Oudminister Danie Steyn, ’n lid van oudpres. P.W. Botha se kabinet, is Saterdag in die ouderdom van 94 jaar in Pretoria oorlede.
“Dit is hartseernuus,” het Pik Botha, ’n jare lange vriend en kollega van Steyn, Sondagmiddag gesê.
P.W. Botha het Steyn, ’n ingenieur, in 1980 as adjunkminister van onderwys en opleiding aangestel, voordat hy minister van mynwese en energie geword het.
Steyn was later minister van ekonomiese sake en tegnologie.
Hy het in 1989 uitgetree toe oudpres. F.W. de Klerk as NP-leier en president by P.W. Botha oorgeneem het.
Pik Botha (nou 85) was minister van buitelandse sake toe hy en Steyn kabinetskollegas was.
“Toe die Hertzogiete (van dr. Albert Hertzog) in 1970 van die Nasionale Party weggebreek het om die Herstigte Nasionale Party (HNP) te stig, was ek ondersekretaris van die departement van buitelandse sake.
“John Vorster (eerste minister) het my toe gevra om die politiek te betree. Willie Marais, wat destyds die kiesafdeling Wonderboom se volksraadslid was, was een van dié wat oorgeloop het HNP toe,” sê Botha.
“In daardie stadium was Danie Steyn voorsitter van die NP in Wonderboom. Vorster het my aan Danie voorgestel.
“Hy (Steyn) het my kandidatuur ondersteun en ek het volksraadslid vir Wonderboom geword.
“Só het ’n baie hegte band en vriendskap tussen ons begin. Danie het self later die politiek betree en ons het kabinetskollegas geword. Hy was ’n baie vriendelike mens. En baie slim met besonderse kennis.
“Noudat ek van sy dood gehoor het, gaan my herinneringe terug na baie krisisse waarin Danie Steyn my onvoorwaardelik gesteun het,” onthou Botha.
“Ek onthou ook sy vrou, Hermana, kon gedigte baie mooi voordra.”
Hennie de Villiers, Steyn se eertydse private sekretaris, het aan News24 gesê Steyn het nadat hy uit die politiek getree het, ’n graad in die teologie verwerf.
Hy het ten nouste met die NG Kerk saamgewerk voordat hy begin het om “die armes en die minderbevoorregtes” te help.
Die oudminister het selfs ’n klein kliniek en biblioteek begin.
Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.
In die Nuwe Kerkhof in Pretoria-Wes (Rebeccastraat) staan ’n indrukwekkende grafsteen – ’n massiewe rotsblok waarop die veelseggende inskripsie aangebring is: Vat my hande dat ek opstaan vir my volk
Dit is die laaste rusplek van een van Suid-Afrika se bekendste, maar ook een van die mees omstrede krygsmanne, generaal Manie Maritz.
Salomon (Manie) Gerhardus Maritz is op 26 Julie 1876 in Kimberley gebore. Op 19-jarige ouderdom het hy na Johannesburg verhuis; vanweë sy vrywillige diens aan die Republiek met die Jameson-inval is aan hom die burgerregte van die Zuid-Afrikaansche Politie (ZARP) toegeken en met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog sluit hy hom as manskap by die Boksburg-kommando aan, om veral in Natal diens te doen.
Maritz was ’n kort, bonkige man wat oor buitengewone liggaamskrag beskik het. Sy moed en dryfkrag het hom ’n gedugte teenstander gemaak. Hy het ’n rustelose geaardheid en ’n haastige humeur gehad wat hom baie vyande besorg het, maar sy patriotisme en liefde vir sy volk het deur sy dade gespreek. Op sy sterfbed het sy opregte volksgevoel vir oulaas tot uiting gekom toe hy die woorde op sy grafskrif geprewel het.
In die Anglo-Boereoorlog is Maritz na die vroeë oorlogsmaande na Noordwes-Kaapland gestuur, waar hy as kommandant en later generaal bevel oor die burgers en rebelle uit die distrikte Calvinia en Kenhardt gevoer het. In hierdie tydperk is hy twee keer gewond, maar hy het sodanig herstel dat hy sy soldate selfs nog tot by Darling (21 Oktober 1901) gevoer het.
Toe die vrede op 31 Mei 1902 gesluit is, het Maritz geweier om wapens neer te lê en gaan hy deur Duits-Suidwes-Afrika na Europa. Tog keer hy in 1904 terug, en na ’n kort verblyf in SWA gaan hy na Ventersburg om daar te boer. Hy trou met Emma Francis Nel, en uit die huwelik is twee seuns en twee dogters gebore.
In 1912 sluit hy hom weer by die Polisie aan. Hy beklee die rang van kommandant. In dieselfde jaar bedank hy egter uit die SA Polisie en sluit hom by die nuwe Unie-verdedigingsmag aan, as majoor. Hy bots egter gou met generaal JC Smuts toe hy weier om deel te neem aan die inval teen SWA, en hy rebelleer saam met die meeste van sy manskappe. Toe dit duidelik word dat die rebellie gaan misluk, besluit hy en generaal JCG Kemp aanvanklik ook om oor te gee. Maritz besluit egter later daarteen en gaan weer eens deur SWA na Angola en Portugal, waar hy hom tydelik gevestig het. Nadat hy ook drie jaar lank in Duitsland gewoon het, keer hy teen 1923 na Suid-Afrika terug, waar hy van hoogverraad aangekla en gevangenisstraf van drie jaar opgelê is. In 1924 laat die pasverkose Pakt-regering hom vry.
Generaal Maritz het in sy later jare ’n vurige bewonderaar van die Nasionaal-sosiale leerstellings geword. Benewens toesprake waarin hy veral striemende aanvalle op die Jode gedoen het, het hy ook in sy outobiografie, My lewe en strewe, die aanvalle voortgesit wat hom ’n boete van £75 (R150) op die hals gehaal het, omdat hy die “opsetlike doel” gehad het “om vyandige gevoelens teenoor die Jode” aan te wakker.
In die Tweede Wêreldoorlog het Maritz hom met verskeie buite-parlementêre politieke groepe wat teen die oorlog en die toenmalige regering gekant was, besig gehou. Sy stormagtige loopbaan is deur ’n noodlottige motorongeluk, digby Pretoria op 19 Desember 1940 beëindig toe hy ongeveer ’n uur na die ongeluk aan veelvuldige beserings in die hospitaal oorlede is.
Sy begrafnis, wat op 22 Desember 1940 uit die Pretoriase stadsaal plaasgevind het, het die Afrikanervolk se respek vir hierdie Afrikaner-patriot bevestig. Reeds vroeg op daardie Sondag het dit geblyk dat dit ’n ware volksplegtigheid gaan wees. Sy oorskot het van 11h00 tot 14h00 in staatsie gelê, duisende mense het in lang onafgebroke rye by die kis verbybeweeg. Daar naby is die Rebellievlag gehys. Dominee (later doktor) PSZ Coetzee, van Johannesburg, het die begrafnis gelei, na aanleiding van die teks “Jy sal gemis word want jou plek sal leeg wees”. Na afloop van die diens het die stoet na die kerkhof beweeg tussen duisende mense deur, die laaste ongeveer twee kilometer deur ’n erewag van Ossewa-Brandwag-lede. Vooraan die stoet het ses ruiters met ’n Rebellievlag gery, en agter die lykwa is ’n wit perd, bedek met ’n roukleed, deur twee vroue gelei.
’n Massiewe rotsblok van blou graniet is op sy graf opgerig. Die basis van die buitengewone grafsteen, wat nagenoeg 3½ m hoog is, is ongeveer 6 m in omtrek. Amper 1 m van onder af is ’n gedeelte gelyk gemaak, waarop die ingrypende inskripsie (sy laaste woorde) gegraveer is. Daarby verskyn ook die volgende woorde: Genl. Manie Salomon Gerhardus Maritz 1876–1940.
In sy rede by die begrafnis het dominee SJ Stander, indertyd van Hartbeesfontein gesê: “Ons groot manne lei die volk op die pad van Suid-Afrika, daarom sterf hulle in riviere en op die pad.”
Waar om te woon in Pretoria, die stad met die grootste blanke bevolking in Afrika! “Soort soek soort” is ‘n onteenseglike feit en die basis van gemeenskap self. Ja, gemeenskap is ‘n rasse konstruk, nie andersom soos die wêreld oorheersers probeer stel.
Pretoria het ‘n reputasie vir die feit dat dit ‘n akademiese stad is met drie universiteite en die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) geleë in die oostelike voorstede. Die stad huisves ook die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde en dit maak die stad ‘n middelpunt vir navorsing. Ongelukkig is een van die nadele hiervan dat al die jeug in die stad, wat onderworpe is aan die sosialistiese breinspoeling en marxisme vanuit die Universiteite, is soms die vyand van die volk. Ons noem nie eers die dalende standaard van onderwys nie…
Na meer as twee dekades sukkel die ANC regime en swart oorheersers nog steeds on kreatiewe manier te vind om ons te forseer om te integreer, en volksmoord teen ons te pleeg, maar soos die kaart duidelik wys, jy kan nie die natuur forseer nie…
Pretoria se demografie lyk as volg:
Rasse (2011):
White 52.5%
Black African 42.0%
Coloured 2.5%
Indian/Asian 1.9%
Other 1.2%
Eerste Taal (2011)
Afrikaans 47.7%
English 16.4%
Northern Sotho 8.0%
Tswana 5.4%
Other 22.5%
Pretoria is die sentrale deel van die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit, wat gestig is as deel van die ANC regime se geforseerde integrasie en stem manipulasie, deur die samesmelting van verskeie voormalige plaaslike owerhede, insluitend Centurion en Soshanguve, om die blanke stem te oorheers.
Pretoria is vernoem na die Voortrekkerleier Andries Pretorius, en staan ook bekend as die “Jakarandastad” as gevolg van die duisende Jakarandabome in sy strate, parke en tuine.