Posted on Leave a comment

Hoop Skiet Wortel! Hier is jou kans om by te dra en deel te word van ons strewe na self beskikking met Eureka Bpk

Advokaat Carlo Viljoen word aangestel as Besturende Direkteur in die direksie van die Maatskappy EUREKA BEPERK Ltd. Hieronder is sy eerste omsend skrywe maar eers die geleentheid wat Eureka nou aan alle Afrikaners bied om deel te neem, en by te dra aan ons strewe na self beskikking en onafhanklikheid.

Deur ons te help om hierdie boodskap te versprei kan u nou vir uself aandele bekom in die dividend draende A klas aandele van die Maatskappy EUREKA BEPERK Ltd Reg no. 2016/348067/06.

Ek glo dat almal van ons besef hoe belangrik dit is dat ons hierdie boodskap van Hoop aan al ons mense wêreldwyd moet versprei. Ons gee ook aan elke lid nou die kans om aandele in die toekoms van ons Maatskappy te besit. Al wat u moet doen om deel te neem aan hierdie opwindende poging,  is om hierdie Dokument aan soveel as moontlik mense per e-pos of messenger te versprei. Verkieslik per e-pos.

Vir elke e-pos adres waarheen U hierdie aangehegde boodskap (18 Sept. Advokaat Viljoen omsend skrywe.) stuur sal ons aan U een aandeel gratis oordra. U Kan U aandele in bondels van ten minste 10 opeis by die epos adres soos in die skrywe vermeld. U Maak slegs ‘n lys van die adresse en stuur dit aan Eureka ([email protected]). Die waarde van hierdie aandele sal saam met die ontwikkeling groei. Dis ‘n aandeel in die toekoms van ons volk. Sodoende raak al ons lede betrokke by hierdie opwindende saak.

(U kan die dokument self aflaai en aanstuur of net hierdie berig deel deur gebruik van die epos “share” knoppie hieronder.)

 

MET WELWILLENDHEID TEENOOR ALMAL EN KWAADWILLIG TEENOOR NIEMAND. GAAN ONS IN DIE LAND VAN ONS GEBOORTE NOU VIR ONS EN ONS KINDERS WAT NA ONS KOM, ‘N NUWE TOEKOMS BOU.

Advokaat Viljoen se omsend brief wat die offer insluit lees soos volg:

Dit is vir my ‘n besondere voorreg om die pos van Besturende Direkteur in die direksie van die Maatskappy EUREKA BEPERK Ltd te betree. Ek neem die aanstelling in hierdie pos baie ernstig op en begeer om die EUREKA IDEAAL na die beste van my vermoë te dien en EUREKA altyd eerste te stel.

Ek is ‘n advokaat van beroep in die HoërHof van Kaapstad en beywer my met passie vir die saak van minderhede in ons samelewing.

Die idee van ‘n onafhanklike kultuur nedersetting vir ons ontwortelde mense het ontstaan met die aankoop van ‘n plaas in die Noord Kaap, 16 Kilometer Wes van Garies. Dis intussen opgevolg met die aankoop van ‘n tweede plaas naby die mond van die Groenrivier.

Hierdie plase is die begin van die Selfbeskikking droom vir ons mense. Ek sal soos fondse beskikbaar kom myself beywer vir die verkryging van Selfbeskikking vir ons mense. As Regsverteenwoordiger van die Maatskappy het ek reeds ‘n verklarende bevel om Selfbeskikking in die HoogsGeregsHof van Noord Kaap ge-liaseer en beplan om die aansoek spoedig aanhange te maak.

Ek doen hiermee ook ‘n beroep op al ons mense waar hulle ookal in die wêreld hulle self bevind, om nou as een man saam te staan en ons Selfbeskikking af te dwing. Ek besef maar te goed dat niemand dit vir ons op ‘n skinkbord sal aanbied nie. Ek het met die opstel van die Hofstukke ‘n deeglike studie van alles aangaande ons reg op Selfbeskikking gemaak en is Heilig oortuig dat die Regering van die Republiek van Suid Afrika ons dit nie sal mag weier nie.

Intussen gaan ons voort om vir ons Informele Nedersettings op die twee betrokke plase te bou, waar ons die eerste Pioniers reeds akkommodeer. Ons onderhandelinge hieromtrent is in plek en die twee Nedersettings vorder goed.
Ons onderhandel tans om die plaas Eiland Punt Zuid, Akte nommer 550, van meer as 3000 Hektaar groot teen die kus aan te koop waar ons groot ontsouting plan met direkte sonkrag opgesit gaan word . Vandaar gaan pyplyne die water aan ons Dorpe voorsien. Ons besef dat al hierdie pogings geld gaan kos.

Hierdie Selfbeskikking droom is nou besig om werklikheid te word en ek doen ‘n beroep op elke persoon ter wêreld wat ‘n bydrae tot die behoud van die blanke ras in Suid Afrika wil maak deur enige bedrag wat hulle maandeliks kan afstaan, per debiet nota, geskeduleerde betaling of direkte oorplasing in die ontwikkelingsrekening van die Maatskappy te betaal. Enige bedrag is welkom R10.00 of R1000.00 elke druppel help.

Rekening houer: Eureka Beperk Ltd.
Bank: FNB, Vredendal.
Rekening nommer: 62701654453.
Adres van Bank vir Buitelandse inbetalings is: FNB, Voortrekkerstraat 17, Vredendal, 8160.
Takkode : 200406
SWIFT CODE: F I R N Z A J J.

Om hierdie boodskap van hoop wêreldwyd te versprei is die Maatskappy bereid om aan die persoon wat behalwe sy eie bydrae ook graag wil help om die boodskap uit te dra een aandeel te skenk vir elke e-pos adres waarheen U hierdie skrywe aanstuur. Om u aandele op te eis; Stuur slegs die lys van epos adresse waarheen u die pos gestuur het aan: [email protected] en vir elke adres sal u een aandeel in die ontwikkeling klas A aandeel van die Maatskappy ontvang. Stuur u eis in bondels van minimum 10 per eis. ‘n 4B nommer sertifikaat sal aan u uitgereik word.

Die waarde van hierdie klas aandele le opgesluit in die toekoms van EUREKA. Soos EUREKA groei sal die aandeel waarde opbou. SODOENDE BOU ONS ALMAL SAAM AAN DIE VEILIGE HAWE VIR AL ONS MENSE Om dan uiteindelik almal ‘n belang te he in die ideaal wat ons saam help bou het.

Baie dankie aan almal wat wil help om saam te bou aan die noodsaaklike “MEKKA ” vir al ons mense. UIT DIE BLOU VAN ONSE HEMEL, UIT DIE DIEPTE VAN ONS SEE . Sal ons Eureka bou.

Ons gebruik sonkraginstallasies om brak en uiteindelik seewater te ontsout vir die bou van die dorpe en voedsel verbouing met moderne stelsels. Afhanklik van niemand “TEEN DIE HELE WêRELD VRY” Dienswillig,

Die uwe, Carlo Viljoen.

Eureka

DieKaap.com

Posted on Leave a comment

Aankondiging van Nersa oor Tshwane-kragtariewe – stad mag tariewe net met 13.07% verhoog

Aankondiging van Nersa oor Tshwane-kragtariewe – stad mag tariewe net met 13.07% verhoog

Die VF Plus is vandag reg bewys oor krag deurdat NERSA die kragtariewe wat deur die Tshwane-metroraad ingedien is, verwerp het en eerder die voorleggings van die VF Plus, AfriForum en die Elektrisiteitherverkopers-assosiasie van Suid-Afrika (Erasa) aanvaar het.

Volgens NERSA mag die stad die tariewe met 13.07% verhoog (vir die 2019/20 finansiële jaar), gegrond op die vorige jaar se struktuur (2018/19), en nie volgens die nuwe voorgestelde struktuur nie.

Die aankondiging deur NERSA word ook as ‘n reuse oorwinning vir verbruikers beskou. Die raad wou ‘n totaal nuwe ingrypende struktuur implementeer wat ‘n vaste fooie van R56 vir alle verbruikers sou insluit asook spesiale winter-tariewe.

Die ander groot strukturele verandering is die wegneem van die 2 kategorieë of kerwe wat die metroraad wou implementeer en die behoud van die bestaande 4 kategorieë of kerwe waarvolgens krag aangekoop word. Die nuwe struktuur sou klein-verbruikers, wat tipies laer-inkomste groepe en pensioenarisse insluit, die meeste raak.

NERSA het verder ook aangekondig dat ‘n tribunaal aangestel gaan word om te verseker dat die metroraad aan bepaalde wetgewing voldoen en verbruikers wat negatief geraak is, krediete ontvang.

Die VF Plus sal verbruikers in hierdie proses ondersteun om te verseker dat alle krediete binne ‘n redelike tyd terugbetaal word.

Die VF Plus gaan ook met sy regspan konsulteer om seker te maak of dit wettig is om die nuwe verhoogde tarief te implementeer aangesien die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA) munisipaliteite en metrorade slegs toelaat om tariewe jaarliks te wysig.

-Awie Erasmus: VF Plus-raadslid en voorsitter van die openbare rekeningekomitee – Tshwane-metroraad


Posted on Leave a comment

Barbaarse studente in Pretoria stig brand voor Bheki Cele, minister van polisie, se kantore

Barbaarse studente in Pretoria stig brand voor Bheki Cele, minister van polisie, se kantore

‘n Groep studente van die voormalige Technicon, tans bekend as die Tshwane Universiteit van Tegnologie, het die polisie besig gehou deur ‘n brand te stig voor Bheki Cele, minister van polisie, se kantore in Pretoria.

Dit volg na die dood van een opstoker student op die Soshanguve kampus tydens geweld wat daar uitgebreek het.

Waarnemers vra die vraag wat sal die polisie doen as boere strate afsper en breek en brand oor plaasmoorde?

Deur: Die Vryburger


Posted on Leave a comment

PRETORIA WOMAN CELEBRATES 106TH BIRTHDAY

PRETORIA WOMAN CELEBRATES 106TH BIRTHDAY

Health MEC Gwen Ramokgopa says the National Development Plan’s goal to have a minimum life expectancy of 70 years is achievable.

The MEC was part of birthday celebrations for 106-year-old Makwena Mabitsela in Atteridgeville on Saturday.

She has urged South Africans to lead healthy lifestyles in their quest for a longer life.

Ramokgopha says Mabitsela is an inspiration.

“I tried to hold a mic for her and she said no, she’ll hold it herself. She’s an example of what is possible in terms of longevity.”

By: EWN


Posted on Leave a comment

Wiskunde-winterskool vir matrieks aangebied

Die wiskunde-winterskool word by studiesentrums landswyd aangebied. Foto: Verskaf

Solidariteit Helpende Hand bied vanjaar vir die derde keer hul gewilde wiskunde-winterskool vir matriekleerlinge aan.

Die winterskool word elke jaar deur ʼn ervare wiskunde-onderwyser deur middel van Akademia se elektroniese platforms aangebied. Matrieks landswyd het dus toegang tot die winterskool en kan dit by enige van die studiesentrums in Centurion, Pretoria-Moot, Krugersdorp, Bloemfontein, Somerset-Wes en die Paarl bywoon.

Valentyn van der Merwe, wiskunde-onderwysspesialis by Helpende Hand, het gesê Rika Grobler sal vanjaar se winterskool aanbied. “Sy is baie ervare en was al die eksaminator en moderator vir graad 12 se vraestel 2,” het Van der Merwe gesê.

“Die winterskool bied ʼn goeie geleentheid vir leerlinge om seker te wees dat hulle deeglike hersiening doen voor hul rekordeksamen en eindeksamen. Goeie prestasie in wiskunde ontsluit die deure na verdere studies en verbeter leerlinge se kanse om eendag ʼn goeie werk te hê.”

Matrieks wat ná skool verder wil studeer, kry met die winterskool ook die geleentheid om te ervaar hoe Akademia se onderrigmodel werk, wat elf studiesentrums landswyd elektronies met mekaar verbind. Voornemende studente kan nou by Akademia aansoek doen.

Koste vir die winterskool beloop R150 per dag en leerders moet per dag bespreek. Die R150 sluit ʼn kospakkie in. Hierdie klasse word gratis vir alle Helpende Hand-ondersteuners se kinders aangebied. Klik hier om vir die Wiskunde-winterskool te bespreek.

Posted on Leave a comment

[Video] Volledige registrasie amptelik aan Akademia toegeken

akademia-gradeplegtigheid-2017-04-07

Van die studente wat in April van Akadmia se eerste grade ontvang het. Foto: Jhua-nine Wyrley-Brich/Forumnuus.co.za.

Akademia het pas bekendgemaak dat dié Afrikaanse gemeenskapsuniversiteit nou volledig as hoëronderwysinstansie deur die departement van hoër onderwys en opleiding (DHET) geregistreer is.

Die instansie het op 30 Mei die goeie nuus van die DHET ontvang dat dit nou volledig geregistreer is ná ʼn omvattende gehaltebeheerproses wat ses jaar lank geduur het. Akademia het in dié tydperk alle voorwaardes van die departement nagekom en aan alle vereistes voldoen.

By Akademia se oprigting het die DHET voorwaardelike registrasie as hoëronderwys­instansie aan Akademia toegeken. Dr. Paul Steyn, Akademia se provoos, verduidelik dat voorwaardelike registrasie bloot beteken het dat Akademia eers aan die DHET moes bewys lewer dat die instansie volhoubare programme van hoë akademiese gehalte kan aanbied. Ten minste een kohort van studente in die langste kwalifikasie moes hul studies suksesvol voltooi, sonder enige onderbreking in dienslewering.

“Akademia dien jaarliks ʼn jaarverslag in, wat ʼn vorm van ouditering van ons finansiële status en dienslewering aan studente is, asook ons volhoubaarheid met betrekking tot regs­vereistes soos deur die Wet op Hoër Onderwys gestel aandui. Volledige registrasie impliseer dus geen statusverandering nie – ons moet steeds voortgaan om aan al die jaarlikse wetlike vereistes te voldoen – dit stel studente en ondersteuners bloot gerus dat Akademia van meet af ʼn hoë standaard handhaaf,” het Steyn gesê.

Piet le Roux, akademiese hoof by Akademia Foto: Maroela Media

Piet le Roux, akademiese hoof, sê Akademia beskou die finale registrasie by die departement as ’n belangrike bousteen in sy ontwikkelingsplanne.

“Die finale registrasie is vir Akademia ’n belangrike mylpaal op sy ontwikkelingspad. Dit baan die weg na verdere, belangrike vorme van erkenning waaraan reeds hard gewerk word, insluitende internasionale uitruiling en samewerking, sowel as professionele en bedryfsonderskrywings van kwalifikasies. In ’n globale, mededingende ekonomie en onderwysomgewing is sulke bykomende erkennings – en die vertroue van sy ondersteuningsgemeenskap – onmisbaar vir Akademia om homself en sy alumni te onderskei,” het Le Roux gesê.

Volgens Le Roux beskik Akademia reeds oor 11 studiesentrums wat geleë is in Bloemfontein, Boksburg, Centurion, George, Krugersdorp, Paarl, in die Moot en Lynnwood in Pretoria, Somerset-wes, Tygervallei en Vanderbijlpark. “Ons beplan om binne die volgende jaar minstens nog twee sentrums by te voeg waarvan een in Windhoek, Namibië.

“Ons wil die Afrikaanse publiek bedank vir hulle ondersteuning en in besonder dankie sê vir die lede van Solidariteit wat met hulle bydraes gehelp het om Akademia tot stand te bring,” het hy bygevoeg.

Daar is tans meer as 730 studente by Akademia ingeskryf en aansoeke vir studies in 2018 kan reeds gedoen word. Besoek Akademia se webwerf en Akademia se Facebook-blad vir meer inligting hieroor.

[This post contains video, click to play]