Posted on Leave a comment

Guards cause havoc at Steve Biko Hospital – angry security staff strike over pay

Guards cause havoc at Steve Biko Hospital - angry security staff strike over pay

MANAGEMENT at Steve Biko Academic Hospital yesterday terminated the contract of the Born to Protect security company after its employees embarked on an unprotected strike, which massively disrupted services.

More than 200 security officers barricaded the hospital’s entrances with rocks, burning tyres and rubble from the morning, claiming they had not been paid. Police eventually intervened.

The guards also threatened to shut down the hospital today should payments not be made by the end of business yesterday. The guards said they were striking due to their payments being delayed and some not getting paid at all.

The hospital’s acting chief executive, Dr Mathabo Mathebula, said management was terminating the services of the company as the non-payment allegations and delays were not happening for the first time.

“Whether they are paid or not, the alternative is for us to terminate the contract with the company; they are privately employed by the company that is working for us. The company is appointed on a month-to-month basis.

“We have to terminate their services, because it is not the first month that they are not paying their people on time. They are supposed to pay them on the 15th,” Mathebula said.

“There were one or two ambulances that had to take a different route as the main entrance and Level 8 were blocked. The ambulances were directed to other roads to access the hospital.”

She said no patients were turned away, but they had to walk a longer distance as access to cars was blocked. Golf carts were used to fetch the affected patients where they were dropped off.

Subsequent to the strike, the same company sent another team, but Mathebula said this was not enough.
“There is no threat to the safety of patients or the hospital property,” she said, adding they were hoping to contract another company soon.

One of the security officers who had not received her salary said she felt used by both the company and hospital.
“I come to work every day to protect people and ensure they are assisted, only not to get paid, or to get my money 15 days late. I feel used by all these people.

“My fridge only has water and nothing else because of the delays, I’m a single mother of two and no one is assisting me,” she said.

Health MEC Dr Gwen Ramokgopa expressed concern about the disruptions. “This is unacceptable behaviour. We cannot allow the disruption of services and acts that compromise the safety of patients and employees. The department appreciates the support of the SAPS for helping to bring the situation under control.
“We call on the private security company to speedily resolve their labour disputes in a manner that does not affect their contractual obligations to the hospital.”

A shop steward representing the workers under the Academic Professional Staff Association union, Bernard Matsekoleng, said only 10 out of 210 officers had been paid. “Most of the officers did not receive their salaries on the 15th, so we went to the Born to Protect offices to find out why people were not paid but the gates were closed. Our calls are not answered and e-mails we sent bounced back, so that’s why we decided to strike.”


Posted on Leave a comment

Geskiedkundige Kerkplein in Pretoria trek ’n nuwe baadjie aan

kerkplein

Die bome in die geskiedkundige Kerkplein in Pretoria het in die slag gebly, maar sal deur nuwe bome en ander aantreklikhede vervang word.

Foto’s van die afgekapte bome het Pretorianers vandeesweek verstom, maar die Tshwane-munisipaliteit sê dit is net ’n tydelike situasie en die plein sal nadat die projek afgehandel is mooier as ooit wees.

Solly Msimanga, DA-burgemeester van die Tshwane-metroraad, het met sy begrotingsrede in Mei dié projek aangekondig en inwoners gemaan om geduldig te wees omdat die projek sowat nege maande sal neem om af te handel.

Die Lalela-projek (die Zoeloe-woord vir luister) sal volgens Msimanga die eerste in sy soort wees en hopelik tot ’n meer inklusiewe gemeenskap bydra.

Die vorige ANC-beheerde burgemeesterskomitee het die projek vier jaar gelede goedgekeur, maar dit het nie ’n werklikheid geword nie.

Die nuwe administrasie het in Augustus verlede jaar beheer by die ANC oorgeneem en meen Kerkplein kort ’n “nuwe laag erfenis” waar ál die stad se inwoners tuis sal voel.

Daar is ’n paar nuwe jong boompies in twee rye aan die een kant van die plein aangeplant.

Saam met die bekende monument van oudpres. Paul Kruger en sy burgers wat sinoniem met die plein is, sal die nalatenskap en werk van struggle-staatmakers ook op die plein en by die Paleis van Justisie (oorkant die plein) as deel van die Lalela-spraakvryheidsmonument bewaar word.

’n Kunstenaarsvoorstellings van hoe die nuwe Kerkplein gaan lyk.

’n Rots wat van Robbeneiland kom waar politieke gevangenes in die apartheidsjare gedwonge arbeid verrig het, sal onder meer uitgestal word.

Die Tshwane-munisipaliteit hoop dit sal lede van die publiek, besoekers en beleggers na die omgewing van Kerkplein lok.

“Ons hoop dit sal ’n plek word waar die kleurvolle sy van vryheid van spraak geniet kan word en waar dit kan bydra tot die openbare diskoers in Suid-Afrika,” het Msimanga destyds gesê.
Daar sal daagliks vermaak op die plein wees wat hopelik toeriste en plaaslike inwoners sal lok en wat kan bydra tot die hernuwing van die middestad. Kunstenaars sal dag en nag hier gratis kan optree.

’n Opelugteater word ook in die vooruitsig gestel van waar kunstenaars se optredes wêreldwyd deur televisie of die internet uitgesaai kan word.

Konstruksiewerk aan die plein het op 23 Januarie begin, wat die tydelike sluiting van sommige strate genoodsaak het.

“Die plein sal geheel en al anders lyk met bome, waaronder ook jakarandas, opgeknapte grasperke en straatbankies wat by die moderne tuinuitleg sal aanpas,” het Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metro, in Januarie gesê.

“Die herontwerp sal tot die vernuwing van die middestad bydra.”

Deur: Netwerk 24


 

Posted on Leave a comment

PRETORIA WOMAN CELEBRATES 106TH BIRTHDAY

PRETORIA WOMAN CELEBRATES 106TH BIRTHDAY

Health MEC Gwen Ramokgopa says the National Development Plan’s goal to have a minimum life expectancy of 70 years is achievable.

The MEC was part of birthday celebrations for 106-year-old Makwena Mabitsela in Atteridgeville on Saturday.

She has urged South Africans to lead healthy lifestyles in their quest for a longer life.

Ramokgopha says Mabitsela is an inspiration.

“I tried to hold a mic for her and she said no, she’ll hold it herself. She’s an example of what is possible in terms of longevity.”

By: EWN


Posted on Leave a comment

Burgemeester van Tshwane voor treurende families weggejaag

Burgemeester van Tshwane voor treurende families weggejaag

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, moes Maandag uit Soshanguve, noord van Pretoria, vergesel word nadat gemeenskapslede hom verjaag het waar vyf kinders dood is toe ʼn paneel van ʼn munisipale ligmas losgekom het.

Maroela Media het vroeër berig vyf kinders, tussen ses en 12 jaar oud, is dood toe hulle by Apollo-lig, net buite die Bopapes se huis, gespeel het. Die swaar metaalring wat die hoë lig ondersteun, het losgekom en vier kinders is op slag dood. Twee kinders is na ʼn hospitaal geneem, waar een van hulle by George Mukhari-hospitaal gesterf het. Een van die kinders is nie beseer nie. Twee van die kinders was nefies uit die Bopape-familie.

Msimanga wou ʼn besoek aflê aan die treurende gesinne, het sy waarnemende woordvoerder, Lindela Mashigo, gesê. Toe Msimanga en ʼn span afgevaardigdes van die munisipaliteit egter Maandagoggend by Block X-gemeenskapsaal in Soshanguve opdaag, het lede van die plaaslike sakeforum hul “ongemak” uitgespreek met sy teenwoordigheid.

“In die lig van die tragiese gebeure en die rou emosie, het die burgemeester besluit om nie in gesprek te tree met die groep mense nie, maar eerder na die families te gaan,” het Mashigo verduidelik. “ʼn Groep mense het die burgemeester weer voorgekeer toe hy by een van die families opgedaag het. Dit is duidelik dat die groep mense ʼn politieke agenda wil dryf in hierdie tyd waar politiek die laaste ding in die burgemeester se gedagtes is. Dit is baie jammer dat die mense, wat as gemeenskapsleiers beskou word, eerder hul eie politieke belang wil dryf as om die families se gevoelens in ag te neem.”

Msimanga se kantoor blameer die ANC, die opposisie in Tshwane, vir die chaos. “Dit is nou baie duidelik dat die ANC in Tshwane nie eers meer voorgee om vir mense om te gee nie, en hulle gebruik nou mense se pyn om ʼn politieke agenda te dryf. Hierdie tipe gedrag word ten sterkste veroordeel.”

Sommige inwoners het gekla dat hulle met rubberkoeëls geskiet is, deur lede van die Tshwane-metropolisie, wat Msimanga beskerm. Sommige van die inwoners het glo doppies van die rubberkoeëls gehou.

Wykraadslid Phumzile Hlatshwayo sê die gemeenskap soek al sedert Saterdag bloed. “Dit was baie sleg toe ek Saterdagmiddag daar aangekom het. Die gemeenskap is baie sensitief. hulle het intussen bande op die pad aan die brand gesteek. Mens sien die frustrasie van die gemeenskap. Hulle is kwaad omdat hulle dienste verwaarloos word. Daar is ʼn hele aantal van dié ligmaste wat ook oop is soos die een wat op die kinders geval het. Ons versoek dienslewering en instandhouding,” het Hlatshwayo gesê. “Ons hoor daar is nie geld nie, maar as mens na plekke soos Waterkloof gaan, dan sien mens nie dieselfde probleme nie. Maar in die townships word die begroting beperk. Die prioriteit is die voorstede.”

Mashigo het vroeër gesê dit wil voorkom of iemand met die kabels van die ligmas gepeuter het, vermoedelik in ʼn poging om dit te steel. “Dit is hartseer dat diewe se vandalisme van elektriese kabels die lewens van onskuldige kinders geëis het,” Mashigo bygevoeg.

Deur: Maroela Media


Posted on Leave a comment

Voortrekkers gevra om te loop tydens raadsvergadering in Pretoria

Voortrekkers gevra om te loop tydens raadsvergadering in Pretoria

“Mag Afrikanerjeug dan nie deelneem aan demokrasie nie,” vra dr. Danie Langner, leier van die Voortrekkers, nadat ’n groep Voortrekkers gevra is om ’n raadsvergadering in Pretoria te verlaat.

“Ons het onskuldig met goeie bedoelings na die raadsvergadering gegaan . . . Hoekom mag hulle nie blootstelling kry nie? Ons wil ons jeug juis aan demokratiese prosesse blootstel sodat hulle kan sien hoe ’n demokrasie, ’n stadsraad en ’n parlement werk,” sê Langner.

Volgens hom is dit “baie jammer” dat die groep van 14 Voortrekkers wat almal in gr. 10 is, Donderdag gevra is om ’n Tshwane-metroraadsvergadering te verlaat.

“Ons is regtig teleurgesteld in die politieke partye in dié raad se reaksie. Wat is die boodskap wat hulle wou oordra? Dis ’n afbreek van sosiale kohesie en dui eintlik ook op ’n disfunksionele stadsraad.”

Die Voortrekkers het die speaker, Katlego Mathebe, vooraf skriftelik toestemming gevra om die vergadering te mag bywoon.

Mathebe het die versoek toegestaan, maar opposisiepartye in dié raad was baie ontevrede oor haar besluit.

Ons leer hulle om kultureel verdraagsaam te wees. Daar is wit, Indiërs en swart mense in dié land. Almal se kulture moet waardeer en gerespekteer word.

Mauritz Meiring

Benjamin Disoloane, leier van die EFF in die hoofstad, het dadelik kapsie teen die groep se teenwoordigheid gemaak.

“Ons het duidelike transformasie nodig. Dié kinders verteenwoordig dit nie.”

Nadat die een ná die ander raadslid van die EFF en ANC ook hul ontevredenheid oor die Voortrekkers uitgespreek het, het Solly Msimanga, uitvoerende burgemeester, die raadslede en speaker gevra dat die “onskuldige kinders” nie aan die bakleiery in die raad blootgestel moet word nie.

Die ander partye in die raad het uiteindelik hul sin gekry en die Voortrekker-groep is gevra om die vergadering eers tydelik te verlaat en later heeltemal.

Langner sê die Voortrekkers raak nie by partypolitieke kwessies betrokke nie.

“Politiek het tog ’n invloed op kulturele organisasies. Een van die Voortrekkers se waardes is positiewe leierskap.”

Volgens hom is hy deur verskeie politieke partye, waaronder ook Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, gevra: “Waar is die Afrikaner-kinders. Ons sien hulle nêrens nie”.

Mauritz Meiring, wat dié betrokke groep Voortrekkers as spanoffisier na die vergadering vergesel het, sê die einste groep het om dié rede ook ’n ruk gelede die konstitusionele hof besoek.

“Ons leer hulle om kultureel verdraagsaam te wees. Daar is wit, Indiërs en swart mense in dié land. Almal se kulture moet waardeer en gerespekteer word. Voortrekkers word geleer wat goeie burgerreg is. Wat gebeur het, is kulturele onverdraagsaamheid. Daar sit ’n klomp oningeligte raadslede in dié stadsraad.”

Langner sê al was die voorval hoe betreurenswaardig, gaan dit die kinders dalk bedag maak op wat hulle eendag op universiteitskampusse kan teëkom.


Posted on Leave a comment

Executive mayor of Tshwane nominates new police chief

Executive mayor of Tshwane nominates new police chief

Executive mayor of Tshwane, Solly Msimanga, has nominated a policewoman Johanna Nkomo for the position of chief of Tshwane Metro Police Department.

Msimanga announced the nomination at Tshwane House ahead of the council sitting on Thursday.

“I am glad to announce that the interview process has been concluded and we now have a nominee for the position of TMPD Police Chief.

Msimanga hailed Nkomo as “someone with vast experience” within the policing environment.

“The nominee is someone we strongly believe can fulfill the duties and responsibilities of the position of Tshwane’s top cop and assist in bringing the change to Tshwane which we desire and making the city a safer place to live in,” said Msimanga.

He said Nkomo would assist the City in keeping residents safe.

“We look forward to working with Nkomo in engaging some of the more challenging issues that are before us and some of the most exciting things that the City is working on to bring to the people of Tshwane to make our city safer and more efficient,” he said.

Nkomo would take over from Jenny Malan who has been acting in the position following the departure of the police chief Steven Ngobeni in April this year.

Nkomo’s qualifications include, a National Diploma in Police Administration from Technikon SA and Master of Law from the University of South Africa.

“She is clearly someone who has a multiplicity of skills and has worked across various fields within the country’s police services,” Msimanga said.


Posted on Leave a comment

Dié Pta-woonbuurte dalk sonder water

Argieffoto: Wikimedia

Die Tshwane-metro het inwoners gewaarsku dat ʼn paar woonbuurte in Pretoria steeds Donderdag deur ʼn onbeplande wateronderbreking geraak gaan word.

Noodherstelwerk was veronderstel om Woensdag aan die toevoerpyplyn van die Meintjieskop-reservoir te begin, maar kon nie voortgaan nie omdat die reservoir te vol was.

Die reservoir is vroeër vandeesweek tydelik afgeskakel om die stad se span loodgieters in staat te stel om ʼn groot waterlek op dié pyplyn te herstel.

Selby Bokaba, ʼn woordvoerder van die metro, het egter gesê die watervlak in die reservoir kon nie heeltemal leegloop nie, maar dat die watervlak intussen tot 23% gedaal het.

“Tegnici sal aanhou om die watervlak te monitor en hulle verwag dat dit oornag beduidend sal daal. As alles volgens plan verloop sal dit Donderdagoggend leeg wees en sal herstelwerk van 08:00 tot 16:00 op die pyplyn begin,” het hy gesê.

Die woonbuurte wat geraak gaan word, is Arcadia, Bryntirion, Deerness, Eastcliff, Eastwood, Elandspoort, Lisdoganpark, Prinshof, Rietfontein, Rietondale en Riviera. Die middestad gaan ook geraak word.

Die metro het verskoning gevra vir enige ongerief wat deur die onbeplande onderbreking veroorsaak word.

Posted on Leave a comment

Goeie nuus vir Pta-gesin ná groot hartseer

Die betonstroke is gelê. Foto: Verskaf

Geliefdes van talle mense wat die afgelope paar jaar by die Zandfontein-begraafplaas ter ruste gelê is, kan nou uiteindelik grafstene vir hulle oprig.

Maroela Media het vroeër berig daar is nou al minstens ses rye grafte waar grafstene nie opgerig kon word nie, aangesien die betonstroke vir bykans drie jaar nie gelê is nie. Die betonstroke is nodig om as basis vir grafstene te dien.

ʼn Woordvoerder van die Tshwane-metro het destyds gesê die stad het baie skuld van die ANC “geërf” en dat daar nie geld in die begroting was om die betonstroke te lê nie. Onderhoud by talle begraafplase reg oor die stad het ook erg in die slag gebly.

Die metro het toe gesê daar sal voorsiening vir die probleme gemaak word met die begroting vir die nuwe finansiële jaar wat van Julie 2017 tot Junie 2018 strek.

Tydens ʼn media-ontbyt in Mei ná die nuwe uitvoerende burgemeester van Pretoria, Solly Msimanga, se begrotingsrede, het Maroela Media hom oor die stand van die begraafplase uitgevra.

Msimanga het genoem dat die metro nagenoeg R2,1 miljoen begroot het vir verfraaiingsprojekte vir die stad en dat begraafplase onder dié projekte gaan val. “Meer skoonmakers, loodgieters en elektrisiëns gaan aangestel word wat ook gaan fokus op vernuwingsprojekte en instandhoudingswerk by begraafplase.”

Die metro het die kwessie as ernstig beskou. Die metro het in Julie begin om kwotasies vir kontrakteurs aan te vra. ʼn Maand nadat die bal aan die rol gesit is, kan die metro uiteindelik goeie nuus met die geliefdes wat geraak word deel.

“Ons kan bevestig dat die betonstroke nou by Zandfontein-begraafplaas gelê is. Daar was so ʼn bietjie van ʼn vertraging in die verkrygingsproses om ʼn bestelnommer te verkry wat die diensverskaffer in staat stel om met die werk te begin,” het Samkelo Mgobozi, die burgemeester se woordvoerder, Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Een van die vele gesinne wat deur die oponthoud geraak is, is die Engelbrecht-gesin van Pretoria se Moot-gebied.

Louis en Marisa Engelbrecht se rooikrulkopseuntjie, Christo, is op 5 November 2015 op driejarige ouderdom dood. Hy het onverwags siek geword en moes ʼn beenmurgtoets (lumbale punksie) kry. Die toets het komplikasies tot gevolg gehad en is glo nie deur ʼn pediater reg gediagnoseer nie. Hy is gevolglik breindood verklaar en nadat hy twee keer na verskillende Pretoriase hospitale oorgeplaas is, is hy uiteindelik na die Garden City-hospitaal gehaas. Ten spyte van dokters daar se volgehoue pogings, is Christo dood met sy ouers en boetie, Coert, en sussie, Zanie, aan sy sy.

Christo is op 10 November 2015 vanuit die Gereformeerde Kerk Innesdal begrawe en in die Zandfontein-begraafplaas te ruste gelê.

Sedertdien is Louis, Marisa, Coert (nou 13) en Zani (nou 11) elke Sondag getrou ná kerk na die begraafplaas in die weste van die stad om tussen talle vervalle grafte blommetjies op hul seuntjie se graf te sit “net om dit ’n bietjie mooier te maak”.

Marisa het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy kan nie dink hoe dit gaan voel as hulle Sondag daar aankom en die betonstroke is gelê nie. “My hart voel eintlik seer van opgewondenheid. Hierdie proses was so lank en uitgerek, ʼn mens se hartseer voel eintlik ook maar so. Nou is daar weer die nuwe seer van die steen opsit, maar terselfdertyd ʼn nuwe hartseer wat oor begin. Ons is bitterlik dankbaar hiervoor. Nou gaan Christo’tjie nie meer net ʼn naamlose hopie grond wees nie,” het sy gesê.

Sy het gesê sy is seker daar is nog mense wat ook soos hulle gaan voel. “My skoonma is die afgelope tyd daar begrawe. My skoonpa is ook baie verlig.”

Louis het gesê deel van die rouproses ná die dood van ’n kind is om ’n steen op sy graf te sit.