Waar kry die ANC se Departement van Gesondheid beddens vandaan wanneer die Corona-virus wyd verspreid raak, wanneer Steve Biko-hospitaal, ‘n verstandelik gestremde man met ‘n gebreekte enkel, wat nou verrot, ontslaan sonder ‘n operasie! Selfs mense wat baie dringend opereer moet word, moet 3 nagte wag net vir ‘n bed! Sjina het binne tien dae ‘n hele hospitaal gebou en die ANC sal, soos ander lande gedoen het, alternatiewe kwarantynsale moet opstel om plek te maak vir pasiënte met Corona-virus. Gaan COVID-19 nou die nuwe verskoning vir als wees?
Martiens Boshoff, ‘n verstandelik gestremde man, moes ‘n week in die Steve Biko Akademiese hospitaal in Pretoria wag om ‘n dringende operasie te ondergaan aan sy enkel wat erg gebreek en gesplinter is, terwyl die wonde besmet geraak en begin verrot het. Ongelooflik is hy dan ontslaan sonder dat ‘n operasie gedoen is, en hy moes die eerste nag in ‘n rolstoel slaap!
Boshoff het sy enkel verlede week op 2 plekke gebreek toe hy geval het. Sy gesin het hom verlede Donderdag na ‘n privaat dokter geneem wat hom na die Steve Biko-hospitaal verwys het. Daar was baie bloedverlies omdat die been in die omliggende spiere gesteek het, maar in die Steve Biko-hospitaal was sy enkel net vasgebind en hy het die eerste nag in ‘n rolstoel geslaap. Boshoff se suster het aan Maroela Media gesê dat haar broer se enkel eers dei volgende Vrydagoggend gepleister is, hoewel die enkel die vorige aand nog gebloei het.
Boshoff se suster het gesê dat hy eers daardie Vrydagaand ‘n bed in die algemene afdeling gekry het, en hy was selfs gelukkiger as ander, omdat sommige pasiënte drie nagte moes wag om ‘n bed te kry, en almal was dringend. Boshoff is vroeër die week na die ortopediese vleuel oorgeplaas en x-strale is geneem. Hy is egter Donderdag (12 Maart) ontslaan. Sy ma het dit gelukkig reggekry om die hospitaalbestuur te oorreed om hom weer toe te laat en as alles goed gaan, sal hy geopereer word.
Boshoff se suster sê haar broer het geweldige pyn en hulle dink die vlees het begin verrot omdat bloed en ontslag uit die wond kom. Hopelik sal hierdie man nou gehelp word en hy sal op die ou end, soos soveel ander mense, nie sy been verloor nie, wanneer hulle opgeneem is vir eenvoudige roetine operasies. Inderdaad, baie mense sê om na die staatshospitale te gaan, is ‘n doodsvonnis… dit klink soos ‘n perfekte storm wat kom…