Posted on Leave a comment

Onwettige grondbesetters dreig media en AfriForum met petrolbomme

Onwettige grondbesetters dreig media en AfriForum met petrolbomme

’n Spul onwettige grond gryppers het verteenwoordigers van AfriForum sowel ’n mediaspan Maandagoggend met petrolbomme gedreig op ’n grondeienaar se plaas net buite Pretoria. Die grond word tans onwettig beset en die plakkers het hul teengesit vir samesprekings en onderhoude met met die media.

Die stuk grond ter sprake behoort aan ene dr. Motodi Maserumule en is geleë tussen Soshanguve en Onderstepoort. Na bewering het ongeveer 150 mense verlede Maandag onwettige sinkhuise begin oprig op die grond. Volgens Cameron het die plakkers laas week baie vinnig ’n sinkhuisie met die woord “Office” op opgerig en is tans besig om erwe teen R500 stuk aan lede van die publiek te verkoop.

Cameron het ook te vertel dat Maserumule aanvanklik gesukkel het om ’n saak by die polisie te open. Met behulp van AfriForum kon hul daarin slaag om ’n saak van betreding by die polisie aanhangig maak verlede Woensdag.

“Teen verlede week Vrydag was hier seker so 30 strukture opgerig, maar oor die naweek moes hulle baie besig gewees het, want hier is nou al seker ’n honderd sinkstrukture opgerig en hier is baie meer mense,” het Cameron aan die media gesê.

Die burgerregte organisasie Afriforum het ’n dringende hofbevel Vrydag bekom in die hooggeregshof in Pretoria om die onwettige plakkers te verwyder.

“Toe ons vanoggend daar kom om ’n media-onderhoud te doen, was dit aanvanklik rustig, maar toe word dit baie vinnig lelik. ’n Groep mense het op ons voertuie afgestorm; van hulle het met pangas en selfs vuurwapens gestaan en gedreig. Daar is toe aan ons gesê dat indien enige iemand hulle gaan probeer keer, hulle met petrolbomme gegooi gaan word. Toe hulle klippe begin optel om ons voertuie daarmee te gooi, het ons gery.”

Volgens Cameron moet die hofbevel deur die balju aan die grondbesetters en die SAPD beteken word, waarna die polisie dan verplig sal wees om die balju by te staan om die onwettige plakkers van die grond te verwyder.

“Volgens ons kennis gaan die balju vanmiddag na die plaas toe om die hofbevel aan hulle te beteken. Die situasie is egter baie gespanne en ons is nie seker hoe die balju se aankoms die situasie vererger nie,” het Cameron gesê.

Die betrokke polisiewoordvoerder het glo aan die media groep Maroela Media gesê hy is nie bewus van hierdie grondgryp nie.

Die oorspronklike berig kan gelees word op Maroela Media


Posted on Leave a comment

Bekende skrywer, Tom Gouws op kleinhoewe buite Pretoria vermoor

Bekende skrywer, Tom Gouws op kleinhoewe buite Pretoria vermoor

Die bekende skrywer en letterkundige Tom Gouws is tydens ’n rooftog op sy kleinhoewe buite Pretoria vermoor deur aanvallers.

Die nuus is bevestig deur sy suster Judy Leclerc.

Volgens inligting ontvang van Judy het Tom en sy vrou onlangs ’n kleinhoewe buite Lynwood buite Pretoria gekoop waar hul ’n huis gebou het.

Tom is na bewering deur rowers by die huis ingewag waar hy koelbloedig vermoor is. Sy vrou is ook tydens die aanval beseer, maar haar toestand is nie bekend gemaak nie.

Daniël Gouws, Tom se seun het ook die voorval bevestig, maar was te hartseer om meer inligting te gee.

Medelye het vroeg Donderdagoggend op Facebook ingestroom nadat die nuus soos ’n veldbrand versprei het.

Fred en Mercia Eloff sê: “Tom ou maat, nou is jy waar Vader is. Vertroosting toegebid vir die familie.”

“Sjoe Tom … nou is jy elke dag saam met my …. WOLK van Getuie en moedig my aan. My meegevoel aan familie wat hier deur werk”, lui ’n inskrywing van Christa Stander.

Tom was veral bekend as digter, maar het ook verskeie dramas en radiodramas geskryf.

Hy was die vierde wenner van die jaarlikse Nagtegaalprys vir nuut geskrewe verhoogtekste vir die drama Nag van die langmesse.


Posted on Leave a comment

Jes die brawe boerboel hou skurk  in swembad aan

Jes die brawe boerboel hou skurk  in swembad aan

’n Voornemede dief het sy rieme lelik styfgeloop toe hy Sondagoggend by Hartbeespoort deur  ’n boerboel tot in die swembad ingejaag  en daar aangehou is.

Huiseienaar Jody Gabrielson was besig om televisie te kyk in sy huis in Ou Wapad in Ifafi toe die skelm omstreek 01:00 oor sy muur gespring het.

“Hy het Jes, ons boerboel, wakker gemaak en ek het haar hoor blaf. Toe ons by die venster uitkyk, sien ons hoe hy oor die muur klim, maar toe hy grond vat, toe is Jes by hom,” het Gabrielson gesê.

Die man het probeer wegkom van Jes en sy het hom die swembad ingejaag. “Toe ek buite kom, sit sy op die rand van die swembad en knor vir die oortreder as hy beweeg. Toe ek haar roep toe spring hy uit die swembad en hardloop na ‘n muur tussen my en die bure.  Wat hy nie geweet het nie, was dat daar ‘n paar pitbulls aan die anderkant gewag het.  Hy het vinnig van plan verander en na my teruggedraai en met ‘n byl op my afgestorm.”

‘n Struweling het ontstaan en Gabrielson se vrou het intussen die  PWV Sekuriteit en  buurtwag gekontak vir hulp.

’n Beampte van  die sekuriteitsmaatskappy was binne oomblikke op die toneel, met die buurtwag kort op sy hakke. Die  oortreder is in hegtenis geneem. Verskeie  huisbraaktoerusting is in sy besit gevind.

Clive vertel: “Ek het aan die man gesê hy besef seker hy het nou by verkeerde plek probeer inbreek. ” Die oortreder is van betreding en besit van huisbraaktoerusting aangekla.

Vir die wat wonder, die held Jes het ‘n biefstuk of twee gekry as beloning!

Oorspronklike berig was geplaas op Kormorant


 

Posted on Leave a comment

Plaasaanval: Terroriste skiet man voor sy dogter, verloofde

Plaasaanval: Terroriste skiet man voor sy dogter, verloofde

‘n Man is Woensdag in die vroeë oggendure ten aanskoue van sy sesjarige dogter en sy verloofde geskiet toe inbrekers toegang tot hul huis op ’n plaas in Leeuwfontein naby Roodeplaat in Pretoria wou verkry.

Jonty Jacobs (28) is verskeie kere raakgeskiet toe hy op die aanvallers geskree het.

Hy is in ’n kritieke toestand na die Steve Biko- akademiese hospitaal geneem.

“Hy het tussen 02:00 en 03:00 wakker geword toe iemand die houtraam van die venster probeer oopbreek het,” sê Ian Cameron, die burgerregte-organisasie AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

“Hy is meer as een keer getref, vermoedelik ook in die ruggraat.

“Hulle het ’n week of twee gelede verloof geraak,” sê hy.

Sers. Portia Maleka, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Woensdag omstreeks 03:00 gereageer op die voorval.

Sy sê ’n aantal aanvallers het toegang tot die huis verkry deur ’n venster voor in die huis.

“Toe hulle binne die huis was, het hulle vir Jacobs binne die huis gevind. Hy is in die bolyf geskiet.”

Maleka sê die rowers het twee selfone en Jacobs se verloofde se handsak gesteel. Hulle het te voet gevlug.

“Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ’n klag van huisroof en poging tot moord.”

Sy doen ’n beroep op enigeen met inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van die rowers om die Kameeldrift-polisiekantoor te bel by 012 819 8200.

Deur: Netwerk 24


Posted on Leave a comment

Jong vrou by Voortrekkermonument verkrag

Jong vrou by Voortrekkermonument verkrag

’n Negentienjarige vrou is verkrag by die Voortrekkermonument in Pretoria

Woordvoerder van die polisie Kapt. Augustinah Selepe, het die voorval bevestig en gesê dat die insident Saterdagoggend omstreeks 08:00 plaasgevind.

Bert Visser, operasionele bestuurder van die Voortrekkermonument, het gesê dat die vrou se ma-hulle het ʼn stalletjie gehad by die antiek-en-versamelaarsmark wat Saterdag by die monument aangebied is.

“Haar ma het haar gevra om na haar sussie te gaan soek en sy het na die Assegaai-badkamers se kant toe geloop. Hulle is besig om herstelwerk aan daardie badkamers te doen en dit is afgesper. Die aanvaller het haar toe glo daar genader en in die maag geslaan en opdrag gegee om saam met hom na die Skool op Wiele se badkamers te gaan,” vertel Visser gesê.

Die slagoffer het bekend gemaak dat die man ’n swart klapmus, swart handskoene en swart klere aangehad het. Na bewering het hy haar in die eerste hokkie van die badkamers verkrag en na die tyd opdrag gegee om “haarself te was”.

Die aanvaller het toe te voet van die toneel gevlug.

Die erg getraumatiseerde jong vrou het na haar ouers gegaan en hulle van die voorval vertel.

“Ons mediese span het hulle uitstekend van hul taak gekwyt, het Visser gesê. “Die ambulans en polisie is vandaar gekontak.”

Selepe het bevestig ʼn saak van verkragting word ondersoek.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Cecilia Kruger, uitvoerende hoof van die monument, het gesê die bestuur het met skok en afgryse van die voorval kennis geneem. Visser het dit beaam en gesê dit is vir hulle ongelooflik sleg. “Dit is die eerste keer dat so iets hier gebeur sover my kennis strek. Die terrein is só groot, dit is onmoontlik om elke hoekie te beman. Daar is wel sekuriteit beskikbaar tussen 09:00 en 17:00.”

Die bestuur van die Voortrekkermonument het ook vir die jong vrou berading aangebied.


Posted on Leave a comment

Pretoria man robbed while ‘police stood idly by’

Pretoria man robbed while ‘police stood idly by’

The policemen did not help because the crime was not part of their division.

A businessman has accused the police of standing idly by while he was being robbed in the north of Pretoria, Pretoria North Rekord reports.

Louis Eloff said this happened during a protest. He sells and distributes paint across Pretoria.

Eloff said he was on his way to make a delivery in Hammanskraal when he ran in to a group of protesters along Soutpan Road in Soshanguve.

“About 100 people ran towards my van and stopped it. They took all the buckets of paint on the trailer and got away.”

Eloff said the stock was worth more than R25 000.

“Two policemen stood there and watched. When I approached them to ask for help, they said it was not their division.”

He said he did not lay charges because this would be a waste of time.

“Why would I do that when I know that there are thousands of murders, rapes and armed robberies on their books that will never be solved?”

Soshanguve police spokesperson Mathews Nkoadi confirmed that no charges had been laid.

“We are not aware of such a case.”

The businessman said the protesters did not harm him and his co-workers.

Residents of Soshanguve have protesting since last week over water and electricity problems.

The original article can be found at Pretoria North Rekord.