Posted on Leave a comment

AfriForum onthul skokkende nuus: 56 wit skoolmeisies weens ras uit Gauteng-netbalspanne gelaat

Die burgerregteorganisasie AfriForum het in Pretoria bekend gemaak dat dié organisasie die keurders vir die Gautengse o.12- tot o.18-skolespanne se puntestate bekom het.

Dié puntestate bewys dat 56 wit meisies, wat volgens die keurders se beoordeling op meriete vir die spanne gekies moes word, egter weens hul ras uit die spanne gelaat is.

AfriForum het reeds namens 12 van die benadeelde meisies se ouers amptelike klagtes by Netbal Suid-Afrika (NSA), Suid-Afrikaanse Skolenetbal (SASN) en Gauteng Skolenetbal (GSN) ingedien. Dié klagtes eis onder meer dat rassekwotas afgeskaf moet word en dat die benadeelde meisies skriftelik erkenning van GSN moet kry dat hulle wél op meriete gekies moes word. (Die volledige klag en die keurders se puntestate word hierby aangeheg.)

AfriForum en die ouers het in hul klagtes aan die bogenoemde netbalinstellings aangedui dat, sou daar nie binne 14 dae aan hul eise voldoen word nie, ’n amptelike klag van rassediskriminsaie teen NSA by die Internasionale Netbalfederasie (INF) ingedien sal word. Indien nodig sal die saak ook na die internasionale Hof vir Arbitrasie in Sport (CAS) geneem word. Die INF se reëls, asook dié van sowel die Internasionale Olimpiese Komitee as die Statebondspelefederasie, verbied uitdruklik enige vorm van rassediskriminasie.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, wys daarop dat die 56 meisies wat suiwer op grond van hulle velkleur benadeel is, tussen 2001 en 2007 gebore is. Hulle is dus ná oudpresident Mandela se ampstermyn gebore.

“Dié jong kinders se waardigheid word ernstig geskend omdat hulle nou gestraf word vir ’n vorige bedeling waaraan hulle geen aandeel gehad het nie,” voeg Kriel by. Kriel vra hoe ’n mens vir ’n twaalfjarige meisie moet verduidelik dat sy goed genoeg is om ’n span te haal, maar dat haar ras (wat sy nie self gekies het nie) bepaal dat sy nie die span mag haal nie.

Volgens Kriel poog NSA en ander Suid-Afrikaanse sportliggame telkens om hul rassediskriminasie teen kinders met ’n kwotastelsel te regverdig deur dit voor te hou as ’n poging om ongelykhede reg te stel deur geleenthede te bied aan kinders wat skoolgaan by arm, agtergeblewe skole sonder toegang tot goeie fasiliteite en afrigting.

’n Ontleding van die spankeuses van die Gautengse skolespanne dui daarop dat 49 van die 56 meisies wat op grond van ras (en nie meriete nie) gekies is, in gegoede skole (privaat of voormalige model C‑skole) skoolgaan wat oor goeie fasiliteite en afrigters beskik. “Dit beteken dat die rassediskriminasie wat met die spankeuses gepaardgegaan het ’n suiwer poging is om ’n rasgedrewe ideologie te dien, en nie daarop gemik is om geleenthede vir arm kinders te skep nie,” sê Kriel.

Kriel wys daarop dat AfriForum sterk ten gunste daarvan is dat netbalspelers in arm gemeenskappe ontwikkel word. “Die feit dat die spankeusesyfers wys dat NSA klaaglik daarin misluk om spelers in arm skole te ontwikkel, kan nie as regverdiging vir NSA dien om sy eie mislukkings te probeer verbloem deur nou blatant op grond van ras teen kinders te diskrimineer en hul menswaardigheid te skend nie.”

Volgens Kriel het 42 swart meisies die Gautengse spanne op meriete gehaal. Dit is tragies dat hierdie beduidende getal goeie swart spelers nou ook benadeel word deurdat die rassekwotastelsel op onregverdige wyse die kwota-etiket om hul nekke hang.

AfriForum eis ook in sy skrywe dat die Suid-Afrikaanse netbalinstellings ’n uiteensetting verskaf van watter objektiewe kriteria gebruik word om kinders sonder hul ouers se toestemming op grond van ras vir die doeleindes van spankeuses te klassifiseer. AfriForum eis ook dat ’n volledige uiteensetting van NSA se ontwikkelingsinisiatiewe in arm gemeenskappe aan die organisasie verskaf word, aangesien AfriForum graag positiewe insette wil lewer ter verbetering van NSA se planne, wat klaarblyklik misluk as die gebrek in spanne aan spelers uit arm skole in ag geneem word.

Volgens Henk Maree, hoof van AfriForum Jeug, is NSA se diskriminasie teen wit skoolmeisies een van talle voorbeelde van hoe jongmense, wat graag ’n positiewe bydrae tot hul provinsies en land wil maak, op groot skaal vervreem word omdat hulle weens hul velkleur soos tweederangse burgers in hul geboorteland behandel word.

Maree wys daarop dat AfriForum Jeug nooit by hierdie soort benadeling van kinders en jongmense sal berus nie en dat sy organisasie elke meganisme tot sy beskikking sal gebruik om enduit te veg vir ’n samelewing waarin alle jongmense as eersterangse burgers beskou word.

Volgens AfriForum kan die publiek help om te wys dat daar wydverspreide teenkanting teen die kwotastelsel is deur hul name by klagtes teen NSA te voeg wat by die internasionale liggame ingedien gaan word. Die publiek kan hul name na 32687te SMS (R1).

-Afriforum


Hierdie nuusberig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUKnuus nie.


Posted on Leave a comment

Two more suspects arrested in connection with Mamelodi pre-school robbery

Gauteng police have arrested two more suspects in connection with the robbery of international students at a pre-school in Mamelodi East, Pretoria, earlier this month.

According to police spokesperson Brigadier Mathapelo Peters, one of the suspects was arrested in Limpopo on Friday while the other was caught in Mpumalanga on Saturday.

Eighteen students and two professors from the US, who were on an outreach visit at the Viva Foundation School in Mamelodi East, were attacked and robbed by five armed suspects two weeks ago.

Service Maimela, 30, was arrested a few days later at the Pienaarspoort informal settlement in Mamelodi East. He appeared in the Mamelodi Magistrate’s Court last Monday on charges of robbery, attempted murder and assault.

The matter was postponed to Monday, May 27 for further investigations, said Peters.

Peters said the police were still processing the dockets of the two additional suspects, adding that they were most likely to appear in court along with Maimela.

“Both suspects are due in court on Monday 27 May 2019, pending confirmation of the court,” she said.

The US tourists were robbed of their laptops, cellphones, cameras, passports, plane tickets, bags and US dollars.

“The intelligence-driven operation will continue as police are optimistic that it is only a matter of time until the remaining suspects are arrested,” Peters said.

*news24


This news release does not necessarily reflect the opinion of SA-news.


Posted on Leave a comment

Groot grondeis in Pretoria teengestaan

Groot grondeis in Pretoria teengestaan

Die sakeregtewaghond AfriSake het onlangs weer ingegryp om ʼn groot grondeis ten opsigte van eiendomme in die ooste van Pretoria teen te staan.

Volgens AfriSake het sy regspan onlangs ’n voorverhoorvergadering oor die Lekhuleni-grondeis by die grondeisehof in Randburg bygewoon.

Armand Greyling, regs- en beleidsontleder by AfriSake, het gesê die voorverhoor het meestal gefokus op die oplos van kwessies wat tydens die verhoor gehanteer sou moes word.

Die verhoor sal waarskynlik later vanjaar begin, het Greyling gesê.

“Dit beteken dat slegs finale beëdigde verklarings geliasseer moet word, aangesien die aangeleentheid gereed is om verhoor te word. AfriSake eis dat die grondeisehof se beslissing dat die Lekhuleni-eis geldig is, tersyde gestel word omdat die administratiewe diskresie in hierdie geval slegs by die grondeisekommissaris berus,” het hy verduidelik.

Greyling meen dit blyk dat hierdie eis opportunisties en soortgelyk is aan die Bakwena ba Mare a Phagole- of Suid-Gauteng-grondeis waarby AfriSake ook aktief betrokke is.

“Ons glo dat die reg sy gang moet gaan wanneer geldige eise ingedien word, maar in dié geval kan ons nie saamstem dat die eis geldig is nie. Die grondeisehof se betrokkenheid in hierdie saak oor die diskresionêre gesag van die grondeisekommissaris blyk ook onvanpas te wees en AfriSake sal alles in sy mag doen om te verseker dat die regte prosedures gevolg word,” het Greyling gesê.

Dié grondeis betrek meer as 500 residensiële eiendomme, nege plase en verskeie skole en besighede. Dit is na bewering deur wyle Victor Lekhuleni ingestel, wat aangevoer het dat hy die leier van die Bakgatla Ba Lekhuleni-stam was. Hy is ná sy dood deur Velaphi Victor Lekhuleni opgevolg.

Volgens AfriSake is die eis na bewering op 21 Oktober 1996 by die grondeisehof ingestel. Ná ’n ondersoek het die kommissie dit op 16 Januarie 2013 duidelik gemaak dat geen eis ingedien is nie en dat die kommissie nie sal voortgaan om die eis te ondersoek nie. Op 8 Augustus 2014 het die grondeisehof dié besluit egter hersien en tersyde gestel.

As die hof se besluit nie tersyde gestel word nie, sal hulle voortgaan om die meriete van die saak te beveg betreffende of enigiemand weens diskriminerende wette met geweld van die eiendom ter sprake verwyder is, het Greyling bygevoeg.

Deur: Maroela Media


Posted on Leave a comment

KFC-voorval: Drie in hof

Drie mans van Pretoria wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar in Montana aangerand het, het Vrydag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.

Landdros Motlhoki Rapulana het na die mans se aansoek om borgtog geluister en gesê sy het tyd nodig om die bewyse te bestudeer, voordat sy haar besluit op 30 Augustus bekend sal maak.

Staatsaanklaer Ronnie Sibanda voer aan die mans moet nie vrygelaat word nie, aangesien hul veiligheid nie gewaarborg is nie en ʼn gevoel van vrede in die gemeenskap ondermyn kan word. “Die aansoek om borgtog moet ook in die belang van die publiek wees, aangesien die voorval in die publieke arena plaasgevind het.”

Stephan Nel (39), Joshua Scholtz (21) en Dicky Junior van Rooyen (21) staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die rig van ʼn vuurwapen. Hul een medebeskuldigde, Marius Harding (23), het sy aansoek om borgtog laat vaar en nog ʼn beskuldigde, Ockert Muller (20), se aansoek om borgtog is reeds goedgekeur.

Die mans word daarvan beskuldig dat hulle Jacob Sono en sy vrou Dudu op 2 Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana, Pretoria, aangerand het. Video’s van die voorval is wyd op sosiale media versprei.

Konst. William Tladi, ʼn ondersoekbeampte in die saak, het vroeër tydens die aansoek om borgtog getuig en het aan die hof gesê Sono kon aan ʼn hartaanval gesterf het. Hy het gesê Sono se mond en ore het gebloei nadat hy by die kitskosrestaurant aangeval is. Hy was die tweede getuie om die borgtogaansoek van die mans teen te staan.

Tladi het aan die hof gesê beskuldigde nommer een, Stephan Nel, het by die toneel aangekom toe die bakleiery begin het, en hy het ʼn vuurwapen op Sono gerig voor hy hom saam met sy medebeskuldigdes geslaan het. “Dit is hoekom ek die borgtog teenstaan. ʼn Persoon kan sterf as jy hom teen die kop slaan.”

Adv. Francois Kriel, vir Schultz, voer aan Sono is vir ʼn knop op sy kop behandel en ʼn gebarste membraan in sy oor wat binne ʼn paar dae genees het. Hy hou vol die beserings was nie ernstig of lewensgevaarlik nie.

Tladi het aan die hof gesê die aanvallers het nie net die egpaar fisies aangeval nie, maar ook rassistiese uitlatings gemaak.

Daar is egter geen aanklagte wat met rassisme en crimen injuria verband hou op die klagstaat nie.

Nel se prokureur, Nols Nolte, het aan die hof gesê Tladi is nie vertroud met die besonderhede van die saak nie, en hy het net opdrag gekry om hof toe te kom en die borgtogaansoek teen te staan. Nolte wou weet waarom daar geen klag van crimen injuria is nie, indien Dudu Sono beledig is, aldus die polisie se weergawe.

Tladi het gesê hy het nie die klaers se verklarings geneem of die klagtes geformuleer nie. Hy het gesê hy het die dossier ontvang om ondersoek in te stel.

Posted on Leave a comment

Seun vas oor bedrog van R93 miljoen, pa in hof oor korrupsie

Tseko Mojalefa Rabotho (29) het Vrydag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklag van korrupsie.

Rabotho is op 17 Augustus deur die Valke in hegtenis geneem op aanklag van bedrog, korrupsie en geldwassery ten waarde van R93 miljoen, het lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, gesê. Hy het aanvanklik op 21 Augustus in die hof verskyn waar dit aan die lig gekom het dat hy ʼn aantal bates, insluitend twee luukse eiendom en 19 motors, bekom het, wat nooit gefinansier is nie.

“Net voor Rabotho Donderdag vir sy aansoek om borgtog in die hof sou verskyn, wou sy pa, Jackie Nicholas Rabhoto (57) die ondersoekbeampte by die Valke se kantoor in Pretoria glo met R52 000 kontant omkoop,” het Netshiunda verduidelik. “Hy is dadelik in hegtenis geneem. Hy het ʼn verdere R48 000 kontant in sy besit gehad.”

Jackie het Vrydag in die hof verskyn op aanklag van korrupsie.

Die twee mans moet weer op 31 Augustus in die hof verskyn.