Posted on Leave a comment

Pretoria beplan aktivering van ou kragsentrales as plan B indien Eskom nie aan die aanvraag van elektrisiteit kan voorsien

Pretoria beplan aktivering van ou kragsentrales as plan B indien Eskom nie aan die aanvraag van elektrisiteit kan voorsien

Die Stadsraad van Pretoria is glo besig om die twee ou kragsentrales van die stad op te gradeer en weer in werking te stel in die lig van die onsekerheid oor kraglewering deur Eskom.

Een kragsentrale in die westelike deel van die stad en die Rooiwal kragstasie beskik oor die gesamentlike potensiaal om 1,000 MW krag te lewer as hulle opgradeer word.

Die twee aanlegte is aanvanklik opgerig om met antrasiet te werk, maar omdat die uitvoer prys daarvan baie goed is, het dit meer voordeel ingehou as wat dit met elektrisiteit opwekking is.

Die omskakeling na steenkool kan bekostigbaar wees, maar inwoners sê die opgradering moet ook die versekering bied dat lugbesoedeling nie die stad onleefbaar maak nie.

Deur: Die Vryburger
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.


Posted on Leave a comment

Die myn wat die wêreld se grootste diamant gelewer het, het nou weer ’n groot blinke uitgehaal – Nog ’n knewel van ’n diamant gevind by Cullinan

Die myn wat die wêreld se grootste diamant gelewer het, het nou weer ’n groot blinke gelewer - Nog ’n knewel van ’n diamant gevind by Cullinan

Cullinan, die klein dorpie oos van Pretoria is gewoonlik net in die nuus as daar nog ’n knewel van ’n diamant gevind is soos wat nou weer die geval is.

Die myn, wat die wêreld se grootste diamant gelewer het, het nou weer ’n groot blinke gelewer – bykans ’n eeu nadat die opspraakwekkende diamant gevind is wat tans in besit van die koninklike forste huis van Brittanje is.

Die Petra myn se jongste fonds het sy aandele op die beurs laat spring met 7% tot die vreugde van sy eienaars in ’n tyd wat die diamantbedryf maar ’n minder goeie tyd deurmaak.

Volgens die Petra Diamonds se webtuiste is die diamant ’n tipe D kleur en 425.19 karaat, wat een van die groter diamante is wat die wêreld tot dusvêr opgelewer het.

Die wêreld se grootste diamant is ook uit Cullinan afkomstig, en met 1,055.89 karaat, is die pragstuk die eiendom van die Koninklike Huis van Koningin Elizabeth in Engeland.

Deur: Die Vryburger


Posted on Leave a comment

Wanneer jy die nodige aandag wil verkry van mense en instansies, trek net jou klere uit – Vrou betoog in skrapse klere voor Uniegebou omdat Unisa en die polisie haar mishandel

Wanneer jy die nodige aandag wil verkry van mense en instansies, trek net jou klere uit - Vrou betoog in skrapse klere voor Uniegebou omdat Unisa en die polisie haar mishandel

’n Skraps geklede vrou wat voor die Uniegebou in Pretoria betoog het, is Woensdagoggend in hegtenis geneem.

Gugu Ncube sê sy het betoog omdat Unisa en die polisie haar mishandel het.

Haar baas by ’n sentrum wat voorheen deur Unisa geborg is, het volgens haar gevra vir seks as sy haar werk wil behou. Sy sê bewerings dat sy bedank het, is vals.

“Ek wil hê Unisa se bestuur moet my bedankingsbrief wat hulle beweer ek geskryf het, aan die hele land, die Thuma-stigting, die kommissie vir geslagsgelykheid en ander belanghebbendes wys.”

Volgens haar het sy in haar broekie en ’n klein toppie betoog omdat sy “niks meer het om te beskerm nie”.

“Naaktheid is ’n teken dat ek van my waardigheid ontneem is. My waardigheid is weg.”

Gugu Ncube

Gugu Ncube betoog voor die Uniegebou voordat die polisie haar in hegtenis geneem het.

Ncube wil hê pres. Cyril Ramaphosa moet kennis neem van die beweerde mishandeling.

Volgens haar is sy deur die polisie mishandel toe sy haar baas gaan aankla het.

“Ek het eerstehands gesien hoe ’n kommissaris omkoopgeld aanvaar om my te diskrediteer. Ek het korrupte polisiebeamptes gesien wat my prosedureel verkeerd in hegtenis geneem het omdat my mishandelaar geld het om hulle te betaal. Ek sal gehoor word.”

Unisa sê Ncube se bewerings is verkeerd.

“Dit is jammer dat me. Ncube aanhou om Unisa te betrek by haar dispuut met die Unisa Sentrum vir Vroeëkinderonderwys (UCECE) en daarmee ons naam beswadder. Ons vra dat sy nie die universiteit se naam sal gebruik in haar persoonlike saak met UCECE nie.”

Die universiteit het die sentrum voorheen geborg, maar die borgskap laat vaar.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van Sunnyside se polisie, bevestig Ncube is in hegtenis geneem.

“Ons is uitgeroep na die Uniegebou waar ’n kaal vrou gestaan het. Sy sal waarskynlik van openbare onwelvoeglikheid aangekla word.”

Deur: Netwerk
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.


Posted on Leave a comment

Polisie se misdaad rekord styg – Twee Metropolisie lede van Pretoria op heterdaad betrap met ’n gesteelde voertuig in hul besit

Polisie se misdaad rekord is aan die styg - Twee Metropolisie lede van Pretoria op heterdaad betrap met ’n gesteelde voertuig in hul besit

Twee lede van die Pretoriase Metro Polisie is in hegtenis geneem nadat ‘n gesteelde voertuig in hul besit gevind is.

Die voertuig wat in Eldoraigne gesteel is, is opgemerk by ‘n woning in Philip Nel Park. Die eienaar van die huis, ‘n vroulike lid van die Metropolisie is gearresteer en na verdere ondersoek is nog twee verdagtes aangekeer. Die een is getroud met die vroulike konstabel en word tans opgelei deur die Metro Polisie.

Dit blyk dat die polisie se misdaad rekord aan die styg is as gelet word op die groot aantal voorvalle waarby beamptes betrokke was in die afgelope maande.

Deur: Die Vryburger
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.


Posted on Leave a comment

Stadsraad van Pretoria gaan in die volgende 4 maande 13,000 voorafbetaalde kragmeters vervang na bevind is dat PEU Capital Partners se meters nie geldig is

Stadsraad van Pretoria gaan in die volgende 4 maande 13,000 voorafbetaalde kragmeters vervang na bevind is dat PEU Capital Partners se meters nie geldig is

Die stadsraad van Pretoria wil die omstrede elektriese meters vervang, en daarvoor het hulle glo vier maande tyd om 13,000 te vervang.

Die 13,000 vooruitbetaal meters moet ingevolge ’n hofbeslissing vervang word omdat die meter met ’n ongeldige kontrak ingesit is en glo ook onwettige toestelle is.

Talle werkers moet nou deur sekere gebiede se geboue beweeg om te kyk of die meters in die geboue wettig is, aangesien die PEU Capital Partners se meters nie geldig is nie.

Dit beteken glo dat die multi-miljard se daaglikse betalings wat die stad aan PEU maak in terme van die kontrak, word as onbekostigbaar beskou en sal ook tot ’n einde kom.

Daar bestaan onduidelikheid wie verantwoordelik gehou word vir die koste om die meters te vervang, en of dit maar weer die onskuldige verbruiker is watt moet opdok.

Deur: Die Vryburger
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.


Posted on Leave a comment

Nuwe burgemeester van Tshwane kanselleer GladAfrica-kontrak – firma wat tender onregmatig ontvang het was onder meer daarvoor verantwoordelik om dienslewering te monitor

Nuwe burgemeester van Tshwane kanselleer GladAfrica-kontrak- firma wat tender onregmatig ontvang het was onder meer daarvoor verantwoordelik om dienslewering te monitor

Die metroraad in Tshwane het met die ingenieursfirma GladAfrica ooreengekom om hul omstrede multimijoenrandkontrak te beëindig.

Stevens Mokgalapa, uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro, het dié aankondiging Maandag op ‘n mediakonferensie in Tshwane-huis in Pretoria gemaak.

Mokgalapa is vroeër die maand as die stad se nuwe burgemeester aangewys.

Die ouditeur-generaal het bevind dat die tender wat in November 2017 aan GladAfrica toegeken is, onreëlmatig was.

Hy het ook bevind dat die stadsbestuurder, dr. Moeketsi Mosola, met die toekenning van die tender die Wet op die Bestuur van Munisipale Finansies oortree het.

Werksaamhede tussen GladAfrica en die munisipaliteit sal op 30 Junie tot ‘n einde kom.

“Ons gee hulle kans om die werk waarvoor ons hulle reeds betaal het, klaar te maak,” sê Mokgalapa.

“GladAfrica was besorg oor hul reputasie wat weens die sage skade lei en was bereid om die kontrak te kanselleer. Daar is nie noodwendig iets fout met die werk wat GladAfrica doen nie, dit gaan eerder oor hoe die tender aangewys is.”

Die metroraad het reeds byna R500 miljoen op die GladAfrica-kontrak spandeer.

Die firma was onder meer daarvoor verantwoordelik om dienslewering te monitor. Mokgalapa het onderneem om al die aanbevelings van die ouditeur-generaal te implementeer.

Mosola word steeds deur die metroraad ondersoek.

Deur: Netwerk24
Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUK-nuus nie.


Posted on Leave a comment

Vind U Familieboom of Stamboom nou – ons doen dit als vir jou!

familieboom

Ons Afrikaner en Boerevolk het sedert 1652 belangrike deurbrake gemaak en baie oorkom.  Dié van ons wat vandag asemhaal is van die 9de tot die 13de nageslag van hierdie aanvanklike Europese voorouers – hoofsaaklik Franse Hugenote, Nederlanders, Duitsers en Skandinawiërs.

Het U al ooit gewonder hoe presies u nageslag en familie van elkeen van hierdie voorouers is?  Daardie vraag kan deur FamilieBome opgelos word.

FamilieBome bied aan u die geleentheid om ‘n lywige dokument te bekom, wat al u direkte voorouers (alle vaders en moeders van elke profile) tot by die eerstes wat hier geland het, in ‘n unieke familieboom te bind, ‘n brokkie geskiedenis oor vername persone gee, asook grafieke van elke geslag voorouers bevat.

FamilieBome bestaan uit ‘n span ervare Afrikaanse navorsers met dekades se ondervinding met die Afrikaanse voorgeslag.  Enige inligting op U boom word u ook voorsien van geboortesertifikate, huweliksertifikate en sterftesertifikate wat beskikbaar is op die FamilySearch webwerf en beskikbaar is. Ons sluit ook ander bronne soos verwysing na navorsing deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika in.

Moenie hierdie geleentheid vandag misloop nie, want more kan die inligting vir altyd verlore wees met die afsterwe van ‘n geliefde wat die enigste persoon is met die regte kennis oor u naaste voorouers.

Ons spandeer baie ure per indiwiduele saak, en daarvoor vra ons R850 per saak.  … indien ons nie u boom bevredigend oplos nie, sal ons u niks vra vir ons moeite nie.

Daar is ook ‘n maandelikse nuusbrief.

Laastens bied ons ook aan al ons kliënte toegang vir verdere vrae en navorsing.  Dit is vir ons belangrik dat al die Afrikaanse familiebome akkuraat is en bly.

Om u boom te bou vra ons vir inligting by u, wat U weet, tot op oupa- en oumagrootjie vlak indien moontlik.  Alle inligting aan ons verskaf hanteer ons as streng persoonlik, en deel dit met geen party vir enige doeleindes nie.  U privaatheid is eerste prioriteit.

Om die aansoekvorms te bekom, laai dit af (skakel onder), of rig ‘n E-pos aan: [email protected] met u kontakbesonderhede.  Ons sal dan met U in verbinding tree.

Kliek op die skakel hieronder om die aansoek oop te maak, af te laai of uit te druk – vul in die details wat U van weet:

FamilieBoom-Aansoekvorm

 

 

Familiebome dienste sluit in:

  • Verdere bystand in die toekoms, regstellings van foute soos nuwe navorsing beskikbaar gestel word, en beantwoording van vrae oor u boom self.
  • ‘n Grafiese voorstelling van u eerste 4 geslagte voorouers – voorbeeld regs (ons uitvoer sluit datums en fotos in waar beskikbaar).
  • Die inligting vervat in ‘n dokument wat u kan stoor en versprei onder familie.
  • ‘n Leêr met alle primêre bronne uniek vir u boom.

Ons dienste stel u in staat om:

  • Toegang na navorsing te kry vir ‘n breukdeel van die tyd en geld wat dit u self gaan kos om dit bymekaar te maak en te bestudeer.
  • Geskiedkundige persone in u eie boom te identifiseer.
  • Navorsing met u familie te deel en nuwe familie te ontdek.
  • Uit te vind hoe u self deel in ons Afrikaanse geskiedenis en van ons erfenis is.

Om u boom te bou vra ons vir inligting by u, wat U weet, tot op oupa- en oumagrootjie vlak indien moontlik.  Alle inligting aan ons verskaf hanteer ons as streng persoonlik, en deel dit met geen party vir enige doeleindes nie.  U privaatheid is eerste prioriteit.

Om die aansoekvorms te bekom, laai dit af (skakel onder), of rig ‘n E-pos aan: [email protected] met u kontakbesonderhede.  Ons sal dan met U in verbinding tree.

Kliek op die skakel hieronder om die aansoek oop te maak, af te laai of uit te druk – vul in die details wat U van weet:

FamilieBoom-Aansoekvorm


 

Posted on Leave a comment

Tuks faseer tans Afrikaans uit as onderrigtaal – slegs Engels sal nou as primêre taal van kommunikasie en administrasie gebruik word

Tuks faseer tans Afrikaans uit as onderrigtaal - slegs Engels sal nou as primêre taal van kommunikasie en administrasie gebruik word

Die Universiteit van Pretoria tans besig om Afrikaans as die amptelike onderrigtaal by al sy kampusse en koshuise uit te faseer.

Die universiteit sal nou slegs Engels as primêre taal van kommunikasie en administrasie gebruik.

Rikus Delport, woordvoerder van die Universiteit, het gesê die beleid is in 2016 deur die universiteit se raad en senaat aangeneem ná ‘n uitgebreide konsultasieproses en aanbevelings van alle belanghebbende partye.

“Die verandering in beleid is daarop gemik om maatskaplike samehorigheid te fasiliteer en die universiteit sal steeds meertaligheid omhels en aanmoedig om eenheid te bevorder en gelyke geleenthede vir sprekers van alle Suid-Afrikaanse tale te bied,” het hy gesê.

Delport het gesê die besluit van die onderskeie belangegroepe is deur die bevindings ingelig dat die persentasie studente wat hul huistaal as Afrikaans aangemeld het, tussen 1992 en 2015 van 85% tot 30% afgeneem het.

“In 2016 het ongeveer 18% van die studente ‘n voorkeur vir Afrikaans as onderrigmedium uitgespreek.”

Hy het gesê hoewel die uitfasering vanjaar plaasvind, sal dit geleidelik gedoen word om Afrikaanse studente te akkommodeer.

Die uitsondering sal gegee word waar studente ander tale studeer, en in programme met beroepspesifieke taal uitkomste. Sulke programme sal deur die Senaat goedgekeur moet word, het Delport gesê.

Lees die oorspronklike berig in Engels by The Citizen


Posted on Leave a comment

Pretoria train collision: Four dead, 620 injured – Prasa please explain to us how on earth did this happen!

Pretoria train collision: Four dead, 620 injured - Prasa please explain to us how on earth did this happen!

Four people died and 620 other commuters were injured when two trains collided near Pretoria’s Mountain View train station, Netcare911 said on Tuesday afternoon.

Netcare911 spokesperson Shawn Herbst told TimesLIVE that injuries suffered ranged from minor to moderate.

“All the people have been removed. One person sustained critical injuries.”

Metrorail spokesperson Lillian Mofokeng said the two trains were both travelling on the same line towards Pretoria from Mabopane.

Two trains collided in Pretoria on January 8 2019 during the early-morning rush-hour commute. Four people have been killed and hundreds injured.

Mofokeng said a board of inquiry would be instituted to determine the root cause of the accident.

Trains running between Pretoria, Mabopane and Dewildt are temporarily suspended until further notice.

All commuters in possession of valid weekly and monthly tickets will be transported by bus until the line is reopened.

Metrorail said it would set up a walk-in centre at Pretoria station to assist commuters involved in the accident.

“We urge commuters to bring the relevant documents with for processing,” Mofokeng said.

Gauteng MEC for roads and transport Ismail Vadi has called on the Passenger Rail Agency of SA and the Railway Safety Regulator to “urgently investigate” the cause of the crash.

Vadi said urgent measures must also be implemented to improve commuters’ safety on trains.

“We are deeply shocked by this tragic accident so early in the new year.

“We would like to express our heartfelt condolences to the families of the deceased and wish those injured a speedy recovery,” Vadi said.

President Cyril Ramaphosa sent his condolences to the crash victims.

“Our thoughts are with those who lost their lives and their families. To the injured I would like to wish you all a speedy recovery,” Ramaphosa said.

“I would like to also encourage emergency services team on the scene to do all in their powers to help those who are still trapped under the train.”

Transport minister Blade Nzimande, Prasa and the Railway Safety Regulator will host a media briefing on Tuesday at 5pm.


Posted on Leave a comment

How to smash and grab a brand new stadium in SA – New Tshwane stadium worth R44.3 million already in ruins in less than a year

How to smash and grab a brand stadium in SA- New Tshwane stadium worth R44.3 million already in ruins in less than a year

Thieves have stolen almost the entire Zithobeni stadium near Bronkhorstspruit in Gauteng, which was built for R44.3 million just over a year ago by the Tshwane metro.

Water pipes, electrical fittings, door and window frames, and the cafeteria’s roll-down service opening have been stolen, and now the perimeter fence is going.

Urinals, toilet bowls, basins and copper pipe fittings have been ripped from the walls of all the ablution facilities.

Bathroom fittings that could not be stolen have been destroyed and turned into a heap of rubble, with electrical fittings also ripped off the walls and rafters.

Almost the entire facility’s doors, as well as door and window frames, have either been stolen or vandalised.

The cafeteria’s roll-down service opening has been stolen, with dressing rooms and guardrooms not spared the rampage.

Water is seeping and flowing around after thieves stole pipe fittings and taps, with freshly painted walls covered in obscene statements.

Players and spectators have no choice but to relieve themselves on the floor, resulting in a permanent nauseating stench.

Electronic turnstile operating systems at the entrance have been stripped – and now thieves have begun stealing the soccer pitch’s perimeter fence.

The stadium has all the hallmarks of an abandoned community facility, with the once-lush lawn disappearing, reducing the soccer pitch to a bare dusty ground. Weeds cover the paved parking area, stall floors and walkways, and rubbish is piling up.

According to residents, the facility was abandoned after the 2016 local government elections during which the ANC lost the city’s administration to the DA.

Philani Ntuli, 17, said the facility was never handed over to the community after construction and was left with no security. Thieves and vandals stripped it under cover of darkness.

“They are eating up the stadium like termites. It is puzzling why the municipality abandoned the stadium after spending millions in taxpayers’ money,” he said.

Another resident, Sarah Ngwenya said: “With no security, the nyaope addicts moved in and stole everything.”

The thieves even dug out trees around the stadium to sell on the main road. People were now stripping the paving bricks.

“What happened here is sad,” she said.

The metro said the extent of the damage was yet to be established but the costs would likely be covered by insurance.

Spokesperson Lindela Mashigo said the stadium was completed in April last year when the contractor left the site. At the time there were security guards provided by their regional office in Region 7, but security was withdrawn due to challenges he did not specify.

“There is a city-wide challenge with provision of security personnel since April this year, but plans are under way to have the security reinstated at the facility,” Mashigo said.

He confirmed the facility was never handed over to the community because there were outstanding issues with town planning.

“The consolidation of the two erven on which the facility is situated must be finalised,” Mashigo said.

[email protected]