Posted on Leave a comment

Pretoria Becomes Globalist Sh*thole as Nigerians, Drugs & Taxi Driver Wars Plunge CBD Into Chaos (VIDEO)

Drugs & Taxi Drivers were blamed for CBD being plunged into chaos – shops looted, buildings set on fire and public transport suspended in South Africa’s Capital City.

Taxi drivers took to the streets in Pretoria after one of their “colleagues” was apparently killed by a Nigerian who was apparently selling drugs. They allegedly set the buildings where the Nigerian “businesses” were operating from, on fire and then hijacked a truck, which was used to block an intersection to prevent the fire trucks from getting to the fire.

The killing of the taxi driver is believed to have started these riots in the CBD. The situation left bus commuters stranded after the city temporarily suspended its bus services for safety reasons.

Several foreign stores were looted and a building was set alight.

Police had to chase rioters with rubber bullets who prevented the firefighters from reaching the scene.

 

Watch at: https://youtu.be/FuR1mc2xxrc

The police system is also broken and rotten to the core and there were accusations of police taking money from drug dealers and claims made that the murderer will never be brought to justice as Police are on drug dealer’s payroll.

However, Pretoria Mayor Stephens Mokgalapa disapproved of the action, saying that retaliatory crimes would not be tolerated. Passers-by were hit with bottles and stones and even media representatives who are more and more being seen as “fake news” were greeted with aggression.

Pretoria’s city center has been plunged into chaos for the past two days now, and people are advised to avoid that part of the city.

Taxi owners, businesspeople and residents who experienced the chaos in Pretoria say the police’s poor behaviour and careless attitude were worse than the criminal elements.

A taxi driver told the media that South Africa will never get out of the mess as long as he is satisfied with the poor police service, especially because they are worse than the criminals.

Another person pointed out that over the past six years, he has witnessed police mistreating innocent people while the guilty elements are shot-free.

Police have repeatedly ripped the crowd apart with rubber bullets over the past few days, injuring people who have no connection to the riotous fighting in the streets of Pretoria.


 

Posted on Leave a comment

Inwoner van Pretoria voor haar verloofde geskiet wyl hy video neem

Carine van Staden (28), ʼn inwoner van Pretoria, is Donderdag voor haar verloofde glo deur ʼn weermaglid in die noorde van die stad geskiet.

Carine se pa, Johan van Staden (53), het Saterdag aan Maroela Media gesê sy dogter en haar verloofde, Johan Harmse (29), was omstreeks 18:00 van Daspoort op sy BMW-motorfiets op pad na vriende in Montana toe ʼn amptelike weermagvoertuig hulle naby Wonderboom Junction ligtelik getref het.

“Die voertuig, ʼn wit Audi, het weermagnommerplate gehad en ons het intussen vasgestel die jong man wat dit bestuur het, is glo ʼn drywer vir een van die generaals,” het Van Staden gesê.

“Die man het die motorfiets se voetrus getref waarop Carine se voete was en die man het toe net weggejaag,” het hy gesê.

Harmse het ʼn draagbare videokamera aan sy valhelm gehad, dit aangeskakel en die voertuig agterna gesit.

“Die verkeerslig by die hoek van Lavenderweg en Braam Pretoriusstraat was rooi en die man moes stilhou. Carine het afgeklim en hom genader om te hoor hoekom hy weggery het. Hy het bloot net sy deur oopgemaak en ’n pistool reguit in haar bors gedruk en haar ten aanskoue van haar verloofde en ander motoriste geskiet.”

Die man het daarna glo ook sy vuurwapen op Harmse, wat nog op sy motorfiets was, gerig voordat die verkeerslig groen geslaan en hy weggery het. Harmse se video van die voorval is aan die polisie as bewys oorhandig.

Carine is na die George Mukhari-hospitaal gehaas waar sy tans aansterk. “Die koeël het haar hart skrams gemis. Dit is deur haar linkerlong en agter haar rug uit. Haar long het platgeval, maar verder is geen ander organe beskadig nie. Sy is gelukkig ʼn sterk mens en is by haar positiewe. Sy is stabiel en dit gaan goed met haar onder die omstandighede.”

Harmse en Van Staden is ná haar opname na die Sinoville-polisiestasie om die voorval aan te meld. Dit was sowat ʼn uur en ʼn half ná die voorval. Die weermaglid was toe reeds daar en het, aldus Van Staden, aangevoer hy het gedink Carine wou hom kaap. Hy het nooit amptelik ʼn klag aanhangig gemaak nie.

Ao. Johan van Dyk, polisiewoordvoerder, het Saterdag aan Maroela Media bevestig aanvanklik is ʼn klag van die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn openbare gebied en roekelose en nalatige bestuur teen die man aanhangig gemaak voordat hy op waarskuwing vrygelaat is.

“Ons kan bevestig dat die saak intussen na ʼn poging tot moord verander is. Die polisie is besig met verdere ondersoek en is besig om almal se verklarings af te neem, waarna die dossier na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys sal word om oor verdere stappe te besluit,” het Van Dyk gesê.

Dit is nie duidelik hoe lank dié prosedures gaan duur nie. Die weermaglid is nog nie in hegtenis geneem nie.

Posted on Leave a comment

Jong Pretoria verliefdes sterf saam in motorfiets ongeluk

Twee mense is dood en twee kritiek beseer toe ʼn motorfiets en ʼn Opel Kadett Saterdag in die vroeë oggendure in Pretoria gebots het.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het Saterdag aan Maroela Media gesê die botsing het in Mootstraat in Daspoort in die weste van die stad plaasgevind.

“Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek. Twee mense wat op die motorfiets was, is op die toneel dood,” het Loubser gesê. Loubser kon nie dadelik hul ouderdomme bevestig nie, maar het wel gesê dat hulle ʼn jong man en vrou was.

Loubser het gesê twee insittendes in die Opel het kritieke beserings opgedoen en hulle was in die voertuig vasgekeer. Hulle is na die Steve Biko-hospitaal geneem nadat hulle uit die motor se wrak gesny is.

“ʼn Vrou, vermoedelik die bestuurder van die motor se ma is, het op die toneel inmekaargesak. Sy is ook na die hospitaal geneem aangesien sy beseer is toe sy geval het.”

Loubser het die brandweer en ander nooddienste vir hul bystand bedank. Hy het ook sy innige meegevoel met die oorledenes betuig.

Loubser en die plaaslike DA-raadslid, Elma Nel, het in ʼn video ʼn beroep op inwoners en motoriste gedoen om padreëls ten alle tye te gehoorsaam.

“Daar is veral probleme met motoriste wat te vinnig ry. Inwoners word aangemoedig om probleemgebiede aan ons uit te wys sodat daar byvoorbeeld plan gemaak kan word om spoedhobbels op te sit, of die hobbels wat vervalle is, oor te bou,” het Nel gesê.

Zanelle Grandly, een van die slagoffers se susters, het intussen die dood van haar suster op haar Facebook-blad bevestig.

“Ons wil graag ons familie en vriende wat naby en ver is laat weet dat my sussie, Lezette de Beer, vanoggend saam met Zhaan Smit dood is. Ons sal hulle geweldig mis en geen woord kan die groot verlies wat ons voel verduidelik nie. Ek sal altyd vir jou lief wees en jou nalatenskap lewendig hou,” het sy gesê.

Ria Nieudoudt, Zhaan se suster, het in ‘n huldeblyk aan hom geskryf: “My boetie jy is my lewe elke dag gewees hoe gaan ek sonder jou lewe. Blondie jy was deel van ons lewens. Ry die golden highway RIP.”

Lezette se laaste inskrywing op Facebook was Vrydag aan Zhaan gerig: “I have found my happy ever after, love you vrek mal my lief”.

 

Posted on Leave a comment

This is when your home is most likely to be broken into in South Africa

Home robbery and housebreaking are among the most frightening and dangerous crimes to experience. It is frightening because it violates our private space and the one place that we think of as our sanctuary.

According to the latest report released by Statistics South Africa, Exploring the extent of and circumstances surrounding housebreaking/burglary and home robbery, the general crime rate in terms of the proportion of households that experience crime has been declining during the last five years.

This reality, however, has not quelled the growing perception that crime is on the increase in South Africa, the stats body said.

Over 50% of all crimes experienced by households in South Africa in 2015/16 were housebreaking. Home robbery (11.9%) was the second most common type of crime experienced by South African households.

Whites had the highest rates of victimisation compared to other groups both in 2011 and 2015/16.

However, whites experienced the sharpest decline of household related crimes during the five years, from 17% to 12% of households.

“Home robbery” is regarded as a violent crime because people are at home when it takes place, as compared to “housebreaking” (burglary), which occurs when the family is away from home. Home robbery fuels fear in communities, because it puts people at risk of personal injury and emotional trauma in their homes, where they should feel safest.

Housebreaking and home robbery peaked during the months of March and June in both 2014/15 and 2015/16.

The months during which these crimes were least likely to occur were January, May and November. As found in previous Victims of Crime Surveys, night-time is still the most preferred time for crime incidents, StatsSA said.
CrimeStat1-e1496241668421

CrimeStat2-e1496241682712

Knowing the low and high periods of the year for crime activity and times of the day when crime is likely to happen may be useful in planning security strategies for households, and
for planning deployment of resources on the part of the police, StatsSA said.

Respondents who experienced housebreaking and those who experienced home robbery were asked about the time that the crime took place–whether it was in the morning, afternoon or at night.

CrimeStat3

The option “Don’t know” was also given to the respondents in case they did not know the time when the crime incident happened.
CrimeStat4

Electrical equipment were the most targeted items during both housebreakings and home robberies. Jewellery, money and cellphones were the second most common items stolen after electrical equipment during both housebreakings and home robberies.

According to the report, the rate of reporting home robberies to the police was significantly higher than that of housebreaking; possibly because home robbery tends to be accompanied with violence.

However, the rates for the arrest of the alleged offenders in housebreakings
and home robberies are not significantly different –both stand at just over 18%.

The conviction rate among those arrested was 14.3% for housebreaking and 22% for home robbery. Among those arrested for housebreaking, the case was still on going in 9.2% of the cases for housebreaking and 14.8% of the cases for home robbery.

An arrest is made in only one out of every five reported cases of housebreaking or home robbery. Only one in five people arrested for housebreaking was convicted, and one in three people arrested for home robbery was convicted.


 

Posted on Leave a comment

WEES WAKKER, WEES PARAAT, WEES REG: DIE KORT EN DIE LANK VAN PLAASVEILIGHEID

Plaasveiligheid is jou eie verantwoordelikheid en geen beskermingsmaatreëls is ‘n waarborg dat jy nie ‘n slagoffer van ‘n ernstige geweldsmisdaad sal word nie. Maak seker dat jy ‘n plan het van wat om te doen as daar ‘n insident op jou plaas sou wees, ‘n onwettige grondbesetting of betreding sou plaasvind of as daar dalk enige ander wetsoortreding op jou plaas sou wees – soos byvoorbeeld die jag van wild met honde.

WEES WAKKER, WEES PARAAT, WEES REG: DIE KORT EN DIE LANK VAN PLAASVEILIGHEID

Beskermingsmaatreëls gaan jou nie vrywaar van ‘n insident nie, maar gaan die booswigte vertraag en jou waarsku om jouself voor te berei op dit wat kan volg.

Wees ten alle tye waaksaam en paraat. As daar iets is wat nie reg lyk nie of uit plek is, dan is daar gewoonlik fout. Wees op die uitkyk.
Besin oor hoe jy gaan optree indien jy ‘n slagoffer van ‘n ernstige geweldsmisdaad sou word. Gaan jy vries, weghardloop of terugslaan? Oefen om kalm te bly, die situasie reg te lees en die regte optrede dienooreenkomstig te neem. Wees kreatief om die booswigte uit te oorlê. Verstaan ook hoe ‘n booswig behoort op te tree.
Moenie probeer braaf wees nie – kry hulp.

Begin weer omgee vir mekaar en veral vir die mense rondom jou. Kom in ‘n roetine om veral jou bure op ‘n sekere tyd te kontak. As daar nie antwoord is nie, maak dadelik werk daarvan om uit te vind of alles reg is. Indien jy weggaan, stel jou vriende en bure in kennis en vra dat hulle ‘n oog oor jou belange sal hou. Net so moet jy ook weer jou bure en vriende help as hulle weg is.

Jou naaste bure is vir jou ‘n bate en kan help dat jy oorleef as daar probleme ontstaan. Sorg dat jy hulle ken en dat hulle jou familie, huis- en tuinwerkers ook ken. As die bure jou werf en huisopset ken, sal dit help as hulp benodig word. Sorg dat die bure se telefoonnommer op jou selfoon is en dat daar dalk ‘n WhatsApp-groep is waar baie mense vinnig gekontak kan word. As daar snelskakels op jou foon is, maak seker oor die volgorde van die nommers. Die eerste nommer wat jy bel, moet kan reageer as daar probleme is.

Jou eie plaaswerkers kan jou ook van baie inligting voorsien. Behou goeie betrekkinge met hulle en sorg dat jy luister as hulle praat. Sorg ook dat hulle weet hulle kan op jou staatmaak as daar probleme by hulle is, maar netso moet jy seker wees dat hulle jou sal kom help as jy in die moeilikheid is. Maak seker dat die arbeiders jou sal inlig as daar verdagte mense op die plaas of in die omgewing rondbeweeg.

Indien vreemdelinge sonder afspraak opdaag, moet daar ‘n protokol in plek wees oor hoe die mense hanteer moet word. Sorg dat die res van die familie en die huis- en tuinwerkers ook weet hoe hulle hanteer moet word.

Moet nooit vir enige vreemdelinge sommer die hek of deure oopmaak nie. Sonder dat die nodige identifikasie vertoon word en sonder dat die identifikasie geverifieer is, moet daar nie vir die mense toegang tot die perseel of huis gegee word nie. Soveel te meer nie saans nie. Daar is soms instansies wat jou ongenooid besoek, soos byvoorbeeld Eskom. Weet hoe om hulle te identifiseer en te hanteer. Maak seker dat hulle voertuie reg gemerk is en gaan verseker hul identifikasiedokumente na. Probeer so ver as moontlik sorg dat besoekers ‘n afspraak maak voor hulle jou kom besoek.

Indien daar aksieplanne in plek is, moet dit op ‘n gereelde basis geoefen word. Laat die bure weet wat gedoen gaan word en oefen ook saam met die gemeenskap om die oorhoofse veiligheidsplan glad te kan laat werk. Oefen ook om jou skietkuns en selfverdediging in plek te hou.

Moenie net uitgaan as die honde begin blaf nie. Kyk eers by die vensters uit – miskien wag die booswigte vir jou buite die deur. Net so ook as iemand klop. Kyk eers deur die loergaatjie en hou die veiligheidsdeur gesluit as die deur oopgemaak word.
Daar behoort aan die volgende aandag gegee te word om jou eie veiligheid te verseker:

Met goeie en betroubare inligting kan en kon baie ernstige  voorkom word. As daar verdagte persone of voertuie opgemerk word, lig die omgewing en veral die Polisie in en hou rekord van hul bewegings. Weet hoe om verdagtes te benader. Onthou hulle kan gewapen wees en wil dalk iemand leed aandoen. Gebruik die tegnologie tot jou beskikking en neem foto’s van hulle en van die voertuie.
Probeer om jou huis en belangrike punte met ‘n goeie heining te omring. Vir sigbaarheid is ‘n heining beter as ‘n muur. Die heining hoef nie noodwendig geëlektrifiseerd te wees nie, maar moet jou eie honde binne hou.

Diere is ‘n goeie afskrikmiddel en kan jou vroegtydig waarsku. Dink aan honde binne die huis, asook honde wat buite bly. Onthou ook dat honde oud word en met ouderdom neem hul effektiwiteit af. ‘n Kombinasie van beide honde en ganse is ‘n goeie metode om jou vroegtydig te waarsku.

WEES WAKKER, WEES PARAAT, WEES REG: DIE KORT EN DIE LANK VAN PLAASVEILIGHEID
Die hekke in die heining moet ten alle tye gesluit bly. Maak ook seker dat jy nie jou lewe in gevaar stel deur die hek oop te maak of te sluit nie. ‘n Sekuriteitskamera by die hek en ‘n elektriese hek sal baie help om jou te beveilig.
Digte bosse is ‘n goeie plek waar booswigte kan wegkruip. Sorg dat daar nie sulke plekke is nie en let veral daarvoor op in die tuin. Maak ook seker dat die area rondom die hekke, plaasafdraaie en T-aansluitings oop en skoon gesny is, sodat daar nie wegkruipplek is nie.

Maak seker dat die alarmstelsel en veiligheidsligte in ‘n werkende toestand is. Maak seker dat die veiligheidsligte weg van die huis af in die oë van die booswigte sal skyn. Sodoende sal dit vir die booswigte moeilik wees om te sien wat in die huis aan die gang is.
By die huis en kantoor se deure moet daar altyd veiligheidshekke wees en die hekke moet gesluit bly. Oorweeg die aanbring van toeslaanslotte om die hek mee te sluit. Vensters moet ook deur effektiewe diefwering beskerm word.
‘n Veiligheidshek in die huis wat die leefarea en slaapkamers skei, is belangrik en moet in die nag gesluit word. Beplan egter ook ‘n ontsnaproete vir as daar dalk ‘n brand in die huis is wat die ingange versper.
Die slaapkamers moet verkieslik met ‘n brandblusser en ‘n noodkommunikasiestelsel toegerus wees. ‘n Versteekte radio of gelaaide ander selfoon is ‘n baie goeie alternatief.
As jy oor ‘n vuurwapen beskik, maak seker dat jy weet hoe om die wapen te gebruik en wanneer om dit te doen. Sorg dat jy die wapen in geval van nood maklik kan bekom. Maak seker dat die ander lede van die familie ook weet waar die wapens is en hoe dit gebruik moet word.
Bêre ander wapens op strategiese plekke om jouself mee te kan verdedig. ‘n Mes op ‘n strategiese plek mag dalk handig te pas kom. Dink kreatief.
Maak seker dat jy beheer oor jou motorvoertuigsleutels het. Bêre dit verkieslik op ‘n plek wat gesluit kan word of so nie, bêre dit op meer as een plek in die huis. Moet verkieslik nie die sleutel en sy spaarsleutel op dieselfde plek bêre nie. As daar ‘n probleem is, sal die booswigte eers die sleutels moet soek voor hulle met jou voertuie kan vlug.
Booswigte gebruik gewoonlik die plaas se eie gereedskap om toegang tot die huis te verkry. Maak seker dat die store en gereedskapkamers in die aande gesluit is. Maak seker dat veral die hoeksnyers en snyvlamme agter slot en grendel in hul eie kaste gebêre word. Moenie die gereedskapkamer of -kas se sleutel bo-op die deur se kosyn bêre nie – dit is die eerste plek waar die booswigte soek.
In die geval van ‘n ernstige geweldsinsident, is die kans baie goed dat iemand kan seerkry. Sorg dat jy weet hoe om noodhulp toe te pas en sorg dat daar ‘n toegeruste noodhulpkas beskikbaar is. Die noodhulpkissie moet verkieslik in die kamergedeelte van die huis gebêre word.
Roetine kan maklik teen jou gebruik word. As jy altyd ‘n sekere roetine volg, kan booswigte dit teen jou gebruik. Stop jy altyd op dieselfde plek as jy van die dorp af kom? Booswigte kan jou maklik hier inwag. Maak seker dat daar meer as een plek is waar jy stop. Moenie dink as jy van die kerk af kom dat jy vrygestel is van ‘n moontlike geweldsinsident nie. Inteendeel, jy is gewoonlik dan ‘n sagte teiken.
Jou plaaswerkers moet weet dat jy nie kontant op die werf het nie. Hulle moet ook verkieslik elektronies betaal word en slegs in uiterste gevalle moet kontant hanteer word. Probeer die verkoop van veral vee aan die publiek vanaf jou plaas tot die minimum te beperk.
Leer jouself om op fyn detail te konsentreer. Lê daar nie dalk ‘n leë koeldrankblikkie rond nie of is daar nie dalk sigaretstompies by die hek nie? Hierdie kan tekens wees dat moeilikheid dalk op pad is. Indien jou honde vergiftig is, maak dadelik ander planne, byvoorbeeld deur ganse te kry en skerp die ander veiligheidsmaatreëls baie op. Berei jouself voor, want daar kan dalk moeilikheid kom.
Weet wat is jou regte.

Dit is vir jou as produsent belangrik om aan die regte kant van die wet te bly. Vergewis jouself wanneer geskiet mag word, wanneer iemand gearresteer mag word, hoe die gearresteerde behandel moet word en wat alles as bewyse beskerm moet word. Dit help jou niks dat jy die booswig vang, maar hy kom vry op tegniese punte nie. Nog erger: Jy word dalk ook gearresteer omdat jy die wet oortree het.
Weet ook wie jy nie toegang tot die plaas mag weier nie. Reël met die betrokke instansies dat hulle altyd met jou as eienaar ‘n afspraak sal maak oor waar en wanneer hulle jou en jou werkers sal kom besoek. In die laatmiddag en aande moet jy uiters versigtig wees.
Die aanbring van plaasprotokolborde (kennisgewings) is ook aan te beveel ten einde toegangsbeheer te vergemaklik. Dit is egter belangrik dat daar reëls op jou eiendom van toepassing is en dat jou werknemers en hul besoekers kennis dra van die inhoud van hierdie reëls.
Plaasveiligheid is en sal altyd jou verantwoordelikheid bly. Dit is per slot van rekening jy wat die spit gaan afbyt. Maak moeite daarmee, oefen dit in en pas die planne aan. Al die georganiseerde landbou-organisasies en plaaslike Polisiekantore het ‘n volledige sekuriteitsplan. Kontak hulle gerus vir meer inligting.


 

Posted on Leave a comment

Emergency Abbreviations: A = Alpha. B = Bravo, C= Charlie, etc.

PRINT OUT AND KEEP HANDY:
“When anyone calls 10111 – or any other emergency service we often find that the operator gets the street name and address incorrect:
1. Learn to spell your street name using the following – this way SAP vans/vehicles as well as ambulances and fire trucks will be given a proper spelling of the street.
2. Make very sure that your home is CLEARLY MARKED – the numbers are all to often VERY difficult to see – also making response time longer.
A = ALPHA.
B = BRAVO.
C = CHARLIE.
D = DELTA.
E = ECHO.
F = FOXTROT.
G = GOLF.
H = HOTEL.
I = INDIA.
J = JULIET.
K = KILO.
L = LIMA.
M = MIKE.
N = NOVEMBER.
O = OSCAR.
P = PAPPA.
Q = QUEBEC.
R = ROMEO.
S = SIERRA.
T = TANGO.
U = UNIFORM.
V = VICTOR.
W = WHISKEY.
X = XRAY.
Y = YANKEE
Z = ZULU.
——————————

• ABBREVIATION TABLE •
BOLO – Be On Look Out
MVA – Motor Vehicle Accident
MBA – Motorbike Accident
PVA – Pedestrian Vehicle Accident
LMV – Light Motor Vehicle (car/taxi)
HMV – Heavy Motor Vehicle (truck/bus)
LMVA – Light Motor Vehicle Accident
HMVA – Heavy Motor Vehicle Accident
Standby – Reporting, get back to you now
Mobile / En route – On the way
EMS – Emergency Services
ETA – Estimated time of arrival
LDV – Light Duty Vehicle (Car/Bakkie)
DUI – Driving Under the Influence

Posted on Leave a comment

EMERGENCY NUMBERS:

ALL GOV EMS/SAPS N RESCUE SERVICES -112
ER 24 – 084 124
Netcare911 – 082911
Promed 084 517 2621
Pulsate 082 714 2446
AA Emergency Rescue – 082 16 111
AMS Help line – 080 001 2322
Ambulance & Fire Department – 10177
Medical rescue – 083 1999
Flying squad – 10111
Child line – 080 005 5555
Women abuse – 080 015 0150
Poison: 0800 334 44
Cell emergency – 112
Crime stop – 086 001 0111
Please make sure you have your local police stations number and the sector van number for emergencies you can get hold of a sector van patrolling in your area.”