Posted on Leave a comment

Onteiende Grond Wat Sonder Vergoeding Gesteel Word, Sal Teruggegee Word en ANC & EFF Kamerade Sal Verantwoording Daarvoor Moet Staan – Boere-Afrikanervolksraad

Die voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad en leier van die HNP, mnr Andries Breytenbach, sê in ‘n dokument aan die Parlementêre ad hoc-komitee wat gemoeid is met die wysiging van artikel 25 van die Suid-Afrikaanse grondwet, ten einde onteiening van die burgery se eiendom, sonder vergoeding moontlik te maak, dat onteiening van eiendom sonder vergoeding ‘n kriminele daad van diefstal is.

Mnr Breytenbach het in ‘n skerp bewoorde voorlegging aan die Parlementêre komitee geskryf dat die wysiging van artikel 25 immoreel, illegitiem en die misbruik van mag is. Hy sê in sy voorlegging dat die voorgestelde wetgewing om artikel 25 van die huidige grondwet te wysig en enige poging om onteiening sonder vergoeding te “wettig”, in sy geheel verwerp word.

Die Afrikanervolk sal sodanige wetgewing nie as legitieme wetgewing erken nie, en sal met die middele tot hulle beskikking hulle teen die
diefstal van hulle eiendom verweer en sal nie die eienaarskap of besitreg van persone of instansies aan wie sodanig gesteelde eiendom gegee of verkoop word, erken nie.

Mnr Breytenbach sê wanneer die geleentheid en omstandighede daarvoor ontstaan, sal die ontneming van sulke eiendom omgekeer word en sal die eiendom aan hul regmatige eienaars teruggegee word. Die koste van sodanig omkering en skade deur die regmatige eienaars deur sodanige ontneming gely, sal van diegene wat daarvoor verantwoordelik was en/of daaraan meegedoen het, verhaal word.

Lede van ʼn wetgewende vergadering wat sodanige wetgewing ondersteun, en die president wat dit goedkeur, sal, wanneer die geleentheid en omstandighede hulle daartoe leen, kollektief en individueel voor die gereg tot verantwoording geroep word, sê mnr Breytenbach.

Mnr Breytenbach se volledige verklaring in Engels kan hier afgelaai word:

Commentary of the Volksraad (BAV)

Solank hul nie wit is nie" – Wit rassisme in SA regering onthul

Lees ook: Grond onteiening skok onthulling! ANC-regime publiseer skyn wetsontwerp oor onteiening sonder vergoeding


 

Posted on Leave a comment

Afrika slaan weer toe – Herstelde substasie se kabels word gesteel

Afrika slaan weer toe - Herstelde substasie se kabels word gesteel

Pas nadat die substasie in die ooste van Pretoria herstel is, het Afrika weer toegeslaan en is daar kabels gesteel.

Nadat groot dele van die Ooste van Pretoria sonder krag was die afgelope sewe dae is die substasie herstel na ‘n brand. Toe Metrodienste egter die krag wou aanskakel, is gevind dat daar op nie minder nie as agt plekke kabels gesteel is in die tyd.

Die kabels sal glo deur die loop van die dag vervang word.

Deur: Die Vryburger


 

Posted on Leave a comment

Betonlamppale kom op in Pretoria om diewe te fnuik

Betonlamppale kom op in Pretoria om diewe te fnuik

Kabeldiewe wat derduisende rande se skade in die stad aangerig het deur lamppale af te saag, die kabels uit te trek en dit dan te verkoop se inkomste gaan drasties afneem.

Dit nadat die Tshwane-metro besluit het om die lamppale, wat aanhoudend in Es’kia Mphahlelerylaan (voorheen DF Malan-rylaan) afgesaag word, met betonpale te vervang.

Volgens Elmarie Linde, raadslid van wyk 54, het die munisipaliteit tot die besef gekom dat dit nie gaan help om elke keer weer gewone lamppale in te sit nie omdat kabeldiewe eenvoudig net weer sal toeslaan.

“Hulle het in Atteridgeville begin met die betonpale en toe gesien hoe uitstekend dit daar werk. Dit is ’n langtermynoplossing wat ook goedkoper uitwerk as die gewone pale,” sê Linde.

Volgens haar het dit sowat R9 500 gekos om ’n gewone lamppaal te vervang as alles ingereken word.

“Die betonpale kos egter tussen R7 000 en R8 000 per paal en spaar ons op die duur baie.”

Sy verduidelik verder dat die betonpale sowat 2 m diep in die grond geplant word en dat daar ook ongeveer 1 m² se beton om die paal gegiet word om dit bestand teen diefstal te maak.

Daar gaan binne die volgende ses weke 74 van hierdie betonpale geplant word.
Volgens Linde hoop hulle om binnekort van hierdie betonligte ook in die Wonderboompoort te hê.

“Dit is verskriklik gevaarlik om in die aande daar te ry omdat die kabeldiewe ook daar toeslaan op die gewone straatlige,” sê Linde.

Die Tshwane-metro se beleid vir openbare deelname bepaal ook dat die inwoners van die wyk eerste keuse moet hê om aan ’n kapitaalprojek in ’n spesifieke wyk te werk.

“Die projek strek ook wyk 54 en ’n gedeelte van wyk een en daarom het ons mense vanuit dié twee wyke gekry om aan die projek te werk. Werkskepping is vir ons ’n prioriteit en dit is wonderlik om te sien hoe hard hierdie inwoners werk,” sê Linde