Posted on Leave a comment

Iets na aan die hart of baie om te sê? Laat SAUK Nuus en die gemeenskap weet!

SAUK Nuus is ‘n gemeenskaps platform wat die Boere Afrikaner gemeenskap dien. Die hoofstroom media verdoesel baie agter hul betaalmure en sekere stories ontvang geen dekking nie. Dit is dus baie belangrik dat ons ons eie onafhanklike platform het om als van belang te deel. Ons is nie verbonde aan SABC nie of enige organisasie, regering of geheime groep nie.

Stuur asb. enige stories, nuus, foto’s, video’s, klankgrepe, pers verklarings of gemeenskaps en welsyns aankondigings, wat julle dink van belang is vir ons gemeenskap, sodat ons dit met almal kan deel. Nuwe idees is ook welkom.

Ons benodig ook vrywilligers wat kan uithelp in enige hoedanigheid sodat ons ons gemeenskap sterk kan bou. Daar is baie om te doen! Ons wil ook graag streeks of provinsiale nuus en stories dek.

Stuur gerus info aan [email protected] of op ons webwerf by https://nuus.net/kontak-ons/ of @sauknuus op Twitter of op ons bakkiesblad se inbox op Faceboek.

Baie Dankie vir U ondersteuning dusver.

Don

Posted on Leave a comment

Nouer samewerking tussen die NG Kerk en Hervormde Kerk

kerk

Moderamen van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) en die Moderatuur van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (NGK) het tydens ʼn gesamentlike vergadering wat buite Pretoria gehou is, hul voorneme bekend gemaak om verder nou met mekaar saam te werk.

In die lig van die bestaande bilaterale ooreenkoms tussen die NHKA en die NGK onderneem die Moderature van die twee kerke om veral met betrekking tot die volgende gemeenskaplike sake samewerking tussen gemeentes én sinodale strukture te bevorder, aldus dr. Wouter van Wyk, sekretaris van kommunikasie van die NH Kerk.

• Albei kerke ag dit van groot belang om missionaal kerk te wees, en moedig gemeentes aan om in hierdie verband plaaslik al nouer met mekaar saam te werk.
• Teologiese opleiding is vir die kerk van kardinale belang, en daarom wil die Moderature verseker dat voornemende predikante van die twee kerke steeds die beste moontlike teologiese opleiding ontvang. Daar moet ook erns gemaak word met opleiding van tweedeloopbaanpredikante op die mees tyd- en kostedoeltreffende manier moontlik, terwyl daar ook programme ontwikkel word om teologiese toerusting aan ampsdraers, kerklike werkers en lidmate te verskaf.
• Die twee kerke onderneem om op ekumeniese gebied al meer met mekaar en ander kerke saam te werk, en die moontlikheid van Ekumeniese Sinodes (saam met ander kerke) te ondersoek.
• Gemeentes van die twee kerke (binne én buite Suid-Afrika) word aangemoedig om al nouer met mekaar saam te werk, veral waar gemeentes as gevolg van demografiese verskuiwings en ekonomiese druk in ’n oorlewingstryd gewikkel is.
Die kerkleiding van albei kerke onderneem om sulke gemeentes met toepaslike samewerkingsooreenkomste by te staan. Gemeentes word ook aangemoedig om hul ervaring van sukses en knelpunte in bestaande samewerkingsooreenkomste met die kerkleiding te deel sodat dit uiteindelik die hele kerk kan dien. Gemeentes word ook uitgenooi om die kerkleiding te nader insake enige bedieningsbehoeftes wat daar plaaslik mag bestaan. Indien dit blyk dat kerkordelike aanpassings nodig word om besluitneming tussen samewerkende gestaltes van die kerk moontlik te maak, sal dit dan oorweeg word.
• Die twee kerke ondersoek geleenthede om plaaslik en nasionaal nouer saam te werk in barmhartigheidsdiens.
• Die goeie samewerking met betrekking tot die kerklied en -musiek word verder uitgebou.
• Groter samewerking met betrekking tot die elektroniese media word ondersoek.