Twee toeriste uit Nederland het eerstehands ervaar waaroor plaasaanvalle gaan toe hulle aangeval en op geskiet is tydens ‘n braai op ‘n kleinhoewe in Buffelsdrift, Pretoria
Twee toeriste uit Nederland en hul toergids is Donderdagmiddag op ‘n kleinhoewe in Buffelsdrift, noord van Pretoria, aangeval en op geskiet. Die toeriste het saam met ander mense gebraai toe 3 swart mans toegeslaan het. Die toergids het gehardloop om hulp te gaan soek, terwyl daar skote op die toergids en die 2 toeriste geskiet is.
Gelukkig het die 3 aanvallers gevlug sonder om iets te neem, waarskynlik omdat die toergids weggekom het en die aanvallers bang was dat hy die alarm sou opwek. Daar was geen beserings nie, maar die toeriste is erg getraumatiseerd. Bure het wel die skote gehoor en die polisie ontbied wat die toneel bygewoon het, maar geen arrestasies is gemaak nie.