Posted on Leave a comment

Raamwerkdokument ooreengekom vir SONA wat “vrywillig spaargeld sal mobiliseer” om ANC en Rothschilds toe te laat om pensioenfondse te stroop!

Die liberale besigheidsliggaam BUSA, onder leiding van Rothschilds, die vakbond COSATU en die ANC-regime het ‘n ooreenkoms bereik en ‘n raamwerkdokument opgestel wat “vrywillig spaargeld” soos pensioenfondse sal mobiliseer, om die ANC, en natuurlik Rothschilds, toestemming te gee om Publieke en Privaat pensioene te delg om Eskom uit sy korrupsie skuld van R450 Biljoen te red.

Business Day het vandag berig dat ‘n raamwerkdokument Donderdag opgestel is deur ‘n gesamentlike komitee bestaande uit die elitistiese ryk vetkatgroepe, maar dit moet blykbaar nog amptelik deur al die verskillende partye goedgekeur word. Die vinnig opgestelde pensioenregtelike plan word volgende week in die toespraak oor die staat van die nasie (SONA) van Ramaphosa opgeneem, wat weereens waarskynlik die lae punt sal bereik waarvoor Afrika-parlemente so bekend is.

Op hierdie stadium lyk dit of sowel private pensioenfondse asook die Pensioenfonds van die Staatsamptenaar (GEPF) geraak sal word. Die onderhandelaar namens BUSA was Martin Kingston, die ondervoorsitter van BUSA en die uitvoerende hoof van Rothschild Suid-Afrika, ‘n welbekende bankster-globalistiese onderneming wat lande al meer as ‘n eeu plunder. Dit was die Rothschild’s wat Cecil Rhodes en Oppenheimer meer as ‘n eeu gelede gefinansier het, en waarskynlik die Britte gemanipuleer het om die Anglo-Boereoorlog te begin, om sodoende hul hande te kry op Boeregoud. Die Rothschild-familie het die kuns van geldsug en plundering oor drie eeue vervolmaak, so dit is interessant dat die argitekte van kolonialisme in SA nou saam met die ANC en COSATU in die bed is…

Oningeligte mense sou miskien gedink het dat liberale elitistiese kapitaliste soos Rothschild, die geld van ander mense sou respekteer, maar in werklikheid sal hulle met enigiemand, selfs kommuniste, “besigheid” doen om te neem wat nie aan hulle behoort nie. Daar is U pensioen weg, terwyl die militante vakbonde en sakepersone soos dié in BUSA aanhou eet by die globalistiese trog van belastingbetaler en nou pensioenfondse.

Eskom Rothschilds

 

As u gedink het dat dit iets nuuts is, vergeet dit dan – Ramaphosa is al voor 1994 voorberei vir hierdie pos! Sy voorsitterskap van die Afrika-unie is nie toevallig nie…

ramaphosa konneksiesLees ook: Verbode Waarheid 23: Geallieerdes neem onwettige eienaarskap van Duitsland wyl Duitse krygsgevangenes terugkeer en Oos-Duitsland word geskep met die Berlynse Muur