Posted on Leave a comment

Pretoria FM maak planne bekend om nuwe Afrikaanse-musiek toekenningsgeleentheid te loods

Pretoria FM maak planne bekend om nuwe Afrikaanse-musiek toekenningsgeleentheid te loods

Die Afrikaanse gemeenskapstasie, Pretoria FM, het pas planne bekendgemaak om ‘n nuwe Afrikaanse-musiek toekenningsgeleentheid van stapel te stuur.

Die uitvoerende Hoof van Pretoria FM, Mnr Hennie Koortzen het in ‘n verklaring gesê die radiostasie het groot waardering vir die werk van alle Afrikaanse liedjieskrywers en sangers, wat deurgaans werk van hoë gehalte lewer en wil verseker dat hulle die nodige erkenning in die musiekbedryf ontvang.

“Ons is verder van mening dat sulke toekennings in alle opsigte deursigtig en geloofwaardig moet wees en dat die gehalte van musiek en lirieke die enigste kriteria moet wees waarop beoordeling moet geskied”, het Koortzen bygevoeg.

Pretoria FM kondig dus met trots aan dat die stasie se bestuur besluit het om ‘n splinternuwe glansgeleentheid te skep waartydens Afrikaanse musiek en kunstenaars van gehalte, beloon kan word vir die bydrae wat hulle tot musiek en die kunste in sy geheel lewer.

Die nuwe toekenningsgeleentheid beloof om ‘n skouspel van hoogstaande gehalte te wees en sal tydens die tweede helfte van die jaar in Pretoria in samewerking met belangrike rolspelers in die bedryf aangebied word.

Meer besonderhede, soos die naam van die nuwe toekenningsgeleentheid, die beoordelaars en kategorieë, sal binnekort in die media en op sosiale platforms bekend gemaak sal word.

Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van Pretoria.ws nie.


Posted on Leave a comment

Wanneer jy die nodige aandag wil verkry van mense en instansies, trek net jou klere uit – Vrou betoog in skrapse klere voor Uniegebou omdat Unisa en die polisie haar mishandel

Wanneer jy die nodige aandag wil verkry van mense en instansies, trek net jou klere uit - Vrou betoog in skrapse klere voor Uniegebou omdat Unisa en die polisie haar mishandel

’n Skraps geklede vrou wat voor die Uniegebou in Pretoria betoog het, is Woensdagoggend in hegtenis geneem.

Gugu Ncube sê sy het betoog omdat Unisa en die polisie haar mishandel het.

Haar baas by ’n sentrum wat voorheen deur Unisa geborg is, het volgens haar gevra vir seks as sy haar werk wil behou. Sy sê bewerings dat sy bedank het, is vals.

“Ek wil hê Unisa se bestuur moet my bedankingsbrief wat hulle beweer ek geskryf het, aan die hele land, die Thuma-stigting, die kommissie vir geslagsgelykheid en ander belanghebbendes wys.”

Volgens haar het sy in haar broekie en ’n klein toppie betoog omdat sy “niks meer het om te beskerm nie”.

“Naaktheid is ’n teken dat ek van my waardigheid ontneem is. My waardigheid is weg.”

Gugu Ncube

Gugu Ncube betoog voor die Uniegebou voordat die polisie haar in hegtenis geneem het.

Ncube wil hê pres. Cyril Ramaphosa moet kennis neem van die beweerde mishandeling.

Volgens haar is sy deur die polisie mishandel toe sy haar baas gaan aankla het.

“Ek het eerstehands gesien hoe ’n kommissaris omkoopgeld aanvaar om my te diskrediteer. Ek het korrupte polisiebeamptes gesien wat my prosedureel verkeerd in hegtenis geneem het omdat my mishandelaar geld het om hulle te betaal. Ek sal gehoor word.”

Unisa sê Ncube se bewerings is verkeerd.

“Dit is jammer dat me. Ncube aanhou om Unisa te betrek by haar dispuut met die Unisa Sentrum vir Vroeëkinderonderwys (UCECE) en daarmee ons naam beswadder. Ons vra dat sy nie die universiteit se naam sal gebruik in haar persoonlike saak met UCECE nie.”

Die universiteit het die sentrum voorheen geborg, maar die borgskap laat vaar.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van Sunnyside se polisie, bevestig Ncube is in hegtenis geneem.

“Ons is uitgeroep na die Uniegebou waar ’n kaal vrou gestaan het. Sy sal waarskynlik van openbare onwelvoeglikheid aangekla word.”

Deur: Netwerk
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.


Posted on Leave a comment

Tuks faseer tans Afrikaans uit as onderrigtaal – slegs Engels sal nou as primêre taal van kommunikasie en administrasie gebruik word

Tuks faseer tans Afrikaans uit as onderrigtaal - slegs Engels sal nou as primêre taal van kommunikasie en administrasie gebruik word

Die Universiteit van Pretoria tans besig om Afrikaans as die amptelike onderrigtaal by al sy kampusse en koshuise uit te faseer.

Die universiteit sal nou slegs Engels as primêre taal van kommunikasie en administrasie gebruik.

Rikus Delport, woordvoerder van die Universiteit, het gesê die beleid is in 2016 deur die universiteit se raad en senaat aangeneem ná ‘n uitgebreide konsultasieproses en aanbevelings van alle belanghebbende partye.

“Die verandering in beleid is daarop gemik om maatskaplike samehorigheid te fasiliteer en die universiteit sal steeds meertaligheid omhels en aanmoedig om eenheid te bevorder en gelyke geleenthede vir sprekers van alle Suid-Afrikaanse tale te bied,” het hy gesê.

Delport het gesê die besluit van die onderskeie belangegroepe is deur die bevindings ingelig dat die persentasie studente wat hul huistaal as Afrikaans aangemeld het, tussen 1992 en 2015 van 85% tot 30% afgeneem het.

“In 2016 het ongeveer 18% van die studente ‘n voorkeur vir Afrikaans as onderrigmedium uitgespreek.”

Hy het gesê hoewel die uitfasering vanjaar plaasvind, sal dit geleidelik gedoen word om Afrikaanse studente te akkommodeer.

Die uitsondering sal gegee word waar studente ander tale studeer, en in programme met beroepspesifieke taal uitkomste. Sulke programme sal deur die Senaat goedgekeur moet word, het Delport gesê.

Lees die oorspronklike berig in Engels by The Citizen


Posted on Leave a comment

Liefde op eerste aansig? Kyk Weer? Maatjie.com het nou “Eerste Indrukke” – die vinnigste manier om konneksies te maak met ander.

Blaai deur profiele van mense wat by jou pasmaat se ligging en ouderdomsgroep pas, en gebaseer op jou eerste indruk (van hul fotos en ‘Oor My’ vertellings), dui aan of jy van hulle hou of nie. Niks wat jou aandag aflei nie. Vinnig. Eenvoudig.

Vind Eerste Indrukke onder die Konneksies kieslys van ons werf.

PROBEER EERSTE INDRUKKE SOMMER NOU: » https://www.sielsmaats.com

Nou is ‘n goeie tyd om jou ‘Oor My’ vertellings op te skerp en maak sommer seker dat jou beste foto’s wys 😉
Maatjies en Sielsmaats vind en ontmoet mekaar by Maatjie.com in Afrikaans. Teken GRATIS aan en snuffel…

Maatjie.com bied ‘n veilige, sekuur en anonieme wyse om mense van jou keuse te vind en mee te kommunikeer, in Afrikaans (Nederlands en Duits ook).

Hoe werk dit?
In ‘n neutedop kies jy ‘n skuilnaam (gebruikersnaam of alias) en stel ‘n profiel op waarin jy jouself, sowel as die tipe persoon en verhouding waarna jy opsoek is, beskryf. Jy kan ander mense se profiele besigtig deur die werf te deursoek en in ruil kan hulle jou profiel besigtig. Wanneer jy iemand vind wat jou interesseer, kan jy ‘n boodskap via die werf na daardie skuilnaam stuur. Beurtelings mag jy boodskappe in jou e-posbus ontvang van ander lede af. Hierdie boodskappe sal van hulle skuilname af wees en nie hulle regte e-posadresse nie, wat beide jou en hulle privaatheid beskerm. Wanneer jy gereed is mag jy kies om die ander lid van jou regte kontak besonderhede te voorsien.

– Maatjie.com werk op smartfone, tablette en rekenaars so jy kan jou sielsmaat sommer enige plek soek.
– Ontdek tot op 1000 pasmaats met ons intelligente twee-rigting pasfunksie.
– Vind iemand spesiaal met een van ons baie soek-opsies en voeg daardie van wie jy hou by jou Gunstelinge.
– Wanneer jy gereed is, kontak lede met ‘n maklike en privaat boodskapstelsel.
– Sien dit wat jy in gemeen het met ander in ‘n oogopslag.
– Jy is in beheer – blok lede wat nie aan jou standaarde voldoen nie of rapporteer onsmaaklike lede en verhoed vooraf mense om jou te kontak indien hulle jou nie pas nie…

(Alle inkomste word gebruik om werk te skep vir Afrikaanse slagoffers van BEE).

Sien jou daar!

https://www.maatjie.com

Posted on Leave a comment

Uitnodiging na inligtingsaand oor belegging in Gannabos-behuisingsprojek

Orania-ondersteuners in Gauteng word uitgenooi na ’n inligtingsgeleentheid oor die Gannabos-behuisingsprojek op Maandag 18 Junie om 18:00 by die kantoor van Solidariteit in Pretoria.

Die doel van die geleentheid is om aan voornemende beleggers te verduidelik hoe jy vir so min as R25 000 as belegger tot Orania se eiendomsmark kan toetree.

Die eerste fase van die Gannabos-projek is reeds ’n sukses met alle voltooide wooneenhede wat onmiddellik opgeraap word en ’n lang waglys van potensiële huurders. Beleggers vir die volgende fase word tans gewerf. Persone wat belangstel om die geleentheid by te woon moet voor of op Vrydag 15 Junie 2018 vir Appie Pienaar by [email protected] laat weet.


Posted on Leave a comment

Standbeeld van Paul Kruger gaan dalk vervang word met die van veroordeelde misdadiger, Winnie Mandela

As die EFF sy sin kry, gaan die standbeeld van ZAR president Paul Kruger, vervang word met die veroordeelde misdadiger, Winnie Mandela.

Nie te lank gelede nie het die EFF nog gedreig om die Kruger-standbeeld te vernietig, en het nou “amptelik” gevra dat die beeld gesloop moet word om vir Winnie Mandela plek te maak.

‘n EFF-raadslid, ene Moaferika Mabogoane, het Paul Kruger, in dieselfde asem as John Vorster en Hendrik Verwoerd, “rassistiese apartheidsleiers” en “donker figure van ons lelike verlede” genoem.

Die Vryburger