paul Kruger’s statue should not form part of Lalela because the apartheid leader represented “a history which is in stark contrast to the values that the monument seeks to promote”.

Mabogwane’s motion read: “The mayor in his inaugural budget speech spoke about the Lalela Freedom of Expression Monument which will be in Church Square.

“The statue of Paul Kruger which is in honour of the Boer leader represents a history which is in stark contrast to the values that the monument seeks to promote.”

According to documents dated January 25, the council resolved that the statue would not form a part of the ongoing Church Square facelift.

ANC leader in the council Mapiti Matsena said: “The ANC position is clear; there has to be a decision that statues like that of Paul Kruger be kept in some museum as part of our heritage, as part of our history, painful as it is, but it is important to keep that history.”

Mabogwane said the DA supported the EFF motion, but held the stance that the statue should not be removed.

He said he found the DA’s stance to be contradictory.

“The DA is using apartheid legislation not to remove the statue. We only want the statue of the freedom fighters,” Mabogwane said.

He threatened that EFF branch members could at any time demolish the statue.

“There is a national mandate to all the EFF branches to remove all the apartheid statues and symbols,” he said.

He declined to reveal the date on which the statue would be toppled.

“You can’t announce a day for a revolution. One day people are going to wake up and find the statue not being there,” he said.

The Lalela project was first hatched under the previous ANC administration four years ago, but never came to fruition.

The ANC emphasised its significance as introducing African cultural ownership of the square, and to acknowledge Struggle stalwarts.

Late president Nelson Mandela’s legacy was meant to be part of the exhibition on the square.

The proposed monument will feature rock excavated from a limestone quarry on Robben Island, where forced labour was used.

The estimated cost of the project, as calculated by the ANC municipality, was at least R12million.

At the time of the announcement, Msimanga said the DA-led administration was committed to creating an inclusive society and sharing the resources of the city.

“The former administration loved to talk big about creating an inclusive society in which all South Africans from different walks of life may share,” he said.

“Yet they sat on this project for almost four years after it was passed by the previous mayoral committee.”

By: iOl News


 

Posted on Leave a comment

Zonderwater Gevangenis – Grootste enkele krygsgevangene-kamp van Tweede Wêreld Oorlog

Zonderwater Gevangenis, sowat 43km van Pretoria net buite Cullinan, is vandag bekend daarvoor dat van die Boeremag-gevangenes daar aangehou word. Min mense weet egter dat Zonderwater die grootste enkele krygsgevangene-kamp van die Tweede Wereldoorlog was. Tussen April 1941 en Januarie 1947 is meer as 100 000 Italiaanse krygsgevangenes daar aangehou.

Mussolini van Italie was een van Hitler se bondgenote en het met die Geallieerdes, waaronder Suid Afrika, slaags geraak in Soedan, Kenia en Somaliland. In April 1941 het die eerste Italiaanse prisoniers per skip in Durban aangekom nadat hulle in Libie en Abbysinie gevange geneem is.

Alle gevangenes het nie die skeepsreise oorleef nie. Die “Nova Scotia” met 600 prisoniers is byvoorbeeld deur ‘n torpedo gesink op 28 November 1942.

Die Italianers het gou die tydperk 1941 tot 1943 verdoop na die “Tendopoli” omdat hulle in tente op die terrein van Zonderwater gehuisves is. Aan die begin van 1942 was daar reeds 7 000 tente en is die 63 000 prisoniers aangesit om hulle eie tronk te begin bou. Uiteindelik sou die gevangenis sowat 120 000 krygsgevangenes kon hou en daar was op ‘n stadium 90 000 Italianers daar aangehou in die veertien blokke. Elke blok is ook toegespan met twee rye doringdraad en wagtorings is opgerig.

Vandag nog, op elke EERSTE SONDAG VAN NOVEMBER om 10:00, kom die Italiaanse gemeenskap en diplomatieke korps van Italie by Zonderwater bymekaar. (Front Nasionaal hoop om dit vanjaar by te woon). By die Tre Archi, die drie boog-monument, is 252 van die krygsgevangenes begrawe met die inkskripsie: “Morti in prigionia. Vinti nella carne. Invitti nello spirito. L’Italia lontana. Vi benedice in eterno.” wat beteken “Dood in gevangenisskap. Oorwonne in vlees. Onoorwonne in gees. Verre Italie. Vir altyd geseend.”

In die klein Zonderwater museum word 109 000 kaarte gehou met met gegewens van alle prisoniere, handgemaakte boeke, gekerfde sigaretdosies, klein beelde van deeg, musiekinstrumente en skilderye wat deur die prisoniers gemaak is.

* Zonderwater se geskiedenis gan terug na die Boere se Vryheidsoorlog toe die 12-jarige Hendrik Frederik Prinsloo en sy moeder daar aangehou is deur Britse troepe. Ironies genoeg was dit dieselfde HF Prinsloo wat later aangestel is as kamphoof van Zonderwater se Italiaanse krygsgevangenekamp. Byna sonder uitsondering het die Italianers net goeie woorde vir Prinsloo gehad. Een van die Italiaanse dokters, ‘n velspesialis, is selfs toegelaat om Suid Afrikaanse dokters op te lei. Hulle het selfs hul eie poskantoor opgerig en 6,4 miljoen posstukke in 1943 hanteer.
Van die prisoniers het houttrofees vir Kol Prinsloo gekerf vir die verskillende rugbykompetisies in Pretoria; en op die plaas Olivedale het hulle 53 000 perskebome aangeplant, terwyl hulle ook geneem is om die Outeniquapas en Du Toitskloofpas te bou.

Na die oorlog is Hendrik Prinsloo met twee medaljes deur die Italianers vereer – een daarvan deur die Pous self oorhandig, waarna hy weer by Ermelo gaan boer het, totdat hy in 1966 oorlede is in Carolina. Agt voormalige Italiaanse krygsgevangenes het sy kis gedra en ‘n handgekerfde beeld van ‘n engel deur ‘n prisonier is op sy graf gesit.

Zonderwater Gevangenis        

        

Deur: Dalene Nelson/Front Nasionaal


Posted on Leave a comment

Krugerdag herdenk by die Helde-akker in Pretoria

Krugerdag herdenk by die Helde-akker in Pretoria

Krugerdag is gister herdenk by die Helde-akker in Pretoria.

Die Krugergenootskap reël jaarliks dat familie, organisasies en individue kranse lê op die grafte van wyle pres. Paul Kruger, asook op verskeie ander heldefigure uit die Afrikaner se geskiedenis.

Ook CVO-skole neem jaarliks aan die geleentheid deel om sodoende ook die kinders te leer van volkshelde van die geskiedenis.

Die leerlingraad van CVO Skool Pretoria het ook die geleentheid bygewoon, en die graf van oom Paul, asook ander volkshelde, is ryklik versier deur blomme en kranse wat deur verskeie organisasies geplaas is.

Foto: Van links na regs, Hattinie Freyer, Marné Scholtz, Anien

Deur: Die Vryburger


Posted on Leave a comment

Die Kooperasie – Kleinfontein

KONTAK BESONDERHEDE

Telefoon: 012 940 0065 of intern op 6174

Vir lekker koffie, Koek en lekkernye.

Kleinfontein is ‘n unieke, ongeëwenaarde ontwikkeling in die geskiedenis van die Afrikanervolk omdat dit volledig gevestig is deur volkseie arbeid.

Kleinfontein is geleë op die Magaliesbergreeks 30km Suid-Oos van Pretoria op die historiese terrein waar die slag van Donkerhoek (Diamond Hill) tydens die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind het.