Posted on Leave a comment

#TheAfricanWay: Substasie in Springs Brand Af Omdat Ekhurhuleni (Oos-Rand) Munisipaliteit Versuim Het Om Dit Te Herstel Ná Inbraak Verlede Jaar, Ten Spyte van Waarskuwings, En Nou Sit Duisende Sonder Krag!

#BeterOnderApartheid ‘n Belangrike elektriese substasie in Springs, wat verlede jaar tydens ‘n inbraak deur vandale beskadig is, is in die vervalle toestand gelaat, wat ‘n brandrisiko veroorsaak het. Dit het Sondag toe afgebrand en duisende inwoners, besighede en vervaardigers in die New Era nywerheidsgebied, sonder elektrisiteit gelos en kan tot twee weke duur om die skade te herstel.

Die besighede in die nywerheidsgebied, soos Kelloggs, sal uiteraard miljoene rande verloor in verlore vervaardiging. Die substasie is nooit na die laaste inbraak reggestel nie en ‘n elektrisiën het die Ekurhuleni Metro-munisipaliteit, in ‘n skadeverslag, wat ná die laaste inbraak opgestel is, gewaarsku dat die substasie ‘n tikkende tydbom is, en dat dit byvoorbeeld nie behoorlik geaard is nie.

Die rede vir die gebrek aan optrede van die Metro om die skade op te los, blyk te wees dat die versekeraar nooit ‘n versekeringseis wou uitbetaal vir die skade, wat die vandale veroorsaak het nie. Durf ons vra? Die versekeringseis kan so hoog as R100 miljoen wees, maar die versekeraar het die eis van die hand gewys, weens onvoldoende sekuriteitsreëlings, soos ‘n elektriese heining wat tydens die inbraak in plek was. Die skadeverslag van die elektrisiën het wel aangedui dat die substasie om verskillende redes kan afbrand, onder andere dat hy nie outomaties sal afskakel tydens ‘n elektriese oorlading nie.

Anita Greeff van die plaaslike ondernemingsvereniging sê dat 2 uitvoerende hoofde van vervaardigingsondernemings in die omgewing, het hulle ongeveer ‘n maand gelede oor die haglike toestand van die substasie ingelig, en hulle het die bestuurder van die elektrisiteitsafdeling, die stadsbestuurder en die burgemeester op hul beurt in kennis gestel, Cllr Zwandile Masina, is sedert 2016 burgermeester, en ook die Streekvoorsitter van die ANC in Ekurhuleni, en het voorheen as sameroeper van die ANC-jeugliga gedien. Met so ‘n ANC-stamboom is dit egter voorspelbaar dat niks gedoen sal word nie. Private persone en sakelui en die algemene publiek word nou in die duister gelaat.

#TheAfricanWay om infrastruktuur nie reg te maak en te onderhou nie, is weer te sien. Ongelukkig lyk dit asof gierigheid en plundering vir hierdie swart amptenare belangriker is as om die werk te verrig, waarvoor hulle ‘n reuse-salaris kry. Blankes word deur die ANC uit die openbare werkplek verban, sodat hulle slegs kan kyk wyl die ANC alles wat hulle aanraak, plunder en vernietig, maar terselfdertyd word die blankes vir alles blameer en apartheid word as ‘n skild gebruik om hul eie misdade te versteek.

 

 Ekurhuleni Metro-burgemeester-Mzwandile Masina

 Ekurhuleni Metro-burgemeester-Mzwandile Masina

 

Lees ook: Ekurhuleni burgemeester wat verbind word met toilet tender skandaal ter waarde van R1,9miljard ontken te sterkste dat hy iets verkeerd gedoen


 

Posted on Leave a comment

Man kritiek nadat oond in bakkery ontplof

Man kritiek nadat oond in bakkery ontplof

Werkers van ’n bakkery in Pretoria-Wes is Dinsdagmiddag getraumatiseer nadat ’n ontploffing vroeër die dag ’n brand daar veroorsaak het.

’n Nywerheidsoond het omstreeks 11:45 by die Transvaal Industrial Foods-bakkery op die hoek van Charlotte Maxeke- en Elsonstraat ontplof.

“Die ontploffing was kwaai en het ’n groot skudding veroorsaak, maar die brand is vinnig onder beheer gebring,” het Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, gesê.

James Mohlala het naby die enorme oond gestaan toe dit ontplof.

“Hy werk gewoonlik met die oond. Hy het baie erg seergekry,” sê sy kollega, Sarah Monyai.

Mohlala het ernstige brandwonde oor sy hele lyf opgedoen en is in ’n kritieke toestand deur die Halo-helikopterdiens na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem. Hy word in die gespesialiseerde brandeenheid behandel.

“Die pasiënt het brandwonde oor sy hele liggaam, op sy arms, sy bors, sy bene. Hy ly ook aan rookinaseming,” sê Xander Loubser, woordvoerder van die nooddiens Best Care.

Monyai sê die voorval was aaklig en dat hulle hartseer is oor wat gebeur het.

’n Omstander wat oorkant die bakkery werk, sê hy het gesien hoe vlamme uit die bakkery kom en hoe nooddienswerkers Mohlala by die bakkery uitdra.

“Dit was verskriklik,” sê hy.

Pieterse het vroeër gesê die meeste skade is deur die ontploffing self en hitte veroorsaak, maar die gebou se struktuur buite is betreklik ongeskonde.

Die brandweer was tot omstreeks 14:00 op die toneel.

Dit is die tweede ontploffing in twee dae in die weste van Pretoria.

Maandagmiddag het ’n ontploffing by ’n motoronderdele- en verfhandelaar ook ’n groot brand veroorsaak.

OBM Auto Paint & Body Parts, ’n dubbelverdiepinggebou van 10 000 m² op die hoek van Souter- en Courtstraat, was binne minute in ligte laaie.

Niemand is in dié voorval beseer nie.

Deur: Netwerk 24