Posted on Leave a comment

Reeksmoordenaar los in Pretoria wat op haweloses teer – Lyk van 5de hawelose man in Pretoria gekry

Reeksmoordenaar los in Pretoria wat op haweloses teer - Lyk van 5de hawelose man in Pretoria gekry

Die polisie het Woensdag die lyk van ‘n vyfde hawelose slagoffer in Pretoria gekry nadat vier hawelose mans reeds die afgelope paar weke vermoor is.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê hulle het ‘n taakspan op die been gebring om die moorde te ondersoek nadat die vyfde lyk sowat 400 m van die Unisa-kampus in Muckleneuk gevind is.

“Die polisie kan bevestig dat minstens vyf lyke tot dusver gekry is. Die lyke is oor die bestek van twee tot drie weke gevind, in verskillende dele van Muckleneuk in die Pretoriase middestad.”

Peters sê die ondersoek is steeds aan die gang, maar die polisie kan reeds bevestig dat die vermoordes almal middeljarige, hawelose mans is, wat in die nag vermoor is.

Sy sê lt.genl. Elias Mawela, Gauteng se polisiehoof, het ‘n taakspan op die been gebring om die moorde te prioritiseer sodat hulle kan seker maak die skuldiges word so gou moontlik gevang.

Muckleneuk

‘n Bebloede kombers en blou handskoen lê in die Magnoliadalpark waar die lyke van twee mans vroeër gevind is. Foto: Felix Dlangamandla

Die polisie het ook ‘n beroep op private veiligheidsmaatskappye en lede van die publiek gedoen om te help om die skuldiges vas te trek.

Mawela sê hulle wil nie paniek onder die mense in Muckleneuk saai nie, maar hulle wil hê mense moet versigtig wees en hul oë oophou.

Dinsdagoggend het die Tshwane-metropolisie op die lyk van ’n vierde man op die hoek van Justice Mahomed- en Troyestraat in Sunnyside gekry.

Die lyk van die eerste man is op 25 Mei by die Mearspark-treinstasie in Sunnyside gekry. Nadat die lyke van die tweede en derde slagoffer op 8 en 9 Junie in Magnolia Dell, naby die treinstasie, gekry is, het die vraag ontstaan of ’n reeksmoordenaar in Pretoria hawelose mans vermoor.

Volgens kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, volg ondersoekbeamptes alle moontlike leidrade op om die moordenaar(s) vas te trek.

“Ek kan nie in die stadium sê dat dit die werk van ’n reeksmoordenaar is nie, maar die moontlikheid daarvan word wel ondersoek,” sê Mavimbela.

“Dinsdag se slagoffer is tussen 06:00 en 07:00 gevind. Die man het ’n besering aan die agterkant van sy kop gehad en ’n moorddossier is geopen. Die nadoodse ondersoek sal verder lig werp op wat tot die man se dood gelei het.”

Die identiteit van al die slagoffers moet nog deur die polisie vasgestel word.

Wayne Renkin, projekkoördineerder van die Tshwane Leadership Foundation (TLF) wat met hawelose mense in Pretoria werk, sê dat die jongste moorde op hawelose mans onrusbarend is.

“Haweloses in die stad is ongelooflik kwesbaar, veral mans en seuns wat nie soos die vroue toegang tot veilige huisvesting het nie. Nie net is hulle uitgelewer aan die natuur nie, maar ook aan menslike elemente. Ek dink dit is hoog tyd dat die regering ingryp en leë geboue tydelik vir haweloses oopstel.

Mckelneuk-moorde-nuut.jpg

“Solly Msimanga, vorige burgemeester van Tshwane, het belowe om na so ’n moontlikheid te kyk, maar daar het dadels van gekom,” sê Renkin.

Volgens hom is daar ongeveer 6 244 hawelose mense in Pretoria.

“Dit is gegrond op inligting van 2011 se sensus, maar ons dink dit is veel meer.”

Renkin wil hê die regering moet by die situasie ingryp.

“Alles lyk altyd op vergaderings mooi op papier, maar as die bereidwilligheid in die praktyk ontbreek, lei dit uiteindelik tot frustrasie, veral onder organisasies soos die TLF wat daagliks met talle haweloses werk en weet hoe groot die nood is. Hawelose mans in Pretoria word voor die voet deur iemand afgemaai. Die vraag is nou wat ons as ’n gemeenskap daaromtrent gaan doen.”

-Netwerk 24
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.

Posted on Leave a comment

Be vigilant of whom you hire and trusts – Pretoria man died savagely after employee of 26 years stabbed him four times in chest – deceased cared for this ruthless killer and put this man’s children through school and college

South-Africans be careful of whom you hire and trusts - Pretoria man died savagely after employee of 26 years stabbed him four times in chest – deceased cared for this ruthless killer and put this man’s children through school and college

Herman Scoltz was brutally murdered in his home in Pretoria during the night of 9 March 2019. Scoltz was described by his friend, Nico Bernard, as “a gentle soul and a gentleman”. He also reported that the person that stabbed him four times in the chest worked for him for 26 years and that Scoltz had put this man’s children through school and college and cared for his family.

Bernard added that people need to understand why South Africa is such a violent place and that his friend Herman traveled the whole of Africa for his work to see that people got good health care, which most people will consider dangerous but Herman was killed in his own house in Pretoria, South Africa.

Read the original article on Boere Krisis Aksie BKA


Posted on Leave a comment

Vroulike motoris van Pretoria gedood tydens rooftog

Vroulike motoris van Pretoria gedood tydens rooftog

‘n Vroulike motoris is gedood tydens ‘n kontantwa roof in Pretoria Noord.

‘n Skietgeveg tussen Fidelity wagte en die rowers het gelei tot haar dood toe sy getref is deur ‘n koeël.

Dit is die soveelste kontantwa roof in die afgelope weke en die rowers het gevlug met ‘n onbekende bedrag kontant.

Die geldwa is opgeblaas en twee ander voertuie is beskadig.

Kenners meen dat dit tyd word dat daar van “spookwaens” gebruik gemaak word om diegene in lokvalle te lok waar hulle summier doodgeskiet kan word.

Deur: Die Vryburger


Posted on Leave a comment

Beloning uitgereik om inligting te bekom oor plaasmoord te Donkerhoek, oos van Pretoria

Beloning uitgereik om inligting te bekom oor plaasmoord te Donkerhoek, oos van Pretoria

Sedert die moord op ‘n hoewe op Donkerhoek, oos van Pretoria, in 2015, was daar geen vordering in die ondersoek nie, wat daartoe gelei het dat ‘n beloning nou uitgereik word in ‘n poging om meer inligting te bekom.

Op 15 November 2015, nou twee jaar gelede, is die 32-jarige Gavin Wolfswinkel vermoor, en Lucky Sithome is ook in die aanval dood. Wolfswinkel sou ‘n maand later getrou het.

Die Boschkop polisiekantoor, wat die gebied bedien waar die moord gepleeg is, was al voorheen dikwels in omstredenheid gedompel omdat lede nie hulle werk doen nie of selfs openlik rassisties teen blanke klaers optree.

Chnay Coetzer, Wolfswinkelse suster, sê die gebrek aan vordering deur die polisie met die ondersoek, het hulle as familie laat besluit om ‘n private speurder aan te stel en ‘n beloning vir bruikbare inligting uit te loof.

Lede van die publiek wat enige inligting het, kan dit deurstuur aan Chnay Coetzer by 079 522 1210. Mense is welkom om anoniem hulle inligting te deel en alle inligting sal hoogs vertroulik hanteer word.

Foto: Die vermoorde mnr. Gavin Wolfswinkel


Posted on Leave a comment

Burgemeester van Tshwane voor treurende families weggejaag

Burgemeester van Tshwane voor treurende families weggejaag

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, moes Maandag uit Soshanguve, noord van Pretoria, vergesel word nadat gemeenskapslede hom verjaag het waar vyf kinders dood is toe ʼn paneel van ʼn munisipale ligmas losgekom het.

Maroela Media het vroeër berig vyf kinders, tussen ses en 12 jaar oud, is dood toe hulle by Apollo-lig, net buite die Bopapes se huis, gespeel het. Die swaar metaalring wat die hoë lig ondersteun, het losgekom en vier kinders is op slag dood. Twee kinders is na ʼn hospitaal geneem, waar een van hulle by George Mukhari-hospitaal gesterf het. Een van die kinders is nie beseer nie. Twee van die kinders was nefies uit die Bopape-familie.

Msimanga wou ʼn besoek aflê aan die treurende gesinne, het sy waarnemende woordvoerder, Lindela Mashigo, gesê. Toe Msimanga en ʼn span afgevaardigdes van die munisipaliteit egter Maandagoggend by Block X-gemeenskapsaal in Soshanguve opdaag, het lede van die plaaslike sakeforum hul “ongemak” uitgespreek met sy teenwoordigheid.

“In die lig van die tragiese gebeure en die rou emosie, het die burgemeester besluit om nie in gesprek te tree met die groep mense nie, maar eerder na die families te gaan,” het Mashigo verduidelik. “ʼn Groep mense het die burgemeester weer voorgekeer toe hy by een van die families opgedaag het. Dit is duidelik dat die groep mense ʼn politieke agenda wil dryf in hierdie tyd waar politiek die laaste ding in die burgemeester se gedagtes is. Dit is baie jammer dat die mense, wat as gemeenskapsleiers beskou word, eerder hul eie politieke belang wil dryf as om die families se gevoelens in ag te neem.”

Msimanga se kantoor blameer die ANC, die opposisie in Tshwane, vir die chaos. “Dit is nou baie duidelik dat die ANC in Tshwane nie eers meer voorgee om vir mense om te gee nie, en hulle gebruik nou mense se pyn om ʼn politieke agenda te dryf. Hierdie tipe gedrag word ten sterkste veroordeel.”

Sommige inwoners het gekla dat hulle met rubberkoeëls geskiet is, deur lede van die Tshwane-metropolisie, wat Msimanga beskerm. Sommige van die inwoners het glo doppies van die rubberkoeëls gehou.

Wykraadslid Phumzile Hlatshwayo sê die gemeenskap soek al sedert Saterdag bloed. “Dit was baie sleg toe ek Saterdagmiddag daar aangekom het. Die gemeenskap is baie sensitief. hulle het intussen bande op die pad aan die brand gesteek. Mens sien die frustrasie van die gemeenskap. Hulle is kwaad omdat hulle dienste verwaarloos word. Daar is ʼn hele aantal van dié ligmaste wat ook oop is soos die een wat op die kinders geval het. Ons versoek dienslewering en instandhouding,” het Hlatshwayo gesê. “Ons hoor daar is nie geld nie, maar as mens na plekke soos Waterkloof gaan, dan sien mens nie dieselfde probleme nie. Maar in die townships word die begroting beperk. Die prioriteit is die voorstede.”

Mashigo het vroeër gesê dit wil voorkom of iemand met die kabels van die ligmas gepeuter het, vermoedelik in ʼn poging om dit te steel. “Dit is hartseer dat diewe se vandalisme van elektriese kabels die lewens van onskuldige kinders geëis het,” Mashigo bygevoeg.

Deur: Maroela Media