Posted on Leave a comment

Voortrekker meisies word aangeval by die Voortrekkermonument in Pretoria

Voortrekker meisies word aangeval by die Voortrekkermonument in Pretoria

“Dis jammer dat kinders weens die misdaadsituasie in ons land nie meer gewone dinge kan doen nie. ’n Mens is oral weerloos, maak nie saak hoe goed jy voorsorg tref nie.”

Dr. Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkers, het Sondag só gereageer nadat ’n groep gr. 7-meisies Vrydagaand op ’n Voortrekkerkamp by die Voortrekkermonument in Pretoria aangeval is. Een van die offisiere wat by die meisies was, is van haar handsak en selfoon beroof en moes steke kry nadat die rower haar aangerand het. Die meisies van die Klapperkop-kommando is nie beseer nie, maar erg getraumatiseer.

Arden du Plessis (13) het vertel hoe iemand hulle tydens ’n nagwag omstreeks 23:00 vanuit die bosse met klippe bestook het. “Toe storm hy met ’n doringtak in sy hande uit die bosse. Hy het ons omgestamp.”

Die aanvaller het die een offisier platgeduik en haar begin slaan. “Daar was baie bloed,” sê Arden. Die rower het kort daarna gevlug, en die kinders het voertuie daar naby voorgekeer.

“Ons is geskok en ontsteld,” sê Langner. “Ons én die monument het alles menslik moontlik gedoen om die kinders te beveilig, maar toe verdwaal hulle tydens die nagmars (terwyl hulle items op die terrein moes soek). Hulle was omtrent ’n kilometer weg van die naaste kontrolepunt, buite die veilige gebied.”

Langner sê dis normaalweg baie veilig by die monument se kampterrein en op die nagwagroetes daar naby. “Ons kinders se veiligheid is ons eerste prioriteit. 6 000 van ons voortrekkers het in April daar gekampeer en niks het gebeur nie. Hier was nog nooit voorvalle op of naby die kampeergebied nie, maar wel op die fietsroetes (verder weg).

“Ons het ook bykomende sekuriteit vir Vrydagaand se groep gereël. Offisiere en voertuie het tussen die verskillende kontrolepunte van die roetes gepatrolleer. Offisiere by die kinders was deurentyd in selfoonverbinding met mekaar. Toe hulle agterkom die een groep het verdwaal, het hulle dadelik na hulle begin soek. Voertuie is ook uitgestuur. Hulle was binne minute ná die aanval op die toneel.”

Die polisie het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Langer sê hulle sal beslis aanhou kampeer by die monument, maar koppe bymekaarsit met die monumentbestuur om voorvalle soos Vrydagaand s’n te voorkom. “Dis ’n wonderlike kultuurterrein.”

Cecilia Kruger, besturende direkteur van die monument, sê hulle bestee maandeliks R120 000 aan beveiliging. “Dis ons grootste uitgawe. Dis onmoontlik om die hele terrein van sowat 250 ha te beveilig. In die toekoms sal ons sorg dat ’n wag kinders altyd op die nagwagroetes vergesel.”

Kruger sê daar is snags wagte met honde by die piekniek- en kampeerterrein, ingangshek, monumentkantore en fort. “Hulle kan enige tyd ’n voertuig met gewapende wagte ontbied. Bedags patrolleer ’n wag op ’n perd ook ons 10 km-lange heining.”

Kruger sê hulle is voortdurend in gesprek met die Tswhane-munisipaliteit om die heining, wat deels aan ’n plakkerskamp grens, beter te beveilig. “Dit sal egter miljoene kos om dit oral met palissade te vervang.”

Die polisie het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer nie.

Die monument het Saterdagoggend laat wéér onder ’n rooftog deurgeloop. Volgens Kruger het vier mense wat met pistole en rewolwers gewapen was, wagte by die ingangshek aangehou, die kassiere van ’n bedrag kontant beroof en haar gedwing om die kluis oop te sluit. Hulle het daarna in ’n Volkswagen Golf weggejaag en is nog op vrye voet.

Deur: Netwerk 24


Posted on Leave a comment

Huiseienaar word gedreig nadat hy 2 rowers afmaai by sy woning

Huiseienaar word gedreig nadat hy 2 rowers afmaai by sy woning

Jy is ’n moordenaar! Ons gaan jou doodmaak, jou moordenaar! -Dít was die woorde van ’n groep mense wat Maandagoggend voor ’n huis in Lynnwoodrif, Pretoria, bymekaargekom het nadat die huiseienaar Saterdag twee rowers by dié huis doodgeskiet het.

Die huiseienaar het intussen Maandag ’n klag van intimidasie by die Garsfontein-polisiekantoor ingedien.

Luidens sy verklaring aan die polisie het sy tuinwerker hom omstreeks 10:00 geroep en gesê daar is “baie mense voor die hek wat lawaai” en dat hy moet gaan ondersoek instel.

Buite sy hek het hy tien mense gesien, onder wie vier vroue.

Intussen het ’n veiligheidsbeampte van Interactive Security op die toneel opgedaag.

Die mense het op die huiseienaar geskree en hom ’n moordenaar genoem.

Een vrou het geskree: “Jy is ’n moordenaar! Nou het ons jou adres. Ons sal jou doodmaak, jou moordenaar,” lui die polisieverklaring.

Hy het die veiligheidsbeampte gevra om die polisie te ontbied, waarna die groep mense in hul voertuie gespring en weggery het.

“Ek vrees vir my lewe en vir die veiligheid van my gesin, want die vreemdelinge het gedreig om my dood te maak en gesê hulle weet waar ek woon,” sê hy in die verklaring.

“Ek het niemand rede gegee om my te dreig of my gesin dood te maak nie.”

Dié dreigemente kom nadat die huiseienaar Saterdagmiddag twee rowers doodgeskiet het wat hom en sy gesin in die oprit van hul huis oorval het.

Toe die man en sy gesin tuiskom, was die motorhek oop en daar was ’n onbekende voertuig in die oprit, het kapt. Dave Miller, polisiewoordvoerder, vroeër gesê.

Die man het uit sy voertuig geklim om ondersoek in te stel toe een van die verdagtes in sy voertuig klim.

“Die verdagte het met die voertuig in trurat probeer wegry terwyl die man se gesinslede nog daarin was. Gelukkig het die verdagte teen die oprit se muur vasgery en kon die voertuig dus nie verder ry nie,” sê Miller.

In ’n poging om te vlug het die ander verdagte, wat agter die stuur van hul voertuig was, aanhoudend teen die huiseienaar se voertuig vasgery.

Die man het daarin geslaag om sy gesinslede uit hul voertuig te bevry.

“In die proses het die man die twee verdagtes geskiet,” sê Miller.

Verskeie huishoudelike items wat uit die slagoffers se huis gesteel is, is in die verdagtes se voertuig gevind.

Die polisie stel ondersoek in om vas te stel of die verdagtes se voertuig gesteel is en of hulle met ander misdade verbind kan word, sê Miller.

Die polisie ondersoek tans geen klag teen die huiseienaar nie.

* Netwerk24 het die polisieverklaring ontvang op voorwaarde dat die man en sy gesin se name weerhou word.

Deur: Netwerk 24


Posted on Leave a comment

Onthou om Dankie te sê aan ons Moeders. Stuur Blomme, Geskenke en Lekkers Aanlyn Nou!

Hierdie Moedersdag, maak seker dat Ma, Ouma of die spesiale Dame in jou lewe weet dat jy dankbaar is vir alles wat sy gedoen het, en alles wat sy nogsteeds doen, en vir jou in die toekoms sal doen. So, wanneer is Moedersdag 2018? Hierdie jaar val dit op 13 Mei! Bederf haar met die mooiste Moederdagse geskenke en blomme en sjokolade! Sy sal beslis spesiale en ultra gelief voel. Kom ons maak Moedersdag 2018 die beste nog vir ons Moeders!

Ons lewer Moederdagse blomme en geskenke landwyd af! KLIK HIER om ons wye verskeidenheid te sien!

Moedersdag blomme of geskenke vir ma of vir die spesiale dame in jou lewe sal haar wys hoeveel jy haar liefhet en waardeer. Sal sy daarvan hou om bederf te word, of sou sy ‘n persoonlike item verkies? Sal sy gelukkig wees met ‘n boeket Moederdagblomme om haar dag op te kikker? Wat jou ma ookal verkies, sal ‘n Moederdagse geskenkaflewering haar laat sien dat jy dink sy rock! Ons kan by U werkplek of huis in Pretoria, Johannesburg, Durban, Kaapstad en ooral oor SA of selfs oorsee aflewer!

 

Moedersdag

 

Stuur blomme, geskenke, kaarte, lekkers, ens. om dankie te sê aan daardie spesiale dame! Oral oor Suid-Afrika met kantore oral, is dit nooit ‘n probleem om blomme betyds af te lewer nie. Ons internasionale bereik strek so ver as die Verenigde Koninkryk, Australië, die VSA en die res van die wêreld.

Dit is nie meer nodig om tyd van werk af te neem en bloemiste se winkels te besoek nie, ons seleksie van blomme is ongeëwenaard.

KLIK HIER om ons wye verskeidenheid te sien!

Jou vrou is die gom wat die gesin bymekaar hou. Bedank haar deur ‘n Moedersdag geskenk vir vroue te kies om haar te wys hoe buitengewoon sy is. Stuur blomme, sjokolade, ervarings, parfuum, pamperpakke en persoonlike geskenke wat afgelewer kan word om ‘n glimlag op haar gesig te bring. Ons is Suid-Afrika se grootste blomme- en geskenkverskaffer, wat aan alle uithoeke van die land, insluitende Port Elizabeth, Paarl, Vereeniging en meer aflewer.

Of dit nou ‘n lieflike boeket, ‘n pragtige en elegante wilgbeeld, ‘n persoonlike beker of ‘n pragtige teeset is, moenie moedersdaggawes vir ouma vergeet nie. Bederf ouma en wys haar hoeveel sy vir almal beteken deur haar ‘n Moedersdag geskenk te bestel. Of sy nou in Paarl, Vereeniging of Port Elizabeth woon, het ons jou gedek. Ons lewer landwyd af en spog met selfde dag aflewering, sodat u geskenk betyds sal aankom!

Dit is die gemak van blomaflewering en om blomme reguit na jou voordeur te stuur. Blom rangskikkings en blomme word dieselfde dag gelewer indien dit voor 12.00 uur bestel word. Geskenkaflewerings wissel na gelang van die area, wat wissel van ou skool Pretoria en Londen tot by die winderige stede van Kaapstad en Sydney. Nog meer aangenaam is die feit dat as jy in Port Elizabeth, Bloemfontein, Johannesburg, Pietermaritzburg, Manchester of Melbourne woon, jy nou die beste in blommerangskikkings en geskenke kan geniet en dieselfde verskeidenheid kan verdien as wat jy sou as jy woonagtig was in een van die groter plekke in Suid-Afrika, die Verenigde Koninkryk of Australië. Jy het beslis op die regte plek gekom en kan enige tyd blomme en geskenke aanlyn koop. SAUK sal altyd ‘n skakel handig hê.

‘n 100% waarborg word aangebied op al ons blomme, geskenke en rose. Jy hoef nie meer bloemiste in Johannesburg, Brisbane, Birmingham, Oos-Londen of Bloemiste in Durban te besoek nie. Ons maak blomme ‘n plesier om te koop. Ons maak voorsiening vir geleenthede soos Valentynsdag, Moedersdag, Vadersdag, Onderwysersdag, Grootouersdag, Bosses Day, Kersfees, Sekretarisdag, Verjaarsdae, Herdenkings en meer.

Posted on Leave a comment

EFF: As die Stad Tshwane nie die standbeeld van Paul Kruger van Kerkplein af verwyder nie,sal ons dit doen

EFF: As die Stad Tshwane nie die standbeeld van Paul Kruger van Kerkplein af verwyder nie,sal ons dit doen

“Ons doen ’n belangrike beroep op die Stad Tshwane, as hoofstad van die land, om Madikizela-Mandela te vereer. Sy het ’n enorme bydrae tot die land gelewer en word nie genoeg daarvoor vereer nie,” het Mabogoane Donderdag by navraag gesê.

Hy sê die EFF het die Tshwane-metro twee opsies gegee: Kruger se standbeeld word óf verskuif na ’n ander plek, of word heeltemal gesloop.

“Ons vra nog altyd dat die standbeeld verwyder word. Dit is ’n belediging vir swart mense. Indien die stad dit nie verwyder nie, sal ons dit self doen, ons het dit al voorheen gedoen.”

Mabogoane sê hulle het in die stadium nie ’n sperdatum vir die stad om die standbeeld te verwyder nie, maar hulle is ernstig oor die saak.

Hy sê dit is deel van die EFF se mandaat om ontslae te raak van alle simbole en standbeelde wat aan apartheid gekoppel is.

Intussen het die VF Plus in ’n verklaring gesê hy distansieer hom van die EFF se versoek dat die standbeeld van Kruger vervang moet word met dié van Madikizela-Mandela.

“ ’n Standbeeld van die voormalige presidentsvrou kan opgerig word, maar nie in die plek van die Kruger-standbeeld nie. Die EFF se argument dat Kruger ’n apartheidsikoon was, is nie korrek nie. Die ware feite is dat hy ’n vryheidstryder teen die Britse kolonialisme was,” lui dié verklaring.

Elke standbeeld moet egter op meriete oorweeg word. Gemeenskappe behoort sensitief te wees vir mekaar se simboliese ruimtes.

“Die VF Plus sal met ’n proses begin om die ware geskiedenis van Kruger bekend te maak, en sodoende wys waarom sy standbeeld Kerkplein hoort en daar moet bly.”

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), sê die FAK is in beginsel teen die skuif van standbeelde gekant.

“Elke standbeeld moet egter op meriete oorweeg word. Gemeenskappe behoort sensitief te wees vir mekaar se simboliese ruimtes.”

Langner sê die standbeeld van Kruger is al verskuif, van die Pretoriase treinstasie na Kerkplein in 1954. Hy sê egter die demografie van die Pretoriase middestad moet in dié geval ook in ag geneem word. “Dit kan nie ontken word dat die meerderheid inwoners van Pretoria se middestad eerder in aanvoeling met Madikizela-Mandela sal wees as met Kruger nie. Vanweë Kruger se betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog en omdat hy as 12-jarige seun die Groot Trek meegemaak het, kan die Voortrekkermonument as moontlike alternatief vir sy standbeeld dien indien die beeld wel verskuif moet word.”

Die Tshwane-metro kon nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

Netwerk 24


Posted on Leave a comment

Standbeeld van Paul Kruger gaan dalk vervang word met die van veroordeelde misdadiger, Winnie Mandela

As die EFF sy sin kry, gaan die standbeeld van ZAR president Paul Kruger, vervang word met die veroordeelde misdadiger, Winnie Mandela.

Nie te lank gelede nie het die EFF nog gedreig om die Kruger-standbeeld te vernietig, en het nou “amptelik” gevra dat die beeld gesloop moet word om vir Winnie Mandela plek te maak.

‘n EFF-raadslid, ene Moaferika Mabogoane, het Paul Kruger, in dieselfde asem as John Vorster en Hendrik Verwoerd, “rassistiese apartheidsleiers” en “donker figure van ons lelike verlede” genoem.

Die Vryburger


Posted on Leave a comment

Vroulike motoris van Pretoria gedood tydens rooftog

Vroulike motoris van Pretoria gedood tydens rooftog

‘n Vroulike motoris is gedood tydens ‘n kontantwa roof in Pretoria Noord.

‘n Skietgeveg tussen Fidelity wagte en die rowers het gelei tot haar dood toe sy getref is deur ‘n koeël.

Dit is die soveelste kontantwa roof in die afgelope weke en die rowers het gevlug met ‘n onbekende bedrag kontant.

Die geldwa is opgeblaas en twee ander voertuie is beskadig.

Kenners meen dat dit tyd word dat daar van “spookwaens” gebruik gemaak word om diegene in lokvalle te lok waar hulle summier doodgeskiet kan word.

Deur: Die Vryburger


Posted on Leave a comment

Pretoria tot stilstand gebring deur vullisverwyderaars van SAMWU

Pretoria tot stilstand gebring deur vullisverwyderaars van SAMWU

Verkeer in Pretoria sentraal is tot stilstand gebring laas week deur protesoptogte van van vullisverwyderaars wat aan SAMWU vakverbond behoort.

Die werkers kla dat hulle in onveilige werkstoestande verkeer en vrees vir die moontlike opdoen van siektes. Persoonlike beskermingstoerusting word geis vir alle werkers, terwyl hulle ook nuwe vullisverwydering vragmotors eis.


Posted on Leave a comment

Skoolhoof van Pretoria maak verskil in lewens van skoolkinders

Skoolhoof van Pretoria maak verskil in lewens van skoolkinders

“Elke oggend kan ek nie wag om by die skool te kom nie en te kan weet ek het die lekkerste broodjies by die skool en dan 1ste pouse kry ek ook nog ’n lekker bord kos. Dit gaan nie altyd so lekker by die huis nie. Maar ek weet ek word darm (sic) versorg elke dag en nag.”

Een van die kinders van die Laerskool Genl. Nicolaas Smit in Pretoria wat geduldig in ’n ry staan en wag vir ’n bord kos – wat waarskynlik haar enigste vir die dag sal wees – het dié briefie geskryf.

Sy is een van 360 kinders wat by die skool eet, want haar ouers het geen inkomste nie.

“Tannie, tannie, dit voel of ek by ’n restaurant eet,” kom spog ’n klein graad 4-meisietjie oor haar bord kerrie-en-rys. Sy maak haarself sit net neffens my en begin met groot genoegdoening eet.

Van die ander kinders storm baldadig op die Taalgenoot-fotograaf af. “Neem my af, oom. Neem my af!” Dit lyk nie of die feit dat daar nie kos by die huis is nie, hulle vreugde demp nie.

’n Skeppie kerrie-en-rys stil die hongerpyne.

“My hart breek elke dag as ek sien in watse omstandighede van die kinders leef,” sê mnr. Chris Sealie wat al 20 jaar skoolhoof van hierdie skool in Claremont is.

Mnr. Sealie se pa het hom ’n “organiser” genoem en dit is hy beslis. En dis waarskynlik danksy hierdie vaardighede dat die vennootskap met die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) begin is en dat albei skole nou met die titel van ATKV-Handevatwenners vir 2017 kan spog.

Dit was in 2014 toe mnr. Sealie vir dr. Pierre Edwards, skoolhoof van Affies, na die skool genooi het om die behoefte aan ’n voedingskema te bespreek. Daar was net te veel kinders wat honger deur die skooldag moes kom. “Die kinders kon nie konsentreer nie, was permanent moeg en dikwels afwesig,” vertel mnr. Sealie.

Sedertdien gee Affies elke dag tydens eerste pouse ’n gebalanseerde bord kos. Dit het egter nie net hierby gebly nie. Aanvanklik het Affies se koshuispersoneel die kos gemaak en dan afgelewer. Gerrie Kriel, voedseldiensbestuurder van Affies se skoolkoshuis, het egter begin om werklose mammas in die gemeenskap op te lei om kos keurig voor te berei en dan pouses uit te deel. Affies se Kombuis is in 2016 op die terrein van die skool geopen en spog nou met drie permanente personeellede.

Dit kos sowat R7 000 per week om die voedingskema aan die gang te hou. Kospakkies word ook elke maand aan 120 gesinne uitgedeel.

“Ek wil vir Pierre Edwards alle eer gee dat hy gehoorsaam was aan God se stem. En dan natuurlik ook vir die kinders en ouers van Affies,” sê ’n opgewonde mnr. Sealie.

Terwyl ons by die skool kuier, lui mnr. Sealie se telefoon konstant. Jy kan sommer aan sy gesprekke hoor dat hy ’n ware steunpilaar in die gemeenskap is. Die skool het ’n spilpunt van hoop geword.

“Toe ek op 34 hoof van my skool geword het, het ek ’n bankrot skool geërf. Ons inkomste ’n maand was ongeveer R8 000 en die water-en-elektrisiteitsrekening R12 000. My suster en skoonsuster het daardie rekening vereffen.”

[Oom Thys, een van die inwoners in die gemeenskap, ontvang ook ’n kospakkie van die skool.]

Oom Thys, een van die inwoners in die gemeenskap, ontvang ook ’n kospakkie van die skool.

Vir mnr. Sealie het die keerpunt by die skool gekom toe hy verskriklik met een van sy leerders gesukkel het. Die seun was onhebbelik en dit het broekskeur gegaan om hom te dissiplineer en hom te probeer “verander”.

“Toe ek sy huislike omstandighede sien, het ek besef dis ek wat moet verander.

“Kom ek gaan wys julle waar bly die kinders van my skool,” nooi mnr. Sealie.

Ons eerste stop is by die Bethlehem-oord, oorkant die Zandfontein-begraafplaas. Houthuisies en ou woonwaens staan op die erf rond. Oral waar jy kyk, word jy met armoede gekonfronteer.

Mense wat in die groentetuin werk, wuif vriendelik. Arnold, die eienaar van die grond, het enkele jare gelede ’n bejaarde vrou, tannie Kotie, raakgesien wat op straat gewoon het. Hy kon nie slaap totdat hy aan haar huisvesting verskaf het nie. Nou is Bethlehem ’n toevlugsoord vir baie.

“Ek kry gereeld oproepe van mense wat vra om hulp. ‘Meneer, hulle het my uit die huis gegooi …’; ‘Meneer, ons het niks om te eet nie …’

“Mense moet ophou sê dat arm mense te sleg is om te werk. Dit is die verkeerde siening en dikwels omdat die bevoorregtes nie bereid is om die pad oor te steek en self te gaan hoor nie.

“Baie van my ouers kry nie werk nie en regstellende aksie kniehalter hulle om elke hoek en draai.”

Ons stop by nog ’n plek wat heenkome bied vir dié wat deur die lewe gepootjie is. ’n Paar kombi’s wat draairoomys verkoop, staan ook op die erf en verskaf ’n bietjie kleur aan omstandighede wat bra kleurloos daar uitsien. Ons ontmoet ’n man en ’n vrou. Hulle bly saam met hul 15-jarige dogter in ’n kamer. Daar is net een bed waarop die ouers en die hond slaap. Die dogter slaap op die vloer.

Mnr. Sealie het iewers geld gekry om nog ’n kamer, aangrensend tot haar ouers se kamer, te huur waar die meisie kan bly. Die kamer word nou uitgeverf en meubels bymekaar gemaak.

Die trane loop oor die vrou se wange. Swaarkry duidelik op haar gesig afgeëts.

“Ek wil net die beste vir my dogter doen. Gelukkig help mnr. Sealie ons nou.”

Ons klim in die kar. Die vrou loop agterna. “Dankie, meneer, die Here sal vir jou seën,” sê sy duidelik bewoë voordat sy wegloop.

Jy weet, nè, die een ding wat ek hier kom leer het, is dat mense hoe behoeftig kan wees, hulle sal altyd deel. Armes deel meer as die rykes

“Jy weet, nè, die een ding wat ek hier kom leer het, is dat mense hoe behoeftig kan wees, hulle sal altyd deel. Armes deel meer as die rykes,” merk mnr. Sealie terloops op.

Terug by die skool val die netheid van die skoolterrein jou dadelik op. Ons gaan loer in by van die klasse en word entoesiasties gegroet.

Sedert die voedingskema by die skool begin is, is die kinders nie meer so baie afwesig nie. “Hulle kom skool toe vir kos.”

Die skool se sielkundige, Jacqui van Staden, het ook die verskil raakgesien wat Affies se Kombuis maak. “Dit maak ’n groot verskil aan die kinders se vermoë om te leer. Dit maak ook ’n verskil in die onderwysers se lewe, want hulle hoef nie meer hulpeloos toe te kyk hoe hongerte en armoede sy tol eis nie.”

Dis egter nie net die Laerskool Genl. Nicolaas Smit wat by die vennootskap baat nie.

Dr. Edwards glo dat hy deur Affies se betrokkenheid by dié skool die seuns kan laat ervaar wat dit is om ’n verskil in iemand anders se lewe te maak.

“Die kinders van Genl. Nicolaas Smit het aan die einde van 2016 briefies geskryf wat ons hier by die skool opgeplak en sommige geraam het sodat die seuns dit elke dag kan sien.”

Een van die briefies lui:
“Al is daar nie altyd geldjies by die huis nie bly ek lief vir die kossies by die skool. Dankie tannies dat julle vir ons almal by die skool elke dag kos maak en vir ons sorg. As ek by die huis kom vertel ek vir my ma en pa wat ek by die skool geëet het.”

Volgens JJ van Niekerk, een van die beoordelaars van die ATKV-Handevatkompetisie, word die projek puik deur mnr. Sealie en sy personeel gekoördineer en dit is hulle hooffokus om ’n verskil in die lewe van kinders teweeg te bring.

“Ek wil jul aanmoedig om jul sukses te verpak en met buurskole te deel sodat dit soos ’n veldbrand kan versprei om ons mooi land spoedig te verander.”

Laerskool Genl. Nicolaas Smit en Affies ontvang as wenners van ATKV-Handevat elkeen R30 000. Dr. Edwards het reeds gesê dat sy skool se prysgeld net so in die voedingskema teruggeploeg sal word.

Ons maak aanstaltes, maar mnr. Sealie hou aan gesels.

Ek spreek lewe oor die kinders in my skool. Hulle soek net aandag en liefde. Inspirerende leierskap is van die uiterste belang hier by ons skool. Die kind kom klaar uit ’n gebroke huis en het nie sy ouers gekies nie – ons moet die verskil maak

“Ek spreek lewe oor die kinders in my skool. Hulle soek net aandag en liefde. Inspirerende leierskap is van die uiterste belang hier by ons skool. Die kind kom klaar uit ’n gebroke huis en het nie sy ouers gekies nie – ons moet die verskil maak.

“Dit was ’n moeilike jaar. Die swak ekonomie het ook sy kloue ingeslaan in die ander borge wat ons help.

“Maar die Here is goed vir ons. Ons is baie geseënd. Hy sal nie ophou sorg nie.”

Hierdie artikel het in die herfsuitgawe van Taalgenoot verskyn. Taalgenoot is die amptelike kwartaallikse kultuurtydskrif van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV). Taalgenoot is vir jonk en oud; vir mense wat in Afrikaans leef, liefhet en werk.


Posted on Leave a comment

Kleinfontein – Ons God, Ons Volk, Ons Land

Kleinfontein - Ons God, Ons Volk, Ons Land

Kleinfontein is ‘n nedersetting naby Pretoria, wat in 1992 deur Afrikaners as ‘n kulturele dorp gestig is.

Dei dorp is gestig deur afstammelinge van die oorspronklike Voortrekkers of Boere wat selfbeskikking gesoek het  in ‘n outonome Volkstaat. Die kriteria om in Kleinfontein te woon, is gebaseer op kulturele, taalkundige, tradisionele en godsdienstige oortuigings. Die inwoners van die dorp assosieer hulself met die Voortrekker-geskiedenis, die Bloedrivierverbond en ander “historiese feite wat verband hou met ons stryd om onafhanklikheid vir die Afrikaners.”

Vanaf 2012 het  Kleinfontein een van Suid-Afrika se oorblywende blanke alleen-nedersettings geword en is deur die Gautengse wetgewer as ‘n kulturele gemeenskap erken.

Die grond wat oos van Pretoria geleë is en vandag  as  Kleinfontein bekend  staan het in 1988 tydens die viering van die 150ste herdenking van die Groot Trek onder Afrikaneraktiviste se aandag gekom.  Die plaas het hul aandag getrek omrede dit as ’n  gedenk  plek van die Bittereinders en die terrein van die Slag van Diamond Hill, asook ‘n historiese Boeroors-begraafplaas dien.  Toe die plaas in 1992 te koop aangebied is, het ‘n groep 50 Afrikaners het die eiendom gekoop en het begin om aandeelhouers te werf om dit te ontwikkel.

Gedurende die jaar  1994 is voldoende aandeelhouers gewerf  om die lening te betaal en Kleinfontein kon toe begin dienste lewer. Die eerste twee permanente huise is in 1996 voltooi en die eerste twee families het permanente inwoners van Kleinfontein geword. In die daaropvolgende jare het Radio Pretoria sy uitsaai toring op Kleinfontein opgerig, is daar sportvelde aangelê, ‘n tuisgemaakte skool gestig en ‘n spaar- en kredietkoöperasie het ontstaan. ‘N Gemeenskapsaal, versorgingsentrum en aftreehuise het  gevolg en so ook die aanbouing van ‘n winkelsentrum met ‘n OTM .

Die ingang wat die dorp versier vertoon ‘n borsbeeld van Hendrik Verwoerd, wat as die “vader van apartheid” bekend staan.

Kleinfontein het uit sy nate begin bars vanaf 2013 waar die bevolking van Kleinfontein  gegroei het tot ongeveer 900 Afrikaners, waarvan ongeveer 650 inwoners en ongeveer 400 aandeelhouers is. Kleinfontein se gebied het gegroei van die oorspronklike 500 hektaar tot die huidige 860 hektaar, en strek net buite die N4-snelweg buite die Boschkop-pad.

Die Gautengse wetgewer het  Kleinfontein  gedurende November 2013 as ‘n kulturele gemeenskap erken, alhoewel die Stad van Pretoria nog steeds geweier  het om die dorp as ‘n afsonderlike ontwikkeling of ‘n formele dorp te verklaar.

Kleinfontein is gekritiseer vir sy beleid omrede Judeërs, Katolieke, nie-Afrikaanssprekendes en Swartes verbied  word om hulself in die gemeenskap te vestig. Protes optogte het in  Mei 2013 plaasgevind toe die gemeenskap die aansoek van ‘n swartman geweier het  wat  ‘n huis in die gemeenskap wou  koop. Die gemeenskap is ook gekritiseer deur die Suid-Afrikaanse regering om praktyke te betree wat eens gelei het tot ‘n “verdeelde Suid-Afrika. Inwoners van die gemeenskap verdedig hul praktyk deur aan te voer  dat hulle hul eie afsonderlike kulturele identiteit verdedig.

Indien jy ’n besoek wil aflê by Kleinfontein, die dorp is geleë  tussen Pretoria en Bronkhorstspruit . Dit lê net suid van die N4, net wes van die R515, ‘n paar kilometer suid van Rayton, op die Magaliesberg-bergreeks in die historiese terrein waar die Slag van Donkerhoek plaasgevind het tydens die Tweede Boer oorlog.


 

Posted on Leave a comment

Mango fruit fly infestation hits Pretoria

Mango fruit fly infestation hits Pretoria

Residents of the quiet suburb of Gezina in East Moot, Pretoria, this week discovered a nasty infestation of mango fruit flies, also known as mango flies, Pretoria North Rekord reports.

Charmaine Jacobsz asked for help on the ‘Moot se Mense’ Facebook page, after discovering 26 mango flies on her Maltese Poodle.

“My husband saw mango flies in our garden a while back, but didn’t think much of it at the time. Shortly after this my Maltese Poodle began to look uncomfortable, and I could see she was in pain. A friend of mine who is a pharmacist assisted me in removing all 26 worms from her body,” she explained.

Petra Odendaal’s 10-year-old daughter has bumps all over her body.

According to Dr Jaco de Jongh from the Wilgers Animal Hospital, this is not the first case of mango flies.

“We have seen an increase in dogs that have come into contact with mango flies recently. The flies lay their eggs under the animal’s skin, a larvae grows under the skin, and after a while it appears as a big white spot. The bump on the skin can and be felt, and looks like a pimple,” explains De Jongh.

“Most of the time, I squeeze the bump until the head of the worm is visible, then pull it out with a tweezer.”

Petro Odendaal explained to Pretoria North Rekord that mango flies are not only presenting problems with her pets, but have also bitten her 10-year-old daughter 16 times.

“I washed my daughter’s bedding and hung it outside. After sleeping in her clean bedding that night, she awoke the next morning covered in red bites. I immediately took her to the doctor, who put her on antibiotics and prescribed her Allergex,” Odendaal explains.

“The problem only worsened from there. I took her back to the doctor, who discovered the mango fly larvae under her skin. He slowly began to squeeze until all five came out. We have to go to the doctor every day until all the flies have been removed from her skin.”

Dr De Jongh has appealed to residents that if they do find a pimple-like mark on their pets, they must seek medical attention immediately.

“With animals, we prescribe Advantex, but pet owners must be prepared to shave their pets’ fur and keep them clean. It is very difficult to identify the bumps, especially if the animal has long hair. People must also make sure to dry their washing in the tumble dryer, or to iron it, if it is hung outside.”

“The increase in rainfall in Pretoria over the past few weeks has definitely contributed to mango flies breeding in gardens.”

In most cases, a doctor will prescribe both the pet and its owner antibiotics, to rid the body of infection.

For more information, contact Dr Jaco De Jongh at the Wilgers Animal Hospital, on 012 807 5043.

The original article was translated from Afrikaans and can be found on Pretoria North Rekord .