Posted on Leave a comment

Iets na aan die hart of baie om te sê? Laat SAUK Nuus en die gemeenskap weet!

SAUK Nuus is ‘n gemeenskaps platform wat die Boere Afrikaner gemeenskap dien. Die hoofstroom media verdoesel baie agter hul betaalmure en sekere stories ontvang geen dekking nie. Dit is dus baie belangrik dat ons ons eie onafhanklike platform het om als van belang te deel. Ons is nie verbonde aan SABC nie of enige organisasie, regering of geheime groep nie.

Stuur asb. enige stories, nuus, foto’s, video’s, klankgrepe, pers verklarings of gemeenskaps en welsyns aankondigings, wat julle dink van belang is vir ons gemeenskap, sodat ons dit met almal kan deel. Nuwe idees is ook welkom.

Ons benodig ook vrywilligers wat kan uithelp in enige hoedanigheid sodat ons ons gemeenskap sterk kan bou. Daar is baie om te doen! Ons wil ook graag streeks of provinsiale nuus en stories dek.

Stuur gerus info aan [email protected] of op ons webwerf by https://nuus.net/kontak-ons/ of @sauknuus op Twitter of op ons bakkiesblad se inbox op Faceboek.

Baie Dankie vir U ondersteuning dusver.

Don

Posted on Leave a comment

EFF: As die Stad Tshwane nie die standbeeld van Paul Kruger van Kerkplein af verwyder nie,sal ons dit doen

EFF: As die Stad Tshwane nie die standbeeld van Paul Kruger van Kerkplein af verwyder nie,sal ons dit doen

“Ons doen ’n belangrike beroep op die Stad Tshwane, as hoofstad van die land, om Madikizela-Mandela te vereer. Sy het ’n enorme bydrae tot die land gelewer en word nie genoeg daarvoor vereer nie,” het Mabogoane Donderdag by navraag gesê.

Hy sê die EFF het die Tshwane-metro twee opsies gegee: Kruger se standbeeld word óf verskuif na ’n ander plek, of word heeltemal gesloop.

“Ons vra nog altyd dat die standbeeld verwyder word. Dit is ’n belediging vir swart mense. Indien die stad dit nie verwyder nie, sal ons dit self doen, ons het dit al voorheen gedoen.”

Mabogoane sê hulle het in die stadium nie ’n sperdatum vir die stad om die standbeeld te verwyder nie, maar hulle is ernstig oor die saak.

Hy sê dit is deel van die EFF se mandaat om ontslae te raak van alle simbole en standbeelde wat aan apartheid gekoppel is.

Intussen het die VF Plus in ’n verklaring gesê hy distansieer hom van die EFF se versoek dat die standbeeld van Kruger vervang moet word met dié van Madikizela-Mandela.

“ ’n Standbeeld van die voormalige presidentsvrou kan opgerig word, maar nie in die plek van die Kruger-standbeeld nie. Die EFF se argument dat Kruger ’n apartheidsikoon was, is nie korrek nie. Die ware feite is dat hy ’n vryheidstryder teen die Britse kolonialisme was,” lui dié verklaring.

Elke standbeeld moet egter op meriete oorweeg word. Gemeenskappe behoort sensitief te wees vir mekaar se simboliese ruimtes.

“Die VF Plus sal met ’n proses begin om die ware geskiedenis van Kruger bekend te maak, en sodoende wys waarom sy standbeeld Kerkplein hoort en daar moet bly.”

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), sê die FAK is in beginsel teen die skuif van standbeelde gekant.

“Elke standbeeld moet egter op meriete oorweeg word. Gemeenskappe behoort sensitief te wees vir mekaar se simboliese ruimtes.”

Langner sê die standbeeld van Kruger is al verskuif, van die Pretoriase treinstasie na Kerkplein in 1954. Hy sê egter die demografie van die Pretoriase middestad moet in dié geval ook in ag geneem word. “Dit kan nie ontken word dat die meerderheid inwoners van Pretoria se middestad eerder in aanvoeling met Madikizela-Mandela sal wees as met Kruger nie. Vanweë Kruger se betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog en omdat hy as 12-jarige seun die Groot Trek meegemaak het, kan die Voortrekkermonument as moontlike alternatief vir sy standbeeld dien indien die beeld wel verskuif moet word.”

Die Tshwane-metro kon nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

Netwerk 24


Posted on Leave a comment

Skoolhoof van Pretoria maak verskil in lewens van skoolkinders

Skoolhoof van Pretoria maak verskil in lewens van skoolkinders

“Elke oggend kan ek nie wag om by die skool te kom nie en te kan weet ek het die lekkerste broodjies by die skool en dan 1ste pouse kry ek ook nog ’n lekker bord kos. Dit gaan nie altyd so lekker by die huis nie. Maar ek weet ek word darm (sic) versorg elke dag en nag.”

Een van die kinders van die Laerskool Genl. Nicolaas Smit in Pretoria wat geduldig in ’n ry staan en wag vir ’n bord kos – wat waarskynlik haar enigste vir die dag sal wees – het dié briefie geskryf.

Sy is een van 360 kinders wat by die skool eet, want haar ouers het geen inkomste nie.

“Tannie, tannie, dit voel of ek by ’n restaurant eet,” kom spog ’n klein graad 4-meisietjie oor haar bord kerrie-en-rys. Sy maak haarself sit net neffens my en begin met groot genoegdoening eet.

Van die ander kinders storm baldadig op die Taalgenoot-fotograaf af. “Neem my af, oom. Neem my af!” Dit lyk nie of die feit dat daar nie kos by die huis is nie, hulle vreugde demp nie.

’n Skeppie kerrie-en-rys stil die hongerpyne.

“My hart breek elke dag as ek sien in watse omstandighede van die kinders leef,” sê mnr. Chris Sealie wat al 20 jaar skoolhoof van hierdie skool in Claremont is.

Mnr. Sealie se pa het hom ’n “organiser” genoem en dit is hy beslis. En dis waarskynlik danksy hierdie vaardighede dat die vennootskap met die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) begin is en dat albei skole nou met die titel van ATKV-Handevatwenners vir 2017 kan spog.

Dit was in 2014 toe mnr. Sealie vir dr. Pierre Edwards, skoolhoof van Affies, na die skool genooi het om die behoefte aan ’n voedingskema te bespreek. Daar was net te veel kinders wat honger deur die skooldag moes kom. “Die kinders kon nie konsentreer nie, was permanent moeg en dikwels afwesig,” vertel mnr. Sealie.

Sedertdien gee Affies elke dag tydens eerste pouse ’n gebalanseerde bord kos. Dit het egter nie net hierby gebly nie. Aanvanklik het Affies se koshuispersoneel die kos gemaak en dan afgelewer. Gerrie Kriel, voedseldiensbestuurder van Affies se skoolkoshuis, het egter begin om werklose mammas in die gemeenskap op te lei om kos keurig voor te berei en dan pouses uit te deel. Affies se Kombuis is in 2016 op die terrein van die skool geopen en spog nou met drie permanente personeellede.

Dit kos sowat R7 000 per week om die voedingskema aan die gang te hou. Kospakkies word ook elke maand aan 120 gesinne uitgedeel.

“Ek wil vir Pierre Edwards alle eer gee dat hy gehoorsaam was aan God se stem. En dan natuurlik ook vir die kinders en ouers van Affies,” sê ’n opgewonde mnr. Sealie.

Terwyl ons by die skool kuier, lui mnr. Sealie se telefoon konstant. Jy kan sommer aan sy gesprekke hoor dat hy ’n ware steunpilaar in die gemeenskap is. Die skool het ’n spilpunt van hoop geword.

“Toe ek op 34 hoof van my skool geword het, het ek ’n bankrot skool geërf. Ons inkomste ’n maand was ongeveer R8 000 en die water-en-elektrisiteitsrekening R12 000. My suster en skoonsuster het daardie rekening vereffen.”

[Oom Thys, een van die inwoners in die gemeenskap, ontvang ook ’n kospakkie van die skool.]

Oom Thys, een van die inwoners in die gemeenskap, ontvang ook ’n kospakkie van die skool.

Vir mnr. Sealie het die keerpunt by die skool gekom toe hy verskriklik met een van sy leerders gesukkel het. Die seun was onhebbelik en dit het broekskeur gegaan om hom te dissiplineer en hom te probeer “verander”.

“Toe ek sy huislike omstandighede sien, het ek besef dis ek wat moet verander.

“Kom ek gaan wys julle waar bly die kinders van my skool,” nooi mnr. Sealie.

Ons eerste stop is by die Bethlehem-oord, oorkant die Zandfontein-begraafplaas. Houthuisies en ou woonwaens staan op die erf rond. Oral waar jy kyk, word jy met armoede gekonfronteer.

Mense wat in die groentetuin werk, wuif vriendelik. Arnold, die eienaar van die grond, het enkele jare gelede ’n bejaarde vrou, tannie Kotie, raakgesien wat op straat gewoon het. Hy kon nie slaap totdat hy aan haar huisvesting verskaf het nie. Nou is Bethlehem ’n toevlugsoord vir baie.

“Ek kry gereeld oproepe van mense wat vra om hulp. ‘Meneer, hulle het my uit die huis gegooi …’; ‘Meneer, ons het niks om te eet nie …’

“Mense moet ophou sê dat arm mense te sleg is om te werk. Dit is die verkeerde siening en dikwels omdat die bevoorregtes nie bereid is om die pad oor te steek en self te gaan hoor nie.

“Baie van my ouers kry nie werk nie en regstellende aksie kniehalter hulle om elke hoek en draai.”

Ons stop by nog ’n plek wat heenkome bied vir dié wat deur die lewe gepootjie is. ’n Paar kombi’s wat draairoomys verkoop, staan ook op die erf en verskaf ’n bietjie kleur aan omstandighede wat bra kleurloos daar uitsien. Ons ontmoet ’n man en ’n vrou. Hulle bly saam met hul 15-jarige dogter in ’n kamer. Daar is net een bed waarop die ouers en die hond slaap. Die dogter slaap op die vloer.

Mnr. Sealie het iewers geld gekry om nog ’n kamer, aangrensend tot haar ouers se kamer, te huur waar die meisie kan bly. Die kamer word nou uitgeverf en meubels bymekaar gemaak.

Die trane loop oor die vrou se wange. Swaarkry duidelik op haar gesig afgeëts.

“Ek wil net die beste vir my dogter doen. Gelukkig help mnr. Sealie ons nou.”

Ons klim in die kar. Die vrou loop agterna. “Dankie, meneer, die Here sal vir jou seën,” sê sy duidelik bewoë voordat sy wegloop.

Jy weet, nè, die een ding wat ek hier kom leer het, is dat mense hoe behoeftig kan wees, hulle sal altyd deel. Armes deel meer as die rykes

“Jy weet, nè, die een ding wat ek hier kom leer het, is dat mense hoe behoeftig kan wees, hulle sal altyd deel. Armes deel meer as die rykes,” merk mnr. Sealie terloops op.

Terug by die skool val die netheid van die skoolterrein jou dadelik op. Ons gaan loer in by van die klasse en word entoesiasties gegroet.

Sedert die voedingskema by die skool begin is, is die kinders nie meer so baie afwesig nie. “Hulle kom skool toe vir kos.”

Die skool se sielkundige, Jacqui van Staden, het ook die verskil raakgesien wat Affies se Kombuis maak. “Dit maak ’n groot verskil aan die kinders se vermoë om te leer. Dit maak ook ’n verskil in die onderwysers se lewe, want hulle hoef nie meer hulpeloos toe te kyk hoe hongerte en armoede sy tol eis nie.”

Dis egter nie net die Laerskool Genl. Nicolaas Smit wat by die vennootskap baat nie.

Dr. Edwards glo dat hy deur Affies se betrokkenheid by dié skool die seuns kan laat ervaar wat dit is om ’n verskil in iemand anders se lewe te maak.

“Die kinders van Genl. Nicolaas Smit het aan die einde van 2016 briefies geskryf wat ons hier by die skool opgeplak en sommige geraam het sodat die seuns dit elke dag kan sien.”

Een van die briefies lui:
“Al is daar nie altyd geldjies by die huis nie bly ek lief vir die kossies by die skool. Dankie tannies dat julle vir ons almal by die skool elke dag kos maak en vir ons sorg. As ek by die huis kom vertel ek vir my ma en pa wat ek by die skool geëet het.”

Volgens JJ van Niekerk, een van die beoordelaars van die ATKV-Handevatkompetisie, word die projek puik deur mnr. Sealie en sy personeel gekoördineer en dit is hulle hooffokus om ’n verskil in die lewe van kinders teweeg te bring.

“Ek wil jul aanmoedig om jul sukses te verpak en met buurskole te deel sodat dit soos ’n veldbrand kan versprei om ons mooi land spoedig te verander.”

Laerskool Genl. Nicolaas Smit en Affies ontvang as wenners van ATKV-Handevat elkeen R30 000. Dr. Edwards het reeds gesê dat sy skool se prysgeld net so in die voedingskema teruggeploeg sal word.

Ons maak aanstaltes, maar mnr. Sealie hou aan gesels.

Ek spreek lewe oor die kinders in my skool. Hulle soek net aandag en liefde. Inspirerende leierskap is van die uiterste belang hier by ons skool. Die kind kom klaar uit ’n gebroke huis en het nie sy ouers gekies nie – ons moet die verskil maak

“Ek spreek lewe oor die kinders in my skool. Hulle soek net aandag en liefde. Inspirerende leierskap is van die uiterste belang hier by ons skool. Die kind kom klaar uit ’n gebroke huis en het nie sy ouers gekies nie – ons moet die verskil maak.

“Dit was ’n moeilike jaar. Die swak ekonomie het ook sy kloue ingeslaan in die ander borge wat ons help.

“Maar die Here is goed vir ons. Ons is baie geseënd. Hy sal nie ophou sorg nie.”

Hierdie artikel het in die herfsuitgawe van Taalgenoot verskyn. Taalgenoot is die amptelike kwartaallikse kultuurtydskrif van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV). Taalgenoot is vir jonk en oud; vir mense wat in Afrikaans leef, liefhet en werk.


Posted on Leave a comment

Kleinfontein – Ons God, Ons Volk, Ons Land

Kleinfontein - Ons God, Ons Volk, Ons Land

Kleinfontein is ‘n nedersetting naby Pretoria, wat in 1992 deur Afrikaners as ‘n kulturele dorp gestig is.

Dei dorp is gestig deur afstammelinge van die oorspronklike Voortrekkers of Boere wat selfbeskikking gesoek het  in ‘n outonome Volkstaat. Die kriteria om in Kleinfontein te woon, is gebaseer op kulturele, taalkundige, tradisionele en godsdienstige oortuigings. Die inwoners van die dorp assosieer hulself met die Voortrekker-geskiedenis, die Bloedrivierverbond en ander “historiese feite wat verband hou met ons stryd om onafhanklikheid vir die Afrikaners.”

Vanaf 2012 het  Kleinfontein een van Suid-Afrika se oorblywende blanke alleen-nedersettings geword en is deur die Gautengse wetgewer as ‘n kulturele gemeenskap erken.

Die grond wat oos van Pretoria geleë is en vandag  as  Kleinfontein bekend  staan het in 1988 tydens die viering van die 150ste herdenking van die Groot Trek onder Afrikaneraktiviste se aandag gekom.  Die plaas het hul aandag getrek omrede dit as ’n  gedenk  plek van die Bittereinders en die terrein van die Slag van Diamond Hill, asook ‘n historiese Boeroors-begraafplaas dien.  Toe die plaas in 1992 te koop aangebied is, het ‘n groep 50 Afrikaners het die eiendom gekoop en het begin om aandeelhouers te werf om dit te ontwikkel.

Gedurende die jaar  1994 is voldoende aandeelhouers gewerf  om die lening te betaal en Kleinfontein kon toe begin dienste lewer. Die eerste twee permanente huise is in 1996 voltooi en die eerste twee families het permanente inwoners van Kleinfontein geword. In die daaropvolgende jare het Radio Pretoria sy uitsaai toring op Kleinfontein opgerig, is daar sportvelde aangelê, ‘n tuisgemaakte skool gestig en ‘n spaar- en kredietkoöperasie het ontstaan. ‘N Gemeenskapsaal, versorgingsentrum en aftreehuise het  gevolg en so ook die aanbouing van ‘n winkelsentrum met ‘n OTM .

Die ingang wat die dorp versier vertoon ‘n borsbeeld van Hendrik Verwoerd, wat as die “vader van apartheid” bekend staan.

Kleinfontein het uit sy nate begin bars vanaf 2013 waar die bevolking van Kleinfontein  gegroei het tot ongeveer 900 Afrikaners, waarvan ongeveer 650 inwoners en ongeveer 400 aandeelhouers is. Kleinfontein se gebied het gegroei van die oorspronklike 500 hektaar tot die huidige 860 hektaar, en strek net buite die N4-snelweg buite die Boschkop-pad.

Die Gautengse wetgewer het  Kleinfontein  gedurende November 2013 as ‘n kulturele gemeenskap erken, alhoewel die Stad van Pretoria nog steeds geweier  het om die dorp as ‘n afsonderlike ontwikkeling of ‘n formele dorp te verklaar.

Kleinfontein is gekritiseer vir sy beleid omrede Judeërs, Katolieke, nie-Afrikaanssprekendes en Swartes verbied  word om hulself in die gemeenskap te vestig. Protes optogte het in  Mei 2013 plaasgevind toe die gemeenskap die aansoek van ‘n swartman geweier het  wat  ‘n huis in die gemeenskap wou  koop. Die gemeenskap is ook gekritiseer deur die Suid-Afrikaanse regering om praktyke te betree wat eens gelei het tot ‘n “verdeelde Suid-Afrika. Inwoners van die gemeenskap verdedig hul praktyk deur aan te voer  dat hulle hul eie afsonderlike kulturele identiteit verdedig.

Indien jy ’n besoek wil aflê by Kleinfontein, die dorp is geleë  tussen Pretoria en Bronkhorstspruit . Dit lê net suid van die N4, net wes van die R515, ‘n paar kilometer suid van Rayton, op die Magaliesberg-bergreeks in die historiese terrein waar die Slag van Donkerhoek plaasgevind het tydens die Tweede Boer oorlog.


 

Posted on Leave a comment

Oudste persoon ter wêreld in Pretoria te ruste gelê

Oudste persoon ter wêreld in Pretoria te ruste gelê

Die “wêreld se oudste persoon” is op Saterdag 10 Junie in Pretoria begrawe nadat sy verlede week in die ouderdom van 134 oorlede is.

Volgens die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling het dié bejaardevrou, Johanna Rametsi, van Hammanskraal in die verre noorde van die stad, die oudste persoon in die wêreld geword nadat die Indonesiër Saparman Sodimejo in April vanjaar in die ouderdom van 146 oorlede is.

“Gogo Rametsi is op 1 Januarie 1883 in Krugersdorp aan die Wes-Rand gebore. Sy word oorleef deur twee van haar 16 kinders – haar dogters Wilhelmina Phiri (97) en Ouma Thema (79). Sy het 78 kleinkinders en 247 agterkleinkinders,” het die departement gesê.

Die departement was aan die stuur van gemeenskapsinisiatiewe om vir Rametsi ʼn waardige begrafnis te reël.
Die begrafnisdiens het om Saterdag 08:00 plaasgevind in Stinkwater, Hammanskraal, in die gemeenskapsaal langs Maratola Primary School.