Posted on Leave a comment

Verdagte dreig met selfmoord ná polisie hom vaskeer

Verdagte dreig met selfmoord ná polisie hom vaskeer

Twee mans is Woensdag tydens ʼn huisbraak in Laudium in Pretoria in hegtenis geneem en ʼn derde verdagte kort daarna.

Konst. Simon Chokoe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het net ná 19:00 plaasgevind.
Die drie gewapende verdagtes, tussen 30 en 45 jaar oud, het volgens Chokoe by ʼn paartjie se huis ingestorm, hulle aangerand en van hul selfone beroof.

“In die verdagtes se poging om te vlug het die inwoner hulle gekonfronteer en twee van die verdagtes is vasgekeer. Een kon daarin slaag om te ontsnap,” het Chokoe gesê.

Volgens Chokoe het ʼn spoedige reaksie van die polisie se taktiesereaksie- en honde-eenheid gesorg dat die derde verdagte in Claudius naby die R55 aangekeer is.

“Een van die polisie se onderhandelaars is ingeroep na die toneel omdat die verdagte gedreig het om homself te skiet,” het Chokoe gesê.

Volgens Chokoe is die verdagte binne minute ná onderhandeling in hegtenis geneem. “Die polisie het beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens.”

Die paartjie is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling. Dit is nie duidelik hoe ernstig hulle beseer is nie.

Die verdagtes sal binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

Deur: Maroela Media


Posted on Leave a comment

Voortrekkers gevra om te loop tydens raadsvergadering in Pretoria

Voortrekkers gevra om te loop tydens raadsvergadering in Pretoria

“Mag Afrikanerjeug dan nie deelneem aan demokrasie nie,” vra dr. Danie Langner, leier van die Voortrekkers, nadat ’n groep Voortrekkers gevra is om ’n raadsvergadering in Pretoria te verlaat.

“Ons het onskuldig met goeie bedoelings na die raadsvergadering gegaan . . . Hoekom mag hulle nie blootstelling kry nie? Ons wil ons jeug juis aan demokratiese prosesse blootstel sodat hulle kan sien hoe ’n demokrasie, ’n stadsraad en ’n parlement werk,” sê Langner.

Volgens hom is dit “baie jammer” dat die groep van 14 Voortrekkers wat almal in gr. 10 is, Donderdag gevra is om ’n Tshwane-metroraadsvergadering te verlaat.

“Ons is regtig teleurgesteld in die politieke partye in dié raad se reaksie. Wat is die boodskap wat hulle wou oordra? Dis ’n afbreek van sosiale kohesie en dui eintlik ook op ’n disfunksionele stadsraad.”

Die Voortrekkers het die speaker, Katlego Mathebe, vooraf skriftelik toestemming gevra om die vergadering te mag bywoon.

Mathebe het die versoek toegestaan, maar opposisiepartye in dié raad was baie ontevrede oor haar besluit.

Ons leer hulle om kultureel verdraagsaam te wees. Daar is wit, Indiërs en swart mense in dié land. Almal se kulture moet waardeer en gerespekteer word.

Mauritz Meiring

Benjamin Disoloane, leier van die EFF in die hoofstad, het dadelik kapsie teen die groep se teenwoordigheid gemaak.

“Ons het duidelike transformasie nodig. Dié kinders verteenwoordig dit nie.”

Nadat die een ná die ander raadslid van die EFF en ANC ook hul ontevredenheid oor die Voortrekkers uitgespreek het, het Solly Msimanga, uitvoerende burgemeester, die raadslede en speaker gevra dat die “onskuldige kinders” nie aan die bakleiery in die raad blootgestel moet word nie.

Die ander partye in die raad het uiteindelik hul sin gekry en die Voortrekker-groep is gevra om die vergadering eers tydelik te verlaat en later heeltemal.

Langner sê die Voortrekkers raak nie by partypolitieke kwessies betrokke nie.

“Politiek het tog ’n invloed op kulturele organisasies. Een van die Voortrekkers se waardes is positiewe leierskap.”

Volgens hom is hy deur verskeie politieke partye, waaronder ook Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, gevra: “Waar is die Afrikaner-kinders. Ons sien hulle nêrens nie”.

Mauritz Meiring, wat dié betrokke groep Voortrekkers as spanoffisier na die vergadering vergesel het, sê die einste groep het om dié rede ook ’n ruk gelede die konstitusionele hof besoek.

“Ons leer hulle om kultureel verdraagsaam te wees. Daar is wit, Indiërs en swart mense in dié land. Almal se kulture moet waardeer en gerespekteer word. Voortrekkers word geleer wat goeie burgerreg is. Wat gebeur het, is kulturele onverdraagsaamheid. Daar sit ’n klomp oningeligte raadslede in dié stadsraad.”

Langner sê al was die voorval hoe betreurenswaardig, gaan dit die kinders dalk bedag maak op wat hulle eendag op universiteitskampusse kan teëkom.


Posted on Leave a comment

Zonderwater Gevangenis – Grootste enkele krygsgevangene-kamp van Tweede Wêreld Oorlog

Zonderwater Gevangenis, sowat 43km van Pretoria net buite Cullinan, is vandag bekend daarvoor dat van die Boeremag-gevangenes daar aangehou word. Min mense weet egter dat Zonderwater die grootste enkele krygsgevangene-kamp van die Tweede Wereldoorlog was. Tussen April 1941 en Januarie 1947 is meer as 100 000 Italiaanse krygsgevangenes daar aangehou.

Mussolini van Italie was een van Hitler se bondgenote en het met die Geallieerdes, waaronder Suid Afrika, slaags geraak in Soedan, Kenia en Somaliland. In April 1941 het die eerste Italiaanse prisoniers per skip in Durban aangekom nadat hulle in Libie en Abbysinie gevange geneem is.

Alle gevangenes het nie die skeepsreise oorleef nie. Die “Nova Scotia” met 600 prisoniers is byvoorbeeld deur ‘n torpedo gesink op 28 November 1942.

Die Italianers het gou die tydperk 1941 tot 1943 verdoop na die “Tendopoli” omdat hulle in tente op die terrein van Zonderwater gehuisves is. Aan die begin van 1942 was daar reeds 7 000 tente en is die 63 000 prisoniers aangesit om hulle eie tronk te begin bou. Uiteindelik sou die gevangenis sowat 120 000 krygsgevangenes kon hou en daar was op ‘n stadium 90 000 Italianers daar aangehou in die veertien blokke. Elke blok is ook toegespan met twee rye doringdraad en wagtorings is opgerig.

Vandag nog, op elke EERSTE SONDAG VAN NOVEMBER om 10:00, kom die Italiaanse gemeenskap en diplomatieke korps van Italie by Zonderwater bymekaar. (Front Nasionaal hoop om dit vanjaar by te woon). By die Tre Archi, die drie boog-monument, is 252 van die krygsgevangenes begrawe met die inkskripsie: “Morti in prigionia. Vinti nella carne. Invitti nello spirito. L’Italia lontana. Vi benedice in eterno.” wat beteken “Dood in gevangenisskap. Oorwonne in vlees. Onoorwonne in gees. Verre Italie. Vir altyd geseend.”

In die klein Zonderwater museum word 109 000 kaarte gehou met met gegewens van alle prisoniere, handgemaakte boeke, gekerfde sigaretdosies, klein beelde van deeg, musiekinstrumente en skilderye wat deur die prisoniers gemaak is.

* Zonderwater se geskiedenis gan terug na die Boere se Vryheidsoorlog toe die 12-jarige Hendrik Frederik Prinsloo en sy moeder daar aangehou is deur Britse troepe. Ironies genoeg was dit dieselfde HF Prinsloo wat later aangestel is as kamphoof van Zonderwater se Italiaanse krygsgevangenekamp. Byna sonder uitsondering het die Italianers net goeie woorde vir Prinsloo gehad. Een van die Italiaanse dokters, ‘n velspesialis, is selfs toegelaat om Suid Afrikaanse dokters op te lei. Hulle het selfs hul eie poskantoor opgerig en 6,4 miljoen posstukke in 1943 hanteer.
Van die prisoniers het houttrofees vir Kol Prinsloo gekerf vir die verskillende rugbykompetisies in Pretoria; en op die plaas Olivedale het hulle 53 000 perskebome aangeplant, terwyl hulle ook geneem is om die Outeniquapas en Du Toitskloofpas te bou.

Na die oorlog is Hendrik Prinsloo met twee medaljes deur die Italianers vereer – een daarvan deur die Pous self oorhandig, waarna hy weer by Ermelo gaan boer het, totdat hy in 1966 oorlede is in Carolina. Agt voormalige Italiaanse krygsgevangenes het sy kis gedra en ‘n handgekerfde beeld van ‘n engel deur ‘n prisonier is op sy graf gesit.

Zonderwater Gevangenis        

        

Deur: Dalene Nelson/Front Nasionaal


Posted on Leave a comment

Man kritiek nadat oond in bakkery ontplof

Man kritiek nadat oond in bakkery ontplof

Werkers van ’n bakkery in Pretoria-Wes is Dinsdagmiddag getraumatiseer nadat ’n ontploffing vroeër die dag ’n brand daar veroorsaak het.

’n Nywerheidsoond het omstreeks 11:45 by die Transvaal Industrial Foods-bakkery op die hoek van Charlotte Maxeke- en Elsonstraat ontplof.

“Die ontploffing was kwaai en het ’n groot skudding veroorsaak, maar die brand is vinnig onder beheer gebring,” het Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, gesê.

James Mohlala het naby die enorme oond gestaan toe dit ontplof.

“Hy werk gewoonlik met die oond. Hy het baie erg seergekry,” sê sy kollega, Sarah Monyai.

Mohlala het ernstige brandwonde oor sy hele lyf opgedoen en is in ’n kritieke toestand deur die Halo-helikopterdiens na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem. Hy word in die gespesialiseerde brandeenheid behandel.

“Die pasiënt het brandwonde oor sy hele liggaam, op sy arms, sy bors, sy bene. Hy ly ook aan rookinaseming,” sê Xander Loubser, woordvoerder van die nooddiens Best Care.

Monyai sê die voorval was aaklig en dat hulle hartseer is oor wat gebeur het.

’n Omstander wat oorkant die bakkery werk, sê hy het gesien hoe vlamme uit die bakkery kom en hoe nooddienswerkers Mohlala by die bakkery uitdra.

“Dit was verskriklik,” sê hy.

Pieterse het vroeër gesê die meeste skade is deur die ontploffing self en hitte veroorsaak, maar die gebou se struktuur buite is betreklik ongeskonde.

Die brandweer was tot omstreeks 14:00 op die toneel.

Dit is die tweede ontploffing in twee dae in die weste van Pretoria.

Maandagmiddag het ’n ontploffing by ’n motoronderdele- en verfhandelaar ook ’n groot brand veroorsaak.

OBM Auto Paint & Body Parts, ’n dubbelverdiepinggebou van 10 000 m² op die hoek van Souter- en Courtstraat, was binne minute in ligte laaie.

Niemand is in dié voorval beseer nie.

Deur: Netwerk 24


Posted on Leave a comment

17-year-old pupil allegedly raped at school in Pretoria

17-year-old pupil allegedly raped at school in Pretoria

The Gauteng Education Department is investigating an alleged rape of a 17-year-old girl by a guard at a school in Pretoria.

Gauteng Education MEC Panyaza Lesufi announced this on Sunday during a meeting with parents and concerned parties at a primary school in Soweto where 87 pupils were allegedly sexually assaulted by a guard at the school.

Lesufi said the incident in Pretoria was reported to him after allegations of the school in Soweto surfaced.

Lesufi said the incident was investigated and a preliminary report was compiled over the weekend. It found the guard had attended a matric dance at the school.

“We want to know why the patroller was invited to that matric dance. The person that took that decision to bring the patroller there must account. We can’t allow somebody who is not a student to come into a matric dance and then engage in that activity.”

According to Lesufi the guard was caught in the act by the teachers. Departmental spokesperson Steve Mabona said the incident happened on September 30.

“Teachers were woken‚ because something was happening. When they went there‚ they found the security guard on top of the learner.”

Lesufi did not divulge further details about the incident.

By: Times Live


Posted on Leave a comment

Peu Capital Partners en Tshwane Stadsraad kontrak ongeldig

Peu Capital Partners en Tshwane Stadsraad kontrak ongeldig

‘n Volle regbank van die Noord Gautengse Hooggeregshof het beslis dat die R950 miljoen kontrak vir voorafbetaalde elektrisiteit meters ongeldig is.

Reeds in 2012, toe die tender onder ANC beheer toegeken is, is vrae gevra oor die regsgeldigheid van die kontrak.

Die R950 miljoen wat in trust geplaas is moet nou uitbetaal word aan die Raad en die Raad moet voorleggings maak hoe alle bande met Peu en TUMS ontbind gaan word.

Deur: Die Vryburger


Posted on Leave a comment

Krugerdag herdenk by die Helde-akker in Pretoria

Krugerdag herdenk by die Helde-akker in Pretoria

Krugerdag is gister herdenk by die Helde-akker in Pretoria.

Die Krugergenootskap reël jaarliks dat familie, organisasies en individue kranse lê op die grafte van wyle pres. Paul Kruger, asook op verskeie ander heldefigure uit die Afrikaner se geskiedenis.

Ook CVO-skole neem jaarliks aan die geleentheid deel om sodoende ook die kinders te leer van volkshelde van die geskiedenis.

Die leerlingraad van CVO Skool Pretoria het ook die geleentheid bygewoon, en die graf van oom Paul, asook ander volkshelde, is ryklik versier deur blomme en kranse wat deur verskeie organisasies geplaas is.

Foto: Van links na regs, Hattinie Freyer, Marné Scholtz, Anien

Deur: Die Vryburger


Posted on Leave a comment

Transnet-pensioenarisse gaan betoog

Transnet-pensioenarisse gaan betoog

Transnet-pensioenarisse gaan ‘n optog hou teen die ministers van finansies en openbare ondernemings.

Die pensioenarisse eis onmiddellike verligting vir hul haglike finansiële situasie wat veroorsaak word deur die skrale Transnet-pensioen wat hulle maandeliks ontvang.

Die betoging gaan more, 11 Oktober, om 09:30 op Kerkplein in Pretoria begin.

Deur: Die Vryburger


Posted on Leave a comment

Pretoria stadsraad melk inwoners dmv munisipale rekenings – het seker weer dringend geld nodig

Pretoria stadsraad melk inwoners - het seker weer dringend geld nodig

Alles dui daarop dat die stadsraad van Pretoria weer dringend geld nodig het en die maklikste manier om dit te gryp is van sy inwoners.

Die metode word ook soms deur van die selfoonmaatskappye gebruik as hulle skielik hulle kontantvloei wil aanvul. ʼn Sekere maand se rekening word doodeenvoudig verhoog en dan word die geld later terug gegee deur die rekening afwaarts reg te stel. Intussen is die rente wat so op miljoene se geld van iemand anders verdien word ʼn handige bron van inkomste.

Verskeie inwoners van Pretoria is geskok oor hulle nuutste elektrisiteitsrekening. ʼn Rekening wat voorheen gemiddeld R1 000 per maand was is skielik R2 500. Die stadsraad lees die rekeninge van inwoners slegs elke vier maande en maak tussenin van beramings gebruik. ʼn Tipiese geval van die nuutste rekening van ʼn inwoner wat van R1 038 na R2 550 gestyg het is soos volg: Die rekening is in Junie gelees en was R1 038; die volgende drie maande sal dus beramings wees met die volgende beramings vir Julie, Augustus en September. Augustus is skielik opgejaag na R2 550 terwyl dit slegs ʼn beraming is.

Deur: Die Vryburger


Posted on Leave a comment

Anika Smit moordverhoor vandag hervat

Die verhoor van André ‘Smiley’ van Wyk in verband met die moord op die Pretoriase tiener Anika Smit in 2010, hervat vandag in die landdroshof in Pretoria-Noord. Van Wyk, wat nou 24 jaar oud is, is verlede jaar ‘n tweede keer vir waarneming na die Weskoppies psigiatriese hospitaal verwys, nadat hy volgens ‘n distriksgeneesheer ná […]